OME se Francois en Nykie deel hartseer nuus

Adèle Fouché, Francois Jacobs, Nykie Pretorius en Lila Botha van Saarkie.(Foto: Verskaf)

ʼn Dag nadat paartjies wêreldwyd die liefde gevier het, het Op my Eish! se gunstelingpaartjie die nuus gedeel dat hul paaie nou skei.

Die akteur Francois Jacobs en sy (nou eks-) meisie, Nykie Pretorius, het dié hartseer nuus Donderdag op sosiale media gedeel.

“Ná ʼn ongelooflike avontuur van twee jaar het ons saam besluit dat dit beter is dat ons dinge vir eers apart moet aanpak,” lui die plasing op Instagram. “Ons is opreg lief vir mekaar en sal die vriendskap wat ons in mekaar gevind het, opreg bewaar.”

Luidens die plasing het die kollig baie druk op die verhouding geplaas, en het die twee hulleself ook op ʼn kruispad bevind.

“Ons sal dit opreg waardeer as ons privaatheid vir eers gerespekteer kan word. Ons avontuur is nie klaar nie … Maar vir eers is dit, sien jou later.”

Die twee se liefdesverhaal het kykers se verbeelding aangegryp toe Francois haar uit 12 ander meisies as sy pasmaat in die gewilde werklikheidsreeks Op my Eish! gekies het.

Nie net het Nykie, ʼn Pretorianer, sak en pak by Francois in sy huis in Melville, Johannesburg, ingetrek nie, maar die paartjie is gereeld saam op die verhoog by feeste en ander geleenthede as seremoniemeesters en aanbieders gesien.

Francois het in Junie verlede jaar aan Maroela Media gesê dit was vir hom liefde met die eerste oogopslag toe hy vir Nykie op die stel van Op my Eish! sien. Die twee was verlede jaar nog besig om ʼn ateljee by hul huis in te rig waar hulle saam inhoud sou vervaardig.

Lees die destydse vollengte-onderhoud met Francois en Nykie hier.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Ag asseblief. Geen probleem gehad met respek vir hul privaatheid toe hulle die publisiteit gemelk het nie? KLUG!!!!!

Delia ·

Snaaksdat mense alles op FB plaas, dan is die druk in die kollig te veel. Dan skei hulle en mense moet asb hulle privaatheid respekteer

Delia ·

Hoekom is die nuus hartseer. Niemand is dood. Hulle het n keuse saam gemaak.

Danie ·

Ek kyk nie na sulke snert nie. Dit is nie hoe n mens jou lewensmaat kry nie. Hulle kan netsowel n klompie dames na n vandisie vat en daar op hulle n bod plaas. Dit is soos perde koop by n vandisie . