Old Mutual skors hoof

Peter Moyo. (Foto: Old Mutual)

Die finansiëledienstegroep Old Mutual het sy uitvoerende hoof, Peter Moyo, met onmiddellike inwerkingtreding geskors.

Moyo was die hoof van Old Mutual Limited, asook Old Mutual Life Assurance Company Limited.

Die maatskappy sê in ʼn verklaring die raad het verskeie vergaderings met Moyo gehad, waarna tot die slotsom gekom is dat daar ʼn wesenlike “vertrouensbreuk” tussen hom en die raad ontstaan het.

“Die raad het gevolglik besluit om die uitvoerende hoof onmiddellik te skors.”

Ian Williamson, Old Mutual se hoofbedryfsbeampte, gaan intussen in die pos waarneem, het die maatskappy in ʼn kort verklaring aan sy aandeelhouers gesê.

Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lekker lag ·

Sukkel maar om in te pas in die “governance requirements” van genoteerde maatskappye. In SOE’s maak die bestuur net wat hul wil en kom daarmee weg. Gelukkig is daar streng reels tov die gedrag van senior bestuur van genoteerde maatskappye en het die raad die mag on uitvoerende bestuur vas te vat. Goed gedoen.

Gert van Wierdapark ·

Vertrou-ens-breuk! ‘n Mooi woord om aan te dui dat een van twee partye nie meer vertroue kan word nie. Die werks-huwelik is dus klaar! In Engels kan dit dalk vertaal word, “Who’ s fooling Who”? Na die breuk kan die Gans met die Goue eiers seker maar nader staan, of hoe? Ek vra maar net.

Hendrik van George ·

Genade, ‘n BBBEEEE aanstelling wat nie gewerk het nie. Afgedank voordat hy te veel skade kon aanrig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.