Olifant in Kruger-wildtuin gestroop

Foto: coyot.es

Foto: coyot.es

ʼn Olifant is vir die eerste keer in ʼn dekade in die Pafuri-streek in die Kruger-wildtuin gestroop.

“Die olifantbul is heel waarskynlik vir sy tande geskiet,” het genl.maj. (afgetree) Johan Jooste, hoof van SANParke se teenrenosterstroperyprojek, Donderdag gesê. “Die tande is deur die stropers afgesaag en verwyder.”

Veldwagters het glo voetspore van minstens vier mense in die rigting van Mosambiek opgemerk. “By verdere ondersoek het patrollieveldwagters op die olifantbul se karkas afgekom,” het Jooste gesê.

Abe Sibiya, waarnemende hoof uitvoerende beampte, het gesê SANParke het grootliks op die voorkoming van renosterstropery gefokus, maar olifantstropery vier hoogty in die res van Afrika en dit is net ʼn kwessie van tyd voordat Suid-Afrika ook geteiken word. SANParke het homself voorberei om olifantstropery ook te bestry. “Ons is hartseer oor die jongste voorval, maar is vol vertroue dat die toegewyde pogings van ons veldjagters en vennote in die veiligheidsbedryf uiteindelik die oorhand sal kry,” het Sibiya gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene ·

‘n Mens met ‘n hart sal nie so-iets doen nie, hulle sal nie rus voordag alles nie uitgewis is nie. Wat bly oor vir ons nageslag.

Dankie vir diegene wat nog op en wakker is en vir wie dit werklik ‘n hartssaak is om ons groot 5 te beskerm.

Theresa ·

Daar gaan niks vir die nageslag oorbly nie. Hierdie tipe mense voel niks vir diere nie. Hulle verstaan nie die woord “bedreigde” spesie nie. Daar word so baie geld ingesamel en so baie mense bied hulp aan om te help met die beskerming van ons wilde diere ens, maar ek sien GEEN verbetering van enige aard nie. Nou word die arme olifante weer afgemaai. Hierdie mense is mos soos “monkey see, monkey do”. Nou is dit 1 olifant en kyk nou net wat gaan gebeur in die komende weke…………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.