Die driekamp-atleet Henri Schoeman het Donderdag vir die eerste keer in ʼn internasionale wedstryd ʼn podiumposisie vir homself verseker.
Hy het ʼn bronsmedalje verower in die mans-driekamp by die Olimpiese Spele in Rio.
Die twee broers van Engeland, Alistair Brownlee en Jonny Brownlee, het onderskeidelik in die eerste en tweede plek geëindig. Alistair het sy driekamp-titel behou, die eerste atleet wat dit kon regkry. Hy het ses sekondes voor sy broer klaargemaak nadat hy tydens die 10 km-wedloop weggebreek het.
Jonny het tydens die vorige Olimpiese Spele in Londen ʼn bronsmedalje ingepalm.
Richard Murray van Suid-Afrika het in die vierde plek geëindig. Murray, die huidige Wêreldbekerkampioen, het ʼn paar weke gelede geval en sy sleutelbeen gebreek.
Dit is Suid-Afrika se agtste medalje by die Olimpiese Spele en plaas die land in die 33ste posisie op die ranglys.
Suid-Afrika se hoop bly gevestig op Caster Semenya wat Woensdag die tweede uitdunronde van die 800 m vir vroue in 1:59.31 gewen het. Sy neem vroeg Vrydagoggend (SA tyd) aan die halfeindronde deel en kan haar plek in die eindstryd bespreek. In die spiesgooi vir vroue kan Sunette Viljoen ook vroeg Vrydagoggend in die eindronde haar stempel afdruk.
Lees alle Suid-Afrikaanse nuus oor die Olimpiese Spele op Maroela Media.
Here is the moment that @H_Schoeman claimed #Bronze and @RD_murray finished in a very impressive fourth place. https://t.co/5OAFwFzCCN
— SuperSport (@SuperSportTV) August 18, 2016
Baie geluk Henri!!…..Trots op jou prestasie!
Mooi so !!!
What a boytjie!!!!! Baie geluk Henri!
Jy maak ons ALMAL so trots.
Mag hierdie die begin van ‘n fantastiese toekoms wees.
Fantasties so trots op jou!!!
Well done!!!
Spelling!!!!
wedstryd????? Dit is wedloop
Driekamp IS ‘n WEDSTRYD. Die WEDLOOP is net een van die bene, fietsry en swem vorm die ander twee bene.
Fantasmagories! Jy hou SA se naam hoog. Nou le ‘n blink toekoms vir jou voor. Geluk, vle x is dit silwer/goud.
Mooi so.
Baie baie geluk weereens aan Henri EN ook aan Murray se vierde plek – moenie vergeet hy het met ‘n herstellende sleutelbeen (was gebreek) deelgeneem so vierde is PUIK! Trots op julle