Olimpiese Spele: Nog ʼn silwermedalje vir Le Clos

Chad le Clos

Chad le Clos

Suid-Afrika het Vrydag nog ʼn silwermedaljeby die Olimpiese Spele in Rio verower nadat Chad le Clos sy staal in die 100 m-vlinderslag gewys het.

Die 24-jarige Le Clos het in ʼn tyd van 51:14 klaargemaak. Joseph Schooling van Singapoer het die goue medalje losgeslaan. Michael Phelps van die VSA en Lazlo Cseh van Hongarye het in dieselfde tyd as Le Clos klaargemaak en dus ook elk met ʼn silwermedalje weggestap.

Le Clos het vroeër die week nog ʼn silwermedalje in die 200 m-vryslag verower. Suid-Afrika spog nou met vier silwermedaljes en een brons.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

So bly die selfvoldane Amerikaner het nie weer gewen nie. Hulle moet hom bietjie gereeld toets maar hy tree kamma uit en dan gebruik hy heel moontlik steroiede en wag tot hy skoon is voor hy weer amptelik begin, Le Clos hou moed!

Rynhardt ·

Michael Phelps wen net elke keer n goue!Dit is die groot verskil!!

Marianne ·

Dit gaan nie oor wen of verloor nie!
Om deel te neem is ‘n fantastiese prestasie!
Geluk dis amazing as jy ‘n medalja wen….. Dis jou bonus dis jou EER.

Andre ·

Komaan Marianne, natuurlik gaan dit oor wen! Of glo jy werklik die ouens oefen hul lewe lank om net daar te mag wees.

jaco ·

Meeste medaljes tot dusver vir wit lede van ons olimpiese span. Dit gaan seker nietig verklaar Word deur ons minister van sport omdat zogenaamde ras-kwotas nie daardeur gedien word nie.
Dit het my opgeval met die openingseremonie hoe baie wit mense in Zimbabwe se span is. En dit na al Mugabe se uiterste haat vir wit mense. As rassekwotas vir so n openlike anti-wit land onnodig is, vir wat geld dit dan in die demonkratiese “non-racial” Suid-Afrika?

Yawn4u ·

Sjoe het jy gesien ‘n swart Amerikaners het goud gewen vir swem in ‘n oorwegend wit span. Jip sy het gewen omdat sy haar alie afgeoefen het nie oor haar velkleur of kwota. Gee tog kredietkaarte waar dit toekom. Ons outjies is by spele omdat hulle gekwalifiseer het nie oor velkleur nie. Hou op jannie jammeraak sanik

Ben Prinsloo ·

Daar is nie medaljes vir afbreek en toi toi nie, Jaco.

Anoniem ·

Moenie vergeet van ons eie Cameron nie – hy is glad nie so wintie soos Chad nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.