Om wiskunde te slaag dalk nie ʼn vereiste vir gr. 7, 8 en 9

wiskunde-leer-formules

Om die wiskunde slaag is dalk binnekort nie meer ‘n vereiste vir bevordering in gr. 7, 8 en 9 nie. Foto: Geralt/Pixabay.com

Die departement van basiese onderwys is tans besig om ʼn voorstel te ondersoek dat gr. 7, 8 en 9 leerders nie meer wiskunde hoef te slaag om na die volgende graad bevorder te word nie.

Nog voorstelle sluit in dat leerders in dié fase ook net ʼn slaagpunt van 40% in hul huistaal moet behaal om die graad te slaag en nie meer 50% soos in die verlede nie.

Elijah Mhlanga, woordvoerder vir die departement, het gesê die voorstel moet nog met skole, ouers en belangegroepe bespreek word.

Daar is oor die naweek berig dat die departement oorweeg om die slaagvereistes vir gr. 10- en 11-leerders te verlaag, maar volgens Mhlanga is die fokus eintlik op slaagvereistes vir die grondslag (gr. R tot 3), intermediêre (gr. 4 tot 6) en senior (gr. 7 tot 9) fases.

Volgens Mhlanga is ʼn taakspan saamgestel om die swak kurrikulum-implementering te ondersoek en die span het bevind die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV)-leerplan, beter bekend as Caps wat in 2011 ingestel is, leerders te nagekom het. “Die departement het die implementering van die nuwe vereistes dopgehou en dit was reeds in 2014 duidelik dat die nuwe bevorderingsvereistes die prestasie van leerders negatief beïnvloed het.”

Hy het aangevoer die slaagvereistes vir gr. 7 tot 9 is tans hoër as die vereistes vir gr. 10 tot 12. Die verandering aan die senior fase se slaagvereistes is ʼn poging om dit beter met dié van gr. 10 tot 12 te belyn.

Voorstelle wat tans hiervoor oorweeg word sluit in:

  • ʼn Leerder moet vier vakke met ʼn gemiddeld van 40% elk slaag, waarvan een ʼn huistaal moet wees.
  • ʼn Leerder moet ʼn gemiddeld van 30% behaal in vier ander vakke.
  • Die slaag van wiskunde is nie ʼn verpligte vereiste vir bevordering nie.

Prof. Ruksana Osman, onderwyskenner verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), beskryf die voorstel as ʼn komplekse saak. “Ek hoop die onderwysdepartement konsulteer verstandig op hierdie voorstel. Die voorstel beoog om die verskillende fases te belyn en dit is ʼn goeie beginsel vir assessering, maar dit gaan hier meer oor die vermindering of verlaging van vereistes vir leerders in sommige vakke.

“Ek vind dit moeilik om te sien hoe die verlaging van slaagvereistes die belyningskwessies aanspreek. Deur hierdie voorstel te aanvaar skep dit ʼn presedent waar ons minder van ons leerders verwag, wat ernstig inbreuk kan maak op leerders se selfbeeld en hulle oortuigings oor hulle eie vermoëns in sekere vakke.”

Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is ook bekommerd oor die voorgestelde planne en meen die verlaging van slaagpunte gaan die bestaande persepsie dat Suid-Afrika onderwys van ʼn swak gehalte bied, net verder versterk.

“Suid-Afrikaners het reeds nie baie vertroue in die openbare onderwysstelsel nie en om leerlinge bloot op laer punte deur te sit, gaan die persepsie versterk en boonop tot die werkloosheidskrisis bydra.”

Sy meen die land gaan uiteindelik met nog meer jongmense sit wat geen kans op verdere studie of werksgeleenthede het nie omdat werkgewers nie mens in diens wil neem wat nie minstens oor die mees basiese van vaardighede beskik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

36 Kommentare

Jakobus ·

Dit sal baie verwelkom word en die kinders sal ongelooflik daarby baat wat nie wiskunde as vak wil neem om vir die eksamens in aggeneem word te word nie. Dus sommer ‘n ekstra vak, ‘n hulp, om vaardighede te bemeester, die basiese en somme te kan maak, ‘n bietjie meer tot gelettertheid toe te voeg.

Jakobus ·

Ek sien nou ook die beoogde verlaging in die slaagsyfers, en dan hoef die bloedjies net agt vakke te slaag met , let wel, ‘n gemiddelde van 40% in 4 vakke en 30% in die ander 4, wat van dit verminder na sewe vakke toe, dan voeg julle huisvlyt by as nog ‘n vak? (Bedopmaak, skottelgoedwas en so.)

Chantall ·

Ek stem saam. So word alles verlaag en versleg in ons Suid Afrika

Ander Annie ·

So word ons onderwysstelsel wat alreeds groot kommer wek, net nog verder verswak. Hoe kan die slaagsyfer in jou huisstaal verlaag word na 40%. Dit is absurd. Ek sal graag onderwysers sê kommentaar wil lees. Ons is boonop al klaar so swak te opsigte van wiskunde.

