Old Mutual gaan Moyo se heraanstelling teenstaan

Peter Moyo. (Foto: Old Mutual)

Die finansiëledienstegroep Old Mutual het Vrydag gesê hy beoog om volgende week dokumente in te dien om die voormalige uitvoerende hoof Peter Moyo se aansoek om heraangestel te word, teen te staan.

Maroela Media het vroeër berig Moyo is in Mei vanjaar met onmiddellike inwerkingtreding geskors.

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê die raad het verskeie vergaderings met Moyo gehad, waarna tot die slotsom gekom is dat daar ʼn wesenlike “vertrouensbreuk” tussen hom en die raad ontstaan het. Die raad het toe besluit om Moyo te skors.

Old Mutual het vandag gesê hy is bekommerd dat Moyo en sy regspan ʼn doelbewuste strategie volg om aandag van sy optrede af te lei.

“Hierdie strategie het beslissende aandag op ander direkteure van Old Mutual ingesluit deur die rig van valse en ongeregverdigde aantygings, veral op die direksie voorsitter,” lui die verklaring.

Moyo het sedertdien sy skorsing by die howe aangeklop in ʼn poging om heraangestel te word en skadevergoeding te eis. Hy wil ook hê dat Old Mutual se nie-uitvoerende direkteure, waaronder direksievoorsitter en voormalige minister van finansies Trevor Manuel, as misdadig te verklaar.

Die finansiëledienstegroep sien daarna uit om op 16 Julie ʼn volledige reaksie op Moyo se bewerings in die hof te lewer en is vol vertroue in die hof se uitslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die mag van geld is ongelukkig ‘n die wortels van kwaad!

fred ·

hy het reeds miljoene aan dubious transaksies verdien…tipies vir n BEE….wil nog meer en meer….hulle is altyd reg en het genoeg geld om hof toe te gaan……OM is nou ook op die BEE gravy trein ….skande…

John ·

Regstellende aksie kom altyd met ‘n giftige angel… en die teengif is duur.

Gatvol ·

Vertrouensbreuk? Twak. Het sy belange eerste gestel. Die beleggers moet baie bly wees dat hy in die pad gesteek is.

lewies ·

Dit gaan ook hier oor ‘n integriteitstoets, as daar onreg was laat die regstelsel die blootle. Die waarheid sal seevier. Nou of later. Baie mense ervaar dit vandag en die wat dit nog nie ervaar het nie, sal die toepassing van die beginsel nie vryspring nie.

Adri ·

….het sederdien sy skorsing by die howe aangeklop….. Dalk is die fout by my maar ek verstaan nie. Ek sou sê…..het sedert sy skorsing by die howe aangeklop….

Cherokee ·

As die fout by jou is Adri, dan is ek ook verkeerd maar ek scheme ook jy is reg. Ek mix nooit my tale nie en verkies soos jy ook goeie Afrikaans. Dit moet ‘sedert’ wees soos jy sê.

PJ ·

Dis ‘n baie skelm man die… OM het die regte besluit gemaak. Hulle moet nou net ook van al sy familie en vriende vir wie hy lekker jobs gegee het by OM ook ontslae raak asb..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.