
Argieffoto
Waarskuwing: Die foto’s mag sensitiewe lesers ontstel.
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ʼn klag van dieremishandeling teen Elephants of Eden in die Oos-Kaap, Knysna-Olifantpark, sy direkteure en bestuur aanhangig gemaak.
Inspekteur Wendy Wilson, ʼn woordvoerder van die NDBV, het Maandag gesê die organisasie het skokkende beeldmateriaal ontvang wat glo wys hoe jong olifante wreed mishandel word om hulle voor te berei vir hul “toekomstige lewe in aanhouding vir die olifant-toerismebedryf”.
Wilson het gesê die beeldmateriaal wys hoe kalfies vasgeketting en met toue gerek word, geskok word, en met hake geslaan word. “Dit is alles metodes om hierdie saggeaarde reuse te dwing om aan hul afrigters en hanteerders toe te gee,” het Wilson gesê. “Die olifante toon tekens van ernstige beserings en hul bene en pote is erg geswel. Hulle het ook absesse en wonde weens die mishandeling met die toue, kettings en hake.”
Sy sê die beeldmateriaal is op die perseel van Elephants of Eden geneem. Elephants of Eden word uitgebeeld as ʼn veilige hawe vir olifante en word deur die Knysna-olifantpark besit. Volgens Wilson het Elephants of Eden en al sy oorblywende olifante onlangs na die Wes-Kaap geskuif om by die Knysna-olifantpark aan te sluit.
Wilson het gesê die NDBV het ʼn lasbrief gehad om die park in Knysna te ondersoek, maar is toegang tot die perseel geweier. “Ons was verplig om die polisie te ontbied om toegang tot die park te kry.” Wilson het gesê hulle is eers op die perseel toegelaat nadat die eienaar ingelig is dat sy in hegtenis geneem kan word as sy hulle toegang weier. Die NDBV het ook ʼn klag van dwarsboming van die gereg teen die eienaar aanhangig gemaak.
Maroela Media het die park om kommentaar genader en wag nog vir terugvoer.
- Foto’s verskaf deur die DBV
- Foto’s verskaf deur die DBV
- Foto’s verskaf deur die DBV
- Foto’s verskaf deur die DBV
- Foto’s verskaf deur die DBV
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
This is unacceptable, these hooligans should be jailed and treated the same as they treated the Elephant, we are not the creators of heaven and earth, we should respect the things God gave us, He said we as humans should take care of ALL living things and we should respect the life He gives.
Vieslik, afskuwelik, verfoeilik!!!
Ek is so geskok,en jy is wit sies man jy is niks beter as die swartes en wittes wat die renoster dood maak vir geld nie,jy is geldguurig,ek hoop rerrig hulle sluit jou en jou trawante toe en vat die diere weg,liewe Vader wat nog
Dit maak my hart baie seer. En dit sodat hulle kan geld maak uit die diere nadat hulle so gruwelooslik behandel is. Dit is sulke worderlike diere, los hulle uit. Hoekom moet mense saam met hulle gaan stap of op hulle ry. Los hulle in hul natuurlike habitat. Hoe sal hulle daarvan hou om vasgebind te wees en gemartel te word totdat hulle ingee en alles doen wat vir hulle gesê word. Al wat ek kan sê is SIES!! Ek hoop daai olifante vertrap julle.
Die it afskuwelik!