Olieboor-werker sê hy het vermiste Boeing gesien

CaptureIn ʼn vreemde kinkel rakende die verdwyning van ʼn vliegtuig van Malaysia Airlines beweer ʼn olieboor-werker hy het die vliegtuig in vlamme gesien rondom die tyd wat dit verdwyn het.

The Wire berig dat Mike McKay, wat op ʼn olieboor in die Suid-Chinese See werk, beweer dat hy die Boeing 777 in vlamme gesien het rondom die tyd wat dit verdwyn het. McKay het ʼn brief aan sy werkgewer geskryf waarin hy sy weergawe van die gebeure weergee. Die brief is intussen aan die nodige owerhede verskaf. Volgens berigte is ʼn soektog van stapel gestuur op die plek waar McKay glo die vliegtuig gesien het maar het dit geen resultate opgelewer nie.

Die soektog na vlug 370 gaan intussen onverpoosd voort. Die vliegtuig het Saterdagoggend spoorloos verdwyn tussen Kuala Lumpur en Beijing en ʼn soektog in die water tussen Maleisië en Viëtnam het nog geen vrug gelewer nie. Meer as 40 vliegtuie en skepe van minstens 10 lande is op soek na die vliegtuig. Die vliegtuig, met 239 mense aan boord, het minder as ʼn uur nadat dit opgestyg het, verdwyn sonder dat ʼn noodsein uitgestuur is.

Lees ook:
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Verdwyning, disappearance, verdwijning, Verschwinden, ukunyamalala.

Delia ·

Haha…..dankie Chris! Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.