Soorte resepte:

Oliebolle vir SA se soettande

Foto: Dunkin' Donuts, Facebook

Foto: Dunkin’ Donuts, Facebook

Suid-Afrikaners kan hul tande slyp vir meer as 250 Dunkin’ Donuts-restaurante en 70 Baskin-Robbins-winkels wat binne die volgende paar jaar in die land gaan oopmaak.

Dunkin’ Brands het bevestig dat ʼn ooreenkoms met Grand Parade Investments Bpk. aangegaan is om Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins-restaurante in die land te begin ontwikkel.

Die aanvanklike fokus sal op Kaapstad en Johannesburg wees.

Baskin-Robbins-roomysprodukte sal ook binne die volgende paar jaar in kettingwinkels aangebied word.

Dunkin’ Donuts is een van die wêreld se bekendste koffie- en bakkerykettinggroepe met meer as 11 500 restaurante in 40 lande wêreldwyd. Die restaurante sal onder andere sy hoëgehaltereeks koffie, espresso, cappuccino, tee, Coolatta®- gevriesde drankies, toebroodjies en oliebolle aanbied.

Baskin-Robbins is die wêreld se grootste kettinggroep wat roomysspesialiteitswinkels betref, met meer as 7 600 takke in nagenoeg 50 lande wêreldwyd.

Lees meer: Dunkin’ Donuts, Baskin-Robbins
Facebook: Dunkin’ Donuts, Baskin-Robbins

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MissDemeanor ·

Wanneer gaan mense leer dat dit beter gaan wees vir ons ekonomie om klein plaaslike besighede te ondersteun. Al wie by die nuwe reeling gaan baat is die Amerikaanse maatskapye. Almal anders gaan net dikker en armer word. Gaan koop eerder tuisgemaakte roomys op die boeremark wat gemaak is van die melk afkomstig van ‘n Suidafrikaanse boerdery. Moenie ‘n dom “consumer” wees nie.

emma ·

Jip jys reg. Dis net vir my kommerwekkend dat dikkes ALTYD mediese redes opnoem oor waarom hulle so dik is. Niemand noem vraatsug nie.Dis altyd die arme arme “skildklier ” of “diabetes” of so. Maar die dikkes moet bietjie verder dink..hulle het juis hierdie mediese kondisies OMDAT hulle so dik is!! Geen lyf sal dit hou om heeldag en aldag net vol ongesonde goed gestop te word nie!!! Urghh

Rupert Ashford ·

Jy vergeet om die BEE manne te noem wat ook groot geld uit die storie gaan maak.

jana ·

Oorgewig mense is soos alkoholiste..sal altyd verskonings voorhou oor waarom hulle drink/ ooreet. Dis altyd iets anders se skuld.Nooit hul eie nie

Jan maak n Plan ·

Onthou net dat dit baie maklik is om in ‘n franchise in te koop maar die geld is dan nie alles joune nie. Dis baie beter, wel baie moeiliker om jou eie ding te begin, maar dan op die einde is al die wins in jou eie sak. Onthou geen franchise eienaar het daai franchise met ‘n franchise begin nie. Hy’t dit van nuuts af begin.

Jef ·

Maroela mag ek n klein opmerking doen op bo genoemde opskrif en bygaande foto.
Wat op die foto afgebeeld word is inderdaad n donut maar geen oliebol.
Oliebolle ook van deeg gemaak met of sonder krente gedroogde rosyntjies in frituur olie gebak met strooisuiker oor gesprinkel sonder gaatjie in die middel en word veel in Nederland ge eet.
Dis al twee vetmaak eetgoed en gelukkig het ek daar geen behoefte aan dit te eet nie.

Johann Marx ·

Die middel van ‘n donut het 0% kaloriëe. Solank jy net dit eet en die res weggooi, sal jy nie ‘n gram gewig optel nie. Vra my, ek doen dit al jare lank…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.