Olifantstropery neem toe in Kruger-wildtuin

Een van die olifant se ribbes is deur ʼn koeël getref Foto: Lindi Masinga/ANA

Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, het gesê olifantstropery het in 2017 in die Kruger-wildtuin toegeneem.

Altesaam 30 olifante is in 2017 in die wildtuin gestroop, teenoor 22 in 2016.

“Die mense wat die olifant geskiet het, se spore lei na Mosambiek,” het Phaahla gesê by

ʼn misdaadtoneel waar ʼn olifant drie weke gelede in die noordelike deel van die wildtuin gestroop is. Die olifant het op sy sy gelê en sy gesig is afgesny en ruggraat oopgesny. Sodra die olifant geskiet word, word die ruggraat oopgesny om seker te maak hy is dood voor hulle die tande verwyder.

“ʼn Opname sal in September gedoen word om te bepaal hoeveel olifante in die wildtuin is,” het hy bygevoeg. Hy het gesê gemeenskappe word ook besoek om die kwessies wat hulle met stropery het te bespreek, en om te bepaal watter bystand hulle benodig om seker te maak dat hulle nie ook by stroperysindikate betrokke raak nie.

“Hulle het gesê werkloosheid onder die jeug maak dit maklik vir sindikate om die wildtuin te betree. Ons analiseer steeds al die inligting.”

Ná ʼn lang soektog in die olifantkarkas het die forensiese span ook op ʼn rib afgekom wat deur ʼn patroon getref is. “Die koeël het die rib getref en moontlik in die long in gegaan,” het ʼn lid van die forensiese span, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, gesê.

Phaahla het gesê ondanks die toename in olifantstropery, is hulle dankbaar om aan te kondig dat renosterstropery met 34% afgeneem het (van 354 in 2016 tot 243 in 2017) en dat 90 stropers in die wildtuin in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hendrik vd Westhuizen ·

Die wiskunde is nou nie juis te moelik nie. Maak die grense oop vir almal
en die werkloosheid, misdaad en finansiële las op die land word groter.
Die Kruger se grense na Mosambiek is oop……..dis mos n uitnodiging.
Ai tog, ‘n laerskoolkind kan jou vertel wat sal gebeur

Michael ·

Die oorgrenspark was soos alles wat die anc voorstel en implementeer n mors van geld onttrek die weermag vir wat dit mag werd wees uit Burindi en ontplooi hulle op die grense.

Thomas ·

As julle onlangs in die wildtuin was, sou julle sien daar is teveel olifante, dis nie n plesier nie.

Elsa ·

Nou waar is die sekuriteite dan om dit dop te hou? hoe is dit moontlik dat dit wel gebeur?
span weerman in, ja daar is tog ‘n weermag laat hulle diens lewer en die probleem hokslaan of wie is vir wie bang?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.