Olifant trap vermeende stroper in Krugerwildtuin dood

Die Krugwerwildtuin se olifantbul genaamd Botsotso. (Argieffoto ter illustrasie: SANParke)

Wildbewaarders in die Krugerwildtuin het op die oorskot van ʼn vermeende stroper afgekom wat vermoedelik deur ʼn olifant doodgetrap is.

Die man se liggaam is Donderdag in die omgewing van Soltznek aangetref, sê Isaach Phaahla, woordvoerder van SANParke. Die man se makkers het hom vermoedelik daar gelaat en gevlug.

Volgens SANParke is die gebied geneig om deur stropers geteiken te word.

Phaahla sê bewaarders was tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie op patrollie toe ʼn spoor hulle gelei het na ʼn toneel wat na ʼn olifantaanval gelyk het.

ʼn Ent verder het hulle op nog ʼn spoor afgekom wat daarop gedui het dat mense ʼn swaar voorwerp gedra het. Dit was moontlik die oorlede man se makkers wat sy liggaam tot daar gedra en op ʼn brandbaan gelos het voor hulle gevlug het.

Geen wapens is in die omgewing gevind nie en volgens Phaahla is geen diere in die gebied gestroop nie.

“Die Krugerwildtuin se bestuur waarsku stropers steeds dat dit gevaarlik is om onwettig in die wildtuin te jag. Misdadigers kan nie net hul vryheid verloor nie, maar ook hul lewe,” sê hy.

Die polisie doen ʼn ondersoek na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Frank ·

Dis so, maar die kanse is goed dat daar iewers nou ‘n sleg gewonde olifant rondloop

AW ·

Ek het vrede, en is Dankbaar dat geen Dier beseer en of dood is, in daardie voorval !!

Fedup ·

Wouldn’t it be hilarious if the police questioned the elephant? Anyhoo, good for you sweetie. Show them what happens when they mess with you.

KB ·

As die regering te vrot is om stropery te stop, vra net die olifant-bende! Selfs húlle raak nou keelvol.
Goed gedoen julle ou ysters!

Tipper ·

Die stroper het seker gesê ek speel maar net,Olifant sê “nie ek nie”

Joe Olivier ·

Dis nou die tipe “vangs” wat ek graag in die wildtuin sal wil sien.

Hondjie ·

Ek sal se as die mensdom ni meer die diere kan beskerm ni is dit maar beter dat die diere wat gras vreet hul begin self begin beskerm.like a turn in nature.

Hendrik ·

Wonder of Beki Cele die polisie gaan opdrag gee om die olifant to arresteer vir moord?????

Waarnemer ·

Sit n olifant langs elke renoster en voila,stropery op n end

PersHeks ·

Well done!!! Net jammer oom/tannie Ollie het die ander gemis!

christo ·

Dit blyk dat diere wat geteiken om gestroop word, duidelik mense alhoemeer as ‘n gevaar sien. Ek dink hierdie stropers het relatief gelukkig gewees dat hulle nie deur ‘n trop met kalfies bygekom is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.