Olifantbul trap veldwagter dood

Mark Lautenbach was ’n gerekende natuurlewefotograaf en is as een van Suid-Afrika se voorste veldwagters beskou. Foto: Facebook

ʼn Olifant het die bestuurder van ʼn lodge in Noordwes skaars twee maande ná sy troue doodgetrap.

Mark Lautenbach (33), wat as een van Suid-Afrika se voorste veldwagters beskryf word, het Vrydag ʼn olifant probeer verwilder wat op die een of ander manier deur die grensdrade van sy kamp gekom het.

Die bronstige olifantbul wat Lautenbach aangeval het, is kort ná die aanval van kant gemaak.

Desbo Mohono, Noordwes se LUR vir omgewingsake en landbou, het haar meegevoel teenoor Lautenbach se naasbestaandes betuig. “[Sy dood] is ʼn groot verlies vir die natuurlewesektor aangesien Lautenbach ʼn hoogs toegewyde en opgeleide veldwagter was, met jare se ervaring.”

Lautenbach was bestuurder van die Leopard Rock Lodge in die Madikwe-natuurreservaat, noord van Swartruggens, en ʼn bedrewe spoorsnyer, voëlkenner en natuurfotograaf.

Sosialemediagebruikers het met afgryse gereageer op die nuus dat die ou olifantbul van kant gemaak is. “Rus in vrede, Mark,” het iemand geskryf wat Lautenbach blykbaar geken het. “Hy sou nie wou gehad het dat die olifant doodgemaak moes word nie.”

Lautenbach se familie en vriende sal later ʼn private roudiens vir hom hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

zis ·

Nee magtig!! hoekom word die Olifant dood gemaak,dit was nou heelteal onnodig.

HPV ·

Wilde diere wat mense aanval het sy natuurlike vrees vir die mens verloor en kan of gaan dit waarskynlik herhaal.

JS ·

Alle simpatie met sy vriende en familie, een ding wat ek wel nie kan verstaan nie is dat die olifant van kant gemaak moes word, kan die selfde nie met die mensdom gedoen word as hulle n lewe neem nie?

Willie ·

Ek sou ook graag doodstraf in SA wou terug bring. Betreffende die olifant was daar nie n keuse nie – Negatiewe gedrag word aangeleer en sal die olifant n volgende mens baie makliker ook doodmaak – operante kondisionering. Asb ek gaan nie reageer op “greenies” se oningeligte simpatie met al wat n dier is.

Josua Keys ·

Wat ‘n briljante vraag, die beste van als is, die olifant weet nie van reg of verkeerd soos die mensdom nie, dan is jy geskape met ‘n keuse vir die uitvoer van jou dade ook nog daarby!! Sterkte aan die Familie en vroutjie wat haar man so voor Kersfees verloor het, met troos woorde die volgende, wees jaloers op hom want hy is die voorreg gegun om die Hemel voor ons te ervaar maak nie saak van die omstandighede nie, ons moet nog daar uitkom!!!

Lorraine ·

Ek kan nie ook verstaan dat die olifant van kant gemaak is nie. Magtig man waar trek mens die streep….

Abe ·

zis,
Hoe weet jy of dit nodig was? Dit is seker gedoen na aanleiding van professionele advies.

Abe ·

Lorraine,
Watse streep praat jy nou van? Swak komunikasie: ons weet nie waarvan jy praat nie.

pb ·

die datum se niks…het die berig reeds twee dae gelede op nuus24 gelees?

Marie ·

Ons lewe in n siek tyd.Die bul was onder die invloed van hormone ( musth).Hy wil voortplant en sy normale ding doen.Ons as mense maak lodges vir verveelde buitelanders ( geen SA burger kan Madikwe se pryse bekostig nie). Die park is met belastinggeld opgerig maar SA burgers is nie werklik welkom nie.Die hoof van die park Herr Leitner uit Oostenryk het een keer vir my gesê hulle soek nie riffraff Suidafrikaners in die park nie.Nou word n arme ou olifant doodgeskiet omdat niemand wil toegee dat die park te klein is vir soveel olifante nie, en dat hulle van die begin af aggressief was (ex Gonarezhou olifante).

ANA ·

?Ooo genade-neeee….as ek so na paar ONÍNGELIGTE greenie kommentare kyk, verstaan ek van ‘riffraff’ mense wat eerder daar moet wegbly..!!!?
INNIGE SIMPATIE met die man en sy geliefdes ,wat nét sý werk verrig het

Oop oge ·

Virrie Greenies….
Genesis 9:1-6 en spesifiek vers 5.
Geen dier was nog ooit hoër as enige mens ge ag deur God nie.

Helene ·

Greenie of nie, ek dink dit was onnodig dat die olifant doodgemaak moes word. RIV Mark. Die mens is besig om sy hand heeltemal te oorspeel om hierdie Planeet van ons!!

Helene ·

Greenie of nie, ek dink dit was onnodig dat die olifant doodgemaak moes word. RIV Mark. Die mens is besig om sy hand heeltemal te oorspeel op hierdie Planeet van ons!!

SANET ·

Jaa…die mens oorspeel sy hand en foeter die natuur op,dis ook so.
Maar vir wildediere se voortbestaan en bewaring móét hulle BEHEER word dmv heinnigs ongelukkig.
Duidelik kan géén wildedier TOEGELAAT word,om te maak en breek soos hý wil nie…probleemgedrag gaan weer kop uitsteek…en dán liewe Lorraine, Marie en Helene,HOOP julle dis nie JULLE of jul seun wat doodgetrap word nie,neh?

koot ·

dit gaan altyd oor wat is n “gemak zone” vir mens en dier……… as jy binne daardie zone kom is dit altyd ……. veg of vlug……. was in die kruger wildtuin en saam dr eddie gewerk en dit was die heel eerste ding wat hy my geleer het……. as hy afstand gehou het het hy gelewe vandag en so ook die dier……… daar sal altyd konflik wees tussen mens en dier as die zone nie gerespekteer word nie……….. dit geld vir n hond wilde dier en ook as mens

Diereregte nou!!! ·

Aan die familie van die ontsplapende: Innnige simpatie met julle verlies en baie sterkte.

Dit is tyd dat diereregte ernstig opgeneem word. Dit was nie nodig gewees om die olifantbul van kant te maak nie. Ons bly nie meer in historiese tye van jarre gelede toe mense erg bygelowig en erg bang vir diere was nie. Kennis, respek en wetenskaplike natuurbewaringbeginsels en riglyne is ‘n baie beter benadering om wilde diere te bestuur wie se habitat voordurend bedreig te bestuur. Dit is immers alreeds 2019 en amper 2020.

GRIET ·

Dis baie tragies, dat ñ mens en ñ dier moes sterf…ek glo nie Mark,het die olifant,met opset verjaag nie en ek glo ook nie die olifant het met opset gestorm nie… ?

NIEMAND van óns “kommentators” was egter sélf dáár gewees,om WERKLIK te weet,wát presies gebeur het nie…
dis nóú,BAIE MAKLIK om VRYSPRAAK te hê, met geen werklike oplossing oor WÁT JÝ in so situasie sou doen…of om voorkomend op te tree nie…?
dis BAIE MAKLIK om vinger te wys en te kritiseer ook…op ñ absolute tragedie, wat homself telkemale herhaal,dis so jammer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.