‘Om geboue af te brand is om die toekoms te verbrand,’ sê Zuma

Pres. Jacob Zuma en Zimbabwe se pres. Robert Mugabe op 20 Mei 2016 tydens die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap se eeufeesvieringe Foto: Presidensie van Suid-Afrika

Pres. Jacob Zuma en Zimbabwe se pres. Robert Mugabe op 20 Mei 2016 tydens die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap se eeufeesvieringe Foto: Presidensie van Suid-Afrika

President Jacob Zuma het Vrydag sy toespraak tydens die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap se eeufeesvieringe gebruik om diegene te veroordeel wat beweer hulle kan slegs deur geweld die regering se aandag trek.

“Daar is sommige wat beweer persone wend hulle tot gewelddadige betogings, omdat dit die taal is wat die regering verstaan,” het Zuma gesê. “ʼn Analis of ʼn leier wat dít sê, is egter verkeerd en moet sy posisie heroorweeg.”

Zuma het gesê studente moet nadink oor wie se belange hulle dien wanneer hulle hul eie toekoms en die toekoms van die land vernietig. “Om skole, biblioteke en universiteitsgeboue af te brand, beteken dat jy die toekoms verbrand.”

Zuma se kommentaar kom te midde van betogings by die universiteit waartydens studente geboue afgebrand het en geëis het dat hul instansie “dadelik” ʼn leningsooreenkoms met arm studente aangaan en toelaes vir kos en vervoer sal vrystel.

“Die geskiedenis sal diegene skerp veroordeel wat universiteitsgeboue en skole afgebrand het,” het Zuma bygevoeg. “Daar kan geen regverdiging wees vir geweld en anargie nie, veral nie in ʼn land waar mense vryheid van spraak en uitdrukking het en die regering formele programme het om met die persone in gesprek te tree nie.”

Zuma het hulde gebring aan die Universiteit van Fort Hare vir sy bydrae tot Suid-Afrika se vryheid-struggle en vir die opvoeding van sommige van die land se voorste vryheidsvegters, waaronder voormalige president Nelson Mandela en voormalige ANC-president Oliver Tambo.

Zuma het ook verwys na “ons senior” Zimbabwiese pres. Robert Mugabe (92), wat die vieringe bygewoon het.

Die polisie was op bystand buite die sportkompleks op Alice-kampus ná die gewelddadige betogings die afgelope week. Die studente het beweer die eeufeesvieringe is bo hul eie behoeftes geprioritiseer. Die polisie moes Vrydagoggend van waterkanonne gebruik maak om die studente te laat verdaag.

Lees alle vorige berigte oor die Universiteit van Fort Hare op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jaco ·

tydens die struggle jare, toe die ANC teen apartheid geveg het, het HULLE die sogenaamde massas geleer hoe om geboue, veral skole, af te brand as vorm van protes. As so n kultuur eers gevestig is, verdwyn dit nie net oornag nie

Wat-ek-lees ·

Die slagspreuk was ook: “Liberation before education” terwyl die skole afgebrand word.
Die ‘liberation’ het gebeur maar nie die ‘education’. Wonder wat sê Lesufi hiervan ?

Rynhardt ·

Vanaf apartheid tot die nuwe befeling word skole afgebrand, vertel dit vir hele Afrika, Zuma! Gedurende apartheid was die skagspreuk juis,”Liberation before education!”.Zuma jy is so besorg oor mebse se toekoms, maar jou regering het reeds die land se ekonomie vernietig! Staak die toneelspel en vertel die wereld hoe jy en Anc alles vernietig het.Dit is beslis nie apartheid, droogte of die paashasie se skuld dat alles induie stort nie!!

Bullseye ·

Wonder waar en by wie het hul dit geleer..? Seker ook apartheid se skuld..

Lance ·

Nou skielik se hy dit nadat hulle presies dit vir mense gekeer het om te brand en te vernietig …jy gaan nou maar moet sit met die probleem …produk van jou eie leeringe …vat hom fluffy !!

Justa ·

Zuma het reeds gese die vernietiging is apartheid se skuld.

Lance ·

Dis al wat in sy kop rond maal …hy droom en staan op met apatheid in sy kop …of dit nou is vir self bevoordeling tenspyte van ander en of dit nou skuld en blaam is vir n mislukking van hom of die anc …its apartheid …

Javctn ·

Die laagste vlak van beskawing is om opleidingsentrums af te brand. Met ander woorde vernietig die toekoms en beskawing.

Lance ·

En wat het bob om te wys wat so lekker smile …daar was n tyd net na onahhankliheid toe die zim dollar STERKER as n Britse Pond was … nou is dit nie eers toiletpapier werd nie hehe

My bydrae ·

Natuurlik sal hy apartheid die skuld gee. Hoe anders gaan hy sy eie onvermoë en dié van sy regering en korrupte regeringsamptenare regverdig?

Zach Coetzee ·

Vreemd om sulke ‘korrekte’ uitsprake vanaf daardie bron te kry! Die toespraak klink of dit met nasionale belang as uitgangspunt opgestel is. Gee hom wat hom toekom: As hy 10 jaar gelede met sulke standpunte na vore gekom het sou dit dalk teen vandag inslag te gekry het. Nou moet die ANC hulle eie ‘breek-kultuur’ bestuur waar hulle aan die ontvangkant is. Wonder net waar is Afrikaans as teiken of oorsaak van die studente se ongemak? Nou kan ons belange nie net opgeoffer word om die massas te beheer nie. Jammer dit is so tragies – anders sou ons skadenfreude kon ervaar.

Johan Loots ·

Brand julle skole en universiteite. Oor nog 22 jaar sal julle steeds van die privileged praat, wat nie geleenthede om te leer vermors nie maar voluit gebruik. Kyk na swart mense wat hulle geleenthede aangegryp het en waar hulle in die samelewing is. Die mag van die swaard is lankal weg en niemand kan die krag van geleerdheid ontken nie. Mense gebruik julle geleenthede en bly die bevoordeeldes.

Chris ·

Ag mense moet nie in ontkenning leef nie. Julle wat julle geskiedenis behoort te ken. Dit is Jan se skuld. Hy wat sowat 2000 duisend jaar gelede op die strand gesit en braai het. Nou en dan die vleis verbrand het om Maria terug te kry vir haar koue skouer. So het die onderdruktes hom dop gehou, dis nou hulle wat sy wyn moes skink en onder sy gebroke afrikaans gehuil het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.