Olie- en gasfonds kan SA se ekonomie verander – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede 2019 (Foto: Phando Jikela/ANA)

Die olie- en gasfonds wat by die Brulpadda-blok in die Outeniekwakom aan die Suid-Kaapse kus gevind is, kan die Suid-Afrikaanse ekonomie versterk en verander, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag in sy staatsrede gesê.

“Dit kan die aard van ons ekonomie verander, en kan ‘n wonderlike impak hê op energiesekerheid en ons land se ontwikkeling,” aldus Ramaphosa.

Ook op die energiefront het hy aangekondig dat Eskom, wat in groot bestaansmoeilikheid is, ontbondel en in drie afsonderlike maatskappye onder ‘n enkele sambreelmaatskappy sal funksioneer. Ramaphosa het gewaarsku dat pynlike aanpassings, waaronder ‘n verhoging in elektrisiteitspryse, nodig sal wees om die gemors met Eskom op te los, maar dat dit nog taaier en pynliker sal wees indien moeilike besluite uitgestel word.

Die regering gaan oor die volgende tien jaar R100 miljard aan infrastruktuurontwikkeling bestee, en wil daadwerklike planne instel om die koste van data te verminder.

Die president het onderneem dat die koste om besigheid te doen – die impak van rompslomp byvoorbeeld – drasties getakel sal word sodat Suid-Afrika van sy huidige 82ste posisie na een van die top-50 lande in dié verband kan verbeter.

Ook die Suid-Afrikaanse visumstelsl sal drasties verbeter en meer vaartbelyn gemaak word.

Ramaphosa het veel minder oor die grondkwessie gesê as verlede jaar, en duidelik ‘n deel van sy voortvarendheid daaroor ingeboet. Die verslag deur ‘n kennerspaneel onder voorsitterskap van die gematigde dr. Vuyo Mahlathi, word tans oor die onderwerp ingewag.

Staatsgrond gaan binnekort op groot skaal in landelike en stedelike gebiede vrygestel word om grondhonger te stil.

Ramaphosa het weliswaar gesê die bewoording van art. 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) sal steeds hersien word, maar met Malema wat hom weer van die ANC se pogings in hierdie verband gedistansieer het, is dit onduidelik hoe die ANC die vereiste tweederde meerderheid vir die grondwetlike verandering gaan behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dries du Toit ·

Nes ek gedink het. Smooth talker. Laat ons nou sien wat word van al hierdie beloftes. Regte verkiesings beloftes. Grondkwessies en blatante moord op plase en voedsel sekerheid is nie eens genoem nie

Werner ·

Dit kan? En oor hoeveel jaar? Enige vooruitskatting van dit wat als kan behels en hoe dit teen daardie tyd in invloed kan hê?

Jerry ·

Dit is uiters verwaand en arrogant van CR om van mense wat deur die ANC besteel is, te verwag dat hulle dan nog ook met verhoogde elektrisiteitskoste moet betaal om die ANC se Eskom gemors op te los. Ons is nie verlee nie, jy is verlee en as jy geld soek, gaan soek dit by die molefis, zuptas en wanbetalers, anders gaan wetsgehoorsame burgers doodeenvoudig alternatiewe krag aanskaf. Regdenkende mense sal hulself nie gyselaar laat hou en toelaat dat n onbevoegde staat hulle verder besteel nie. As jy vir een oomblik dink dat regdenkende wetsgehoorsame burgers nie gaan terugslaan na die ANC se staatskaping en jou ekonomiese regruk foefie nie, dan sit jy wat CR heet, die pot vol paddas, lelik mis.

Schalk ·

Cr soek maar geltjies onder jul onbevoegde aanstellings in sleutel posisies.Ek gaan nie meer vir onnosel korrupte diewe se foute betaal nie.

Yankee ·

Regtig!! Sal nie eens kommentaar hierop lewer. Maar lag ek nou, hardop!!

Pikkewyn ·

En die geld wat deur die gas en olie fonds ingewin word gaan weer wanbestee en geplunder word. Die korrupte staat sien net die geld wat hul in hul eie sakke gaan steek. En die eindelose put van Eskom gaan seker deur die GEPF befonds word…PIC (Public Investment Corporation) word alreeds ondersoek oor ongeruimdhede. Die cANCer se hande kan maar net nie uit ander se geld bly nie.

Herman ·

Vir bietjie meer as R120 000 is ek vir meer as 2jaar totaal van die grid af.
Voel baie lekker om te weer dit is nie my geld wat hulle so mors nie.

Met die nuwe tariewe kan eskom hulle maar regmaak om sommer nog baie kliente te verloor.

jaco ·

2 jaar se elektrisiteit deur Eskom kos my omtrent R30 000. Joune kos R120 000. Dan is Eskom mos goedkoper.

Feite ·

Hulle vryf alklaar hande vir die olie vonds want hulle vernootskap met Qatar raak net al hoe groter.
Zuma het dit in plek gesit en Cyril het dit groot skaals gedryf met massiewe uitvoere van ons vleis, groente, vrugte en produkte na Qatar die afgelope jaar.

Cyril Ramaphosa moet nou mooi praat na die brief wat hy van die vyf lande af gekry het, maar “Talk is Cheap”.

Werner ·

Gaan nie SA se ekonomie verander nie net regeerders se vêr beursies nog better maak ons sal geen voordeel trek nie

Meerkat ·

Dis hoe Negejaar-Cyril ons op die positiewe weggevoer het, agt-nege jaar die toekoms in.

humor ·

Jerry man, jy het hom nou wragtig goed gese. Verhoogde elektrisieteit is die eerste stok in die speke van die vooornemende ekonomiese groei

waarheid1 ·

Mmmmm – nog geld wat in die sakke gesteek kan word!!!

Andre Stander ·

Al ‘ekonomiese verandering’ wat hierdie hulpbron gaan bring, is die verandering aan n kader se bankbalans.

Martiens ·

Eskom funksioneer lankal reeds as drie afsonderlike entiteite, nl.: Generation, Transmission, & Distribution. Die houer maatskappye is Eskom Holdings SOC.

Dit is alles net ‘smoke and mirrors’.

Andre ·

Daar is niks olie nie, net gas, hy het weer met `n halwe oor geluister. Wat my worry is hoekom het hy met die EFF en DA ontmoet voor #SONA? Nog erger is hoekom was Julies dood stil, wat is hom belowe. NOG erger, gaan daar `n samesmelting wees van die ANC met die EFF en DA?? Dink baie mooi voor julle vir die DA volgende jaar stem.

Niel ·

die datum vir die stemdag is blykbaar 8 Mei… nie volgende jaar nie

ne ·

Wonder wie sien nie deur CR nie! Hy smeer heuning om die oë. Net “sy mense”glo hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.