Oliefabriek in Durban brand

Foto: @crimeairnetwork/Twitter

Foto: @crimeairnetwork/Twitter

ʼn Brand het Donderdag by die fabriek van Africa SunOil Refineries, wat kookolie vervaardig, in Durban uitgebreek.

Sapa berig ʼn groot rookwolk kon tot Queensburgh, sowat 15 km van die brand, gesien word.

Dit is nog nie bekend of daar ernstige beserings of lewensverlies is nie.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, was nie bewus van enige mediese bystand wat na die toneel ontbied is nie.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê hulle het een geval gehad van ʼn persoon wat sy arm beseer het. Hy was egter nie seker of die besering met die brand verband hou, en of dit ʼn werker was wat aan diens beseer is nie.

East Coast Radio het berig dat ʼn gedeelte van die besige Suidkuspad vir verkeer gesluit is om toegang vir brandbestryding aan die brandweer te verleen.

Dit is tans nog nie bekend of die brand ʼn bedreiging vir die aangrensende Plascon-verffabriek inhou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.