Foto’s: Olifante glo by “veilige hawe” mishandel

Argieffoto

Argieffoto

Waarskuwing: Die foto’s mag sensitiewe lesers ontstel.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ʼn klag van dieremishandeling teen Elephants of Eden in die Oos-Kaap, Knysna-Olifantpark, sy direkteure en bestuur aanhangig gemaak.

Inspekteur Wendy Wilson, ʼn woordvoerder van die NDBV, het Maandag gesê die organisasie het skokkende beeldmateriaal ontvang wat glo wys hoe jong olifante wreed mishandel word om hulle voor te berei vir hul “toekomstige lewe in aanhouding vir die olifant-toerismebedryf”.

Wilson het gesê die beeldmateriaal wys hoe kalfies vasgeketting en met toue gerek word, geskok word, en met hake geslaan word. “Dit is alles metodes om hierdie saggeaarde reuse te dwing om aan hul afrigters en hanteerders toe te gee,” het Wilson gesê.  “Die olifante toon tekens van ernstige beserings en hul bene en pote is erg geswel. Hulle het ook absesse en wonde weens die mishandeling met die toue, kettings en hake.”

Sy sê die beeldmateriaal is op die perseel van Elephants of Eden geneem. Elephants of Eden word uitgebeeld as ʼn veilige hawe vir olifante en word deur die Knysna-olifantpark besit. Volgens Wilson het Elephants of Eden en al sy oorblywende olifante onlangs na die Wes-Kaap geskuif om by die Knysna-olifantpark aan te sluit.

Wilson het gesê die NDBV het ʼn lasbrief gehad om die park in Knysna te ondersoek, maar is toegang tot die perseel geweier. “Ons was verplig om die polisie te ontbied om toegang tot die park te kry.” Wilson het gesê hulle is eers op die perseel toegelaat nadat die eienaar ingelig is dat sy in hegtenis geneem kan word as sy hulle toegang weier. Die NDBV het ook ʼn klag van dwarsboming van die gereg teen die eienaar aanhangig gemaak.

Maroela Media het die park om kommentaar genader en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Charles van Wyk ·

This is unacceptable, these hooligans should be jailed and treated the same as they treated the Elephant, we are not the creators of heaven and earth, we should respect the things God gave us, He said we as humans should take care of ALL living things and we should respect the life He gives.

margaret ·

Ek is so geskok,en jy is wit sies man jy is niks beter as die swartes en wittes wat die renoster dood maak vir geld nie,jy is geldguurig,ek hoop rerrig hulle sluit jou en jou trawante toe en vat die diere weg,liewe Vader wat nog

M ·

Dit maak my hart baie seer. En dit sodat hulle kan geld maak uit die diere nadat hulle so gruwelooslik behandel is. Dit is sulke worderlike diere, los hulle uit. Hoekom moet mense saam met hulle gaan stap of op hulle ry. Los hulle in hul natuurlike habitat. Hoe sal hulle daarvan hou om vasgebind te wees en gemartel te word totdat hulle ingee en alles doen wat vir hulle gesê word. Al wat ek kan sê is SIES!! Ek hoop daai olifante vertrap julle.

Justi ·

Dit is gewentloos en absoluut walglik hoe die diere daar behandel word en dit net om die mens te plesier!
Sluit daardie mense op en gooi die sleutel weg asseblief. Neem ook alle diere weg in hul sorg.
Sou een van daardie diere in opstand kom om hom\haarself te verdedig…….dan word die dier doodgemaak. Die mensdom is siek. Sieker as siek om sulke dinge te doen en dit vir geld.

HETTIE ·

Dit is afgruislik. Hoekom wys julle nie die mense se gesigte nie, hul het geen reg nie. Gemors van die aarde. Wens ek kry hulle in die hande.

Christo ·

Die feit dat hulle die DBV toegang geweier het , dui op skuldige optrede van mishandeling van die diere ..

Leony ·

Daardie mense moet gehang word. Hulle hoort nie in die samelewing nie.

Lisa Bronkhorst ·

Absoluut skandalig!!!! Gee die eienaar en trawante dieselfde behandeling!!!! Sies man sies!!!!

Jasper ·

Mens doen dit nie aan n dier nie, nog minder vir geld. Trap hulle hard.

Andre ·

Skokkend!!! Die skuldiges se barbaarse optrede is onverskoonbaar en hulle verdien tronkstraf sonder die keuse van ‘n boete. Ek wonder by hoeveel ander sogenaamde “veilige oorde vir diere” daar dieselfde walglike praktyke plaasvind. Diere, net soos mense, is gawes van God en geen mens of dier mag mishandel word nie.

Annemarie ·

Dit is verskriklik! As dit nie renosters is nie, is dit olifante. Dis wreed – daar moet geen genade vir sulke siek barbare wees nie. Martel hulle soos hulle ons diere martel. Dis walglik en ‘n skande…..

Theresa ·

My kommentaar is nie eers geplaas nie want ek het gevloek……………… Kom ek wees tog nou “ordentlik”. Gee die goed wat hulself mense noem vir my. Ek sal met hulle maak soos wat hulle met die arme onskuldige diere gedoen het. Dan kyk ons of hulle ook “voorbereid” kan wees. Die diere het ook gevoelens en het ook hul dignity. Afskuwelike, verpeste gemors – dis wat julle is. Hoop hulle vrek in die hel!!

Penelope ·

More julle almal. As daar ‘n olifant in die wildtuin is wat mense aanrand of bedreig dan word hulle geskiet…Hoekom doen ons maar nie dieselfde met die mense betrokke wat hulle so aanrand en bedreig. Ons het regtig sielsieke mense in ons land…………werklik skokkend

Conrad ·

En so word die diere nog steeds mishandel terwyl die ondersoeke en wat ook nog al afgehandel word. Die diere moet soos in onmiddelik verwyder word. Wat is fout met die NDBV!

Theresa ·

Ek stem 100% saam met jou Penelope. Die arme diere is so getraumatiseerd en dan gebeur dit ook nog. Hulle kan nie hulself teen die siek mensdom verdedig nie. ‘n Oog vir ‘n oog nê……………??!!

Eduan ·

Ek blameer die NDBV, hoekom het dit so ver gegaan en nou wil hulle optree. Dit beteken die NDBV het nie hul werk gedoen nie swak van n organisasie wat veronderstel was om te kyk dat dit nie gebeur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.