Old Mutual se uitvoerende hoof weer afgedank

Peter Moyo, afgedankte uitvoerende hoof by die Johannesburgse hooggeregshof (Foto: Dimpho Maja/African News Agency/ANA)

Old Mutual het Donderdag gesê hy het sy uitvoerende hoof, Peter Moyo, weer afgedank terwyl die finansiëledienstemaatskappy poog om ʼn hofuitspraak tersyde te laat stel wat sy oorspronklike afdanking ongeldig verklaar het.

Die Johannesburgse hooggeregshof het in Julie beslis dat Moyo weer as uitvoerende hoof aangestel moet word ná Old Mutual hom in Mei afgedank het, glo weens ʼn konflik van belange. Moyo het aangevoer hy is geskors ná hy ʼn konflik van belange van die groep se voorsitter, Trevor Manuel, onthul het. Old Mutual daag dié hofbeslissing.

In ʼn ope brief aan sy aandeelhouers het Old Mutual gesê “dit is duidelik in die beste belang van die maatskappy en sy aandeelhouers dat die indiensnemingsverhouding met mnr. Moyo beëindig moet word”. “Old Mutual het gevolglik ʼn verdere kennisgewing van sy afdanking aan mnr. Moyo verskaf,” het die maatskappy in die brief, wat op sy webwerf gepubliseer is, gesê.

Die maatskappy het Moyo vroeër verbied toe hy vir werk aangemeld het, en gesê daar is ʼn vertrouensbreuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan ·

Nou wanneer gaan die man besef dat sy dae by Old Mutual getel is?

Ander Koos ·

Dikvellig, arrogant of dom astrant? Net in SA waar so iets kan voorkom

JohanR ·

Verstaan die ANC soek ‘n CEO vir die nuwe NGV? Jy sal perfek wees Peter Moyo. Miskien kan Hlaudi Motsoeneng jou adjunk, of COO wees?

Eddy ·

Ek het op RSG geluister na die onderhoud wat Ryk van Niekerk met hierdie CEO,Peter Moyo gevoer het.Moyo klink na n arrogante mannetjie en was heeltyd aanvallend.

Bennie ·

Hy loop met miljoene. Iets soos 50 miljoen plus, maar ons beleggings groei nie want die finasiele omstandighede in die land is maar wankelrig. Dit is mos wat ons moet hoor.
Ek is al moeg vir die verskonings hoekom mens se beleggings so swak groei maar die hoenders die maak geld soos bossies

Riaan ·

Ek het reeds begin om al my beleggings by Mutual weg te skyf. Mens kan nie jou aftreegeld in die hande van n klomp kommuniste los nie

Pieter ·

Stem een honderd persent saam kyk hoe word ons belasting geld geplunder

Pieter ·

Maak mos nes hulle wil die groot maatskappye leer nie kruip g….t by die anc regeing kry vir julle

Alex ·

Hoeveel keer moet ‘n man in SA afgedank word voor hy sy kantoor ontruim? What happened to 3 strikes and youre out?

Pieter ·

Kyk hoe gaan dit in die regering klaar my goed geskuif dankie

Linda ·

Die werklike probleem hier is Trevor Manual wat dadelik afgedank moet word sodat Moyo terug werk toe kan kom en Old Mutual hul naam in ere kan herstel.

Manie ·

Ek het aandele in die
maatskappy en jou speletjies kos my geld. Vat jou kosblikkie en waai

Clipper ·

Die hof was verkeerd en ek voel geen hof het die reg om te beslis dat iemand wat afgedank is weer aangestel moet word. Daar is tog n vertrouensbreuk wat die hif hier ignoreer het. Die regter het bsie beslis buite sy mandaat opgetree. Niemand deesdae aanvaar afdanking nie. Almal hardloop hof toe. ‘n belaglike situasie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.