Anneke ·

Ons is besig om die leiers van die toekoms se slaagsyfers te verlaag om dit makliker te maak vir hulle. Hoe gaan hulle eendag besighede besit, land regeer ens. as alles so maklik kom?

charlene ·

Wat is die doel van skool gaan, bly somer by die huis. Die land gaan vol dom mense wees wat skool klaar maak , maar niks weet nie.

Onnie ·

Nee wraggies wa vo gee ek nog klas?? Gee vi elkeen n matrieksertifikaat and end the suffering!!!!

Onnie ·

Geen trots in ons werk meer ni. Mense in do gemeenskap ht reeds geen meet respek vi n opvoeder ni

christo ·

Met Onnies wat so spel soos onnie het ons geen verlaging in standaarde nodig nie . Leer net eers die Onnies spel

Disselboom ·

Baie kritiek op staatsonderwys en groot ophef oor verwatering van christelikheid in skole, tog sit daar maar ‘n fraksie van Afrikaner-kinders in onafhanklike privaatskole. Die probleem kan nie so groot wees nie en die meerderheid lyk tevrede gemeet aan hoe hulle optree: verantwoordelike ouers sal mos hulle kinders in die beste opsie vir opleiding plaas, maar inteendeel bly die oorgrote meerderheid binne die openbare skoolstelsel.

Leendert ·

Voor 1994 was dit mos nie nodig vir Afrikaanse privaat skole nie. Plaas dat die destydse regering, voor FW en Roelf die land aan die ANC oorgedra het, so ‘n klomp skole en ook sommer ‘n paar Afrikaanse universiteite geprivatiseer het. Dit kon almal onder ‘n instansie soos Solidariteit sorteer het, en walla, opgelos sou ons van al vandag se probleme met Afrikaans en Ogod wees, ook Slim Wim en diesulkes.

CB ·

Ek stem nie saam. Om 2 of meer kinders in ‘n privaatskool te hê het ons (met 2 kinders) R7500 per maand gekos. Ons het hul die jaar na die omgewing se staatskool gestuur. Wonderlike skole (laer en hoërskool) met die tipe opvoeding wat ons in ons dae gehad het. Die kinders wat wil werk doen wonderlik en ja die wat lui is sien dit in hul punte. Ja die departement is mal om die slaagvereistes te laat daal. Maar dis hier waar ons ALMAL (ongeag ras of taal) NOU ons stemme moet dik maak!

Hannes De Beer ·

Ag wat, ons gee werklik nie om nie.
Julle gee buitendien deesdae die sertifikate weg soos uitverkoping pamflette. :D

Lhs ·

Probleem is nie privaatskole nie, probleem is bekostigbaarheid van privaatskole.

Leendert ·

Ek stem ook dat die bekostigbaarheid van privaat skole vir baie ‘n probleem is, al skryf ek in my kommentaar hier bo positief oor die wenslike, maar probleme is daar om aangespreek te word, ‘n oplossing voor te soek, nie sommer net afgeskiet te word, en aan te gaan nie. Dan is daar tog sekere mense wat dit kan bekostig, dis ‘n beginpunt. As ons almal Akademia en Soltech moet afskiet, waar gaan ons opeindig?

GES ·

Gelukkig is daar privaat skole. Die arme kinders van staatskole sal uiteindelik ook maar ʼn getalbegrip soos JZ hê. “Eleventy thousent and five hundred and one thousent and thirteen and twenty hundred”. Dit is seker goed genoeg om ʼn leier in die ANC of “struggle” organisasie te word. Dit verduidelik ook waarom die gemiddelde IK vir SA as 77 aangegee word. Na dese sal dit nog verder daal.

Jarike Buys ·

Dit gaan my verstand te bowe. Ons departement bevorder domheid. Wiskunde stimuleer redenasie en oplossing. Nou hoe nou?

John ·

Skynbaar is Wiskunde, dis nou voor die wrede witkapitaliste aangeland het, ‘pasella’ genoem maar toe kom voeter die onnosel spul kolonialiste mos alles op. Skynbaar, so word beweer, mag sekere wiskunde-/wetenskap-leermeesters dalk binnekort ook toordokterstatus bekom nadat die gebruik van die heilige vuurklip voor sy edele die minister van onderwys ge-demon- streer is…

Wenz ·

Ja dis waar wat julle hier noem…..maar vir my wat kinders op skool het….wat ons allies af leer vir eksamen en toetse gaan ek nie kla nie. Kom ek stel dit so…….as jy jou kind se gesig sien as hy daar rapport oopmaak en die trane loop….al sy vakke bo 70 maar Afrikaans mis hy met 2 persent….en dan druip hy sy kwartaal dan breuk dit mens se hart. En jou ander kind 60 en op vir al sy vakke maar hy snap net nie Wisk nie….daar druip hy sy kwartaal is nie regverdig nie

Leendert ·

Die wat hier bo teen privaat skole is oor die bekostigbaarheid, daar sal eenvoudig planne gemaak moet word om dit meer bekostigbaar te maak, want as jy vir jou kind omgee, sal jy besef die regering laat jou nie ‘n keuse nie.

Neels Kruger ·

Alles reg, maar hoekom is wiskunde verpligtend of wiskundige geletterdheid? Vroeër kon jy BA in sekere rigtings neem sonder wiskunde. Sommige kinders sukkel met wiskunde maar is briljant met tale. Vra maar net? Nikswerd Neelsie

NS ·

En hoekom nie die punte verlaag nie? Toe ons in die skool was, was die slaagsyfer 33%. Ek dink laergraad vakke sin was laer. Meeste van ons wat nou hier pos se spelling en taak gebruik is heel goed en dit met daai 33% wat ons moes behaal.

Jan ·

SKUUS? Die manne met die dik brille van die onderwys departement praat van ‘n gemiddelde punt.

Skip4 ·

Wat is die nut daarvan om kinders in elk geval skool toe te stuur. Matriek sertifikaat beteken in elk geval “niks” nie, sit nie kos op die tafel nie en genireer nie “geld” nie. As ouers kan die kinders baie beter by die “huis” doen. Sterkte vir julle.

Swartkat ·

In die nuwe Suid Afrika het jy regtig nie wiskunde of enige kwalifikasies nodig om te sien die land is in rommel of gemors status nie . Jy het wel ‘n goeie kwalifikasie nodig in staatskaping en metodes om korrupsie suksevol te pleeg sonder dat jy uitgevang word. ‘n Beroep in die politiek is die beste en veiligste

Standerd 3 ·

Ek met my st. 3 het by die hoogste pos in SA uitgekom en sit nou soos ‘n ding in ‘n wolkombers. So, waaroor die gesanik?
Wees net ‘n struggler in die politiek en jou regte pelle sal sorg dat jy onaantasbaar is.

Boeremeisie ·

Wiskunde is nie die alfa en omega van onderwys nie dit is waar maar mens kan ook nie aanhou en aanhou om die standaarde van onderwys weg te kerf nie. Ok so kinders gaan in gr7 8 en 9 nie wiskunde nodig hê om te promofeer nie. Maar as daai kind dan in gr 10 kom wat dan gemaak. Wat dan van wiskunde geleterdheid sal dit dan ook nie nodig wees nie? On die ou SA kon jy wisk los en bv gesk neem. Ek het nie wisk of fisies gehad nie maar tog varsity toe gegaan em my graad daar met lof geslaag. Wiskunde maak nie die man/vrou nie

Vaalseun ·

PW Botha se Dept van Onderwys en Opleiding het al in die tagtiger jare ál die skoolvakke se kurrikula in ál 9 Afrikatale van Gr 1 tot Gr 12 laat vertaal. Dit is met die samewerking van taalkomitees van die verskillende tale gedoen. Die ANC het die ouers en jeug geïndoktrineer om dit te verwerp. Mbeki se regering het later die vertalings by die organisasie kom soek wat die werk oorspronklik gedoen het, maar omdat die Dept van Onderwys en Opleiding die projek gestaak het vanweë die ANC se weerstand, is dit nie bewaar nie.

paula ·

26 jaar terug was dit ook nie vereiste om wiskunde te slaag in graad 8 en 9 nie.
Slaag syfer was 35% vir ander vakke insluitende taal. Lyk my mense vergeet maar gou.

RIN ·

Ek wonder net wie hierdie besluite neem… Angie Motshegoa? Iemand hoër op? Wat wil die mense bereik? Leerders wat tuis ondersteun word, goeie waardes en respek vir hulself en ander geleer word het gewoonlik geen probleem met deursettingsvermoë nie en slaagpersentasies is dan geen probleem nie.

Wenz ·

Paula ek stem saam jou….hulle moes die slaag syfer gehou het soos hy was nog al die jare. Ons slaag syfer was maar 35 vir al ons vakke…….vir baie van ons….het dit ons enigsins slegte mense gemaak. Nee……..

Susan ·

My broer se seun het hom doodgesukkel tot in Gr 10 met Wiskunde en het geen belang gehad by meeste van die vakke op skool nie. Hy was egter ewig besig om aan engins te werk en goeters reg te maak. In Graad 11 het hy geweier om terug te gaan skool toe. Hy het ‘n werk gekry as leerlinging Auto Tegnikus . Op 21 gekwalifiseer ,en van daar af ‘n behoorlike salaris verdien en geniet elke oomblik in sy werk. Lei seuns op om met hulle hande te werk. Leer hulle ‘n ambag. Vir dié wat verder wil gaan studeer, laat hulle Wiskunde doen. As jy met jou hande kan werk en jy is nie lui nie, sal jou gesin nooit honger ly nie.

w ·

Matriek sal nog dieselfde standaard wees as die ou Std 3 wat no one het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.