Olimpiese Spele: Luvo spring silwer los

Luvo Manyonga kort nadat hy 'n silwermedalje by die 2016 Olimpiese Spele in Rio verower het. Foto: AP Photo/Martin Meissner

Luvo Manyonga kort nadat hy ‘n silwermedalje by die 2016 Olimpiese Spele in Rio verower het. Foto: AP Photo/Martin Meissner

Die verspringer Luvo Manyonga het Saterdag vir Suid-Afrika se sesde medalje op die Olimpiese Spele in Rio gesorg toe hy met ʼn silwermedalje weggestap het.

Manyonga was met ʼn sprong van 8,37 m net ʼn kortkop agter die Amerikaner Jeff Henderson wat met ʼn sprong van 8,38 m met die goud weggestap het. Die Brit Greg Rutherford het met ʼn sprong van 8,29 m die bronsmedalje verower.

Media wêreldwyd het gegons oor Manyonga se “sprokiesverhaal-oorwinning” en sy verhaal met ʼn rolprentdraaiboek vergelyk. Die Pretorianer is in 2010 op 19-jarige ouderdom as junior wêreldkampioen aangewys, maar het baie naby daaraan gekom om alles te verloor nadat hy in ʼn ernstige tikverslawing verval het.

Net twee jaar nadat hy uiteindelik daarin kon slaag om van sy verslawing weg te breek, het hy Saterdag ʼn trotse Olimpiese medaljewenner geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.