Olifant vertrap vermeende stroper

Foto verskaf deur SAPD Mpumalanga

ʼn Skedel wat in die Krugerwildtuin gevind is, is vermoedelik dié van ʼn vermeende stroper wat deur ʼn olifant vertrap is.

“Die polisie het inligting ontvang dat mans op 1 April 2019 in die Krugerwildtuin besig was met stropery toe ʼn olifant hulle skielik aangeval en een van hulle vertrap het,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy vermeende medepligtiges het aangevoer hulle het sy liggaam na die pad toe gedra sodat verbygangers dit die volgende dag sou vind. Hulle het hulself daarna uit die voete gemaak.”

Toe die vermeende stropers buite die wildtuin was, het hulle ʼn familielid in kennis gestel van die oorlede man en die polisie is in kennis gestel. “Die polisie en wildbewaarders in die gebied het ʼn soektog van stapel gestuur waarna ʼn menslike skedel en stukke klere gevind is.”

Die polisie het daarna ʼn soektog van stapel gestuur na die man se medepligtiges. “Drie mans, tussen 26 en 35 jaar oud, is in die omgewing van KaMhlushwa en Komatipoort in hegtenis geneem. Beamptes het beslag gelê op twee .375-jaggewere.”

Die drie verdagtes het Vrydag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, sameswering om te stroop, en betreding. “Die mans bly in aanhouding. Hulle sal weer op 12 April in dieselfde hof verskyn vir hul aansoek om borgtog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andreas ·

Genadige vader, is julle seker die geweer het nie in die stroper se hand ontplof nie? Ek kyk nou na die foto van hoe agtergeblewe die toerusting is.

Cherokee ·

Toe verras die olifant hulle met ‘n April Fool.
Indien ‘n skedel gevind is behoort dit baie ouer as 5 dae te wees.

Nel ·

‘Now these are the Laws of the Jungle, and many and mighty are they;
But the head and the hoof of the Law and the haunch and the hump is — Obey!’ –
Of jy soek jou dood – jy mors nie met moeder natuur nie.

Wielspore ·

Die wild dief sal nie gemis word, oorwinning vir natuurbewaring.

Danie ·

Ek hoop die ketting van hoe hulle in besit van sulke gewere gekom het word ondersoek

Christo ·

Dis nie net wild wat gestroop word nie. Ek dink ons kan die ANC staatkapers nou maar netso wel staatstropers
STAATSTROPERS noem.

Boet Fasie ·

Ek hoor die ANC gaan die party se naam verander na die ” Stroper party”

Moppy ·

Ek stem dis goed dat sulke dinge deur di natuur gebeur met di stropery en dat reg geskiet hoop dat di stropers rerig sal skrik dis soos hul in ou dae gese het dat di Wilde diere hul self ook beskerm

AB ·

Net jammer dit gebeur nie gereeld genoeg dat n stroper so n ongelukkie oorkom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.