Olievenhoutbosch stil na betogings, maar nóg dreig

Die R55 moes Dinsdag vir verkeer gesluit word. Foto: @MetsingMogale / Twitter

Die R55 moes Dinsdag vir verkeer gesluit word. Foto: @MetsingMogale / Twitter

Die situasie in Olievenhoutbosch, suid van Centurion, het teen Woensdag teruggekeer na normaal nadat inwoners Dinsdag daar betoog het.

Volgens Zweli Khumalo, ʼn verteenwoordiger van die Demokratiese Alliansie (DA) in die omgewing, was daar Woensdag geen betogings nie, hoewel inwoners dit duidelik gemaak het dat die protesaksies nie finaal iets van die verlede is nie.

Khumalo het gesê die inwoners betoog oor dienslewering. “Die Tshwane-metro luister al ʼn geruime tyd nie na die inwoners se behoeftes nie. Hulle eis beter dienslewering. Inwoners is ontevrede oor behuisingkwessies, sanitasiegeriewe en dat inwoners van die Mooiplaas- informele nedersetting daar hervestig moes word,” het Khumalo gesê.

Maroela Media het Dinsdag berig die R55-afrit op die Krugersdorp-snelweg in Gauteng moes Dinsdag vir verkeer gesluit word toe betogers die pad met brandende bande en klippe versper het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.