Olifante vertrap KZN-man

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die polisie in KwaZulu-Natal is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 45-jarige man vandeesweek naby Glückstadt, sowat 30 km van Vryheid af, deur olifante doodgetrap is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 12:00 in die Nhlazatshe-omgewing plaasgevind.

Volgens Gwala het inwoners probeer om ʼn trop olifante by hul nedersetting te verjaag. Twee olifantbulle het egter omgedraai en die groep mense agternagesit. Die man is in die proses doodgetrap.

Die omstandighede rakende die man se dood word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leonie ·

Nou gaan die olifante seker weer doodgemaak word. Waarvoor is hulle shacks in die olifante se area.

Cherokee ·

Jou vraag is van toepassing op ten minste die hele Afrika.
In Durban, wat ‘n bosveldstad is, bou ons dieper en dieper in die ruigtes in. Die ape laat hulle nie afsit daardeur want hulle verstedelik. Die ander diere moet aanhoudelik nuwe omgewings vind.

Johan ·

Dis regtig hartseer dat ons Afrika diere daar onder moet lei. As hul nou die moordenaar/s kan opspoor. Dan wonder ek wat die geregtelikke doodsondersoek gaan se.

007 ·

Kla die olifant aan van manslag en sleep hom hof toe. Hy het net gedoen wat enige man sou doen om sy trop te beskerm. Waarvoor bly hulle in n park, want ek dink nie die olifante loop vry rond in KZN nie. Tot die twee bulle is moeg vir die gespuis.

Chris ·

Ho ho holifant het net kom wys wat gebeur met onwettige grondeisers.

Peetjie ·

Jy sukkel nie met n olifant nie, hy is baie groter as jy en nie bang nie … Jy betree SY eiendom, en n olifant vergeet nie…..

Willie ·

Ek wens so mense wil meer sensitef weer met kommentare, varal waar hulle nie die feite weet nie. Hierdie is ‘n gaval waar die olifante uitgebreek het uit ‘n plaas en die persoon met ‘n balang in die plaas het hulle sam met ‘n span mense terug na die plaas gejaag toe die voorval gebeur het en hy gedood is. Die omstandighede is nog nie 100% duidelik nie, maar dit is nie ‘n geval van plakkers of grondeisers wat die olifante se plek onwettig bewoon het nie. Dink asb voor julle kwetsende opmerkings maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.