ʼn Olifant het ʼn 47-jarige vrou Dinsdagoggend in die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat in KwaZulu-Natal doodgetrap.
Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo KZN, het Donderdag aan Maroela Media gesê die vrou, Thembisile Mchunu, was ʼn kontrakteur wat as deel van ʼn span opnames oor inheemse plante gedoen het.
“Thembisile is die programbestuurder en was omstreeks 10:00 saam met drie manlike kollegas in die Hilltop-omgewing toe ʼn olifant op hulle afgestorm het,” het Mntambo gesê.
Die vier het almal in verskillende rigtings gehardloop. Mchunu het geval en die olifant het haar ingehaal en vertrap. Haar kollegas het tot by die span se voertuig gehardloop en hulp ontbied. Toe hulle later terugkeer, was sy reeds dood en die olifant skoonveld.
Mntambo het gesê dit sal moeilik wees om te bepaal watter olifant Mchunu vertrap het, aangesien daar baie olifante in die omgewing is. “Ons kan slegs die olifante monitor en identifiseer as een byvoorbeeld aanhoudend aggressief optree. Olifante is egter oor die algemeen aggressief as dit paarseisoen is.”
Mntambo het sy meegevoel met Mchunu se vriende, familie en kollegas betuig.
Dis jammer dit het gebeur – sy was ten minste besig met goeie, normale werk.
Sy was besig met goeie werk en dit is hartseer…..moet asb nie nou n olifant skiet nie
Ek het in daardie reservaat gewoon toe dit nog Natalse Parkeraad was – toe was mense nooit te voet sonder ‘n gewapende veldwagter nie… Waar was die veldwagter toe die voorval plaasgevind het? ‘n Mens se lewe is meer werd as ‘n olifant s’n. RIP Me Mchunu
Rus in vrede. Wonder of die reservaat ‘n goeie induksie program het wat met die spesifieke kontrakteurs handel.
Dit is so Arno maar om nou n Olifant te soek en skiet omdat hy net n Olifant was is darem nie reg nie. Sy het goeie werk gedoen maar hulle moes seker maak hulle omgewing is veilig. RIP Mchunu
Daai ingeprogrameerde stelling van mens is bo dier verhewe moet vinnig verdwyn. As jou lewe vir jou kosbaar is, is daardie dier se lewe vir hom/haar kosbaar. Jammer sy het haar lewe verloor deur iets goed te doen, maar die reservaat moes beter voorsorg getref het. Ek sal hulle liefs beskuldig en nie die blaam op die Olifant plaas nie.
Ek stem…..hoe kan ons besluit wie se lewe is die belangrikste?
Waar was die veldwagters????? Gewoonlik is daar twee veldwagters saam met so n groep.
RIV Mchunu.
Ek wonder of die groepie gele, gesit of gestaan het toe die voorval plaasgevind het? Dit wil nogal voorkom of hulle verdiep in hulle werk was toe die Olifant op hulle afgekom het? Dit lyk of die wag ook verdiep geraak het in die plante en sy geweer staangemmak het? Of het sy roer nie gewerk nie? Baie vrae min antwoorde!
Dalk was hulle besig met middag ete…..!!!!
Liewer wag met die opnames tot na paar tyd? Hoop nie ‘n dier word weer van kant gemaak omdat mense slegte besluite neem nie.
Los tog maar snedige aanmerkings uit. Ons land het dit nie nodig nie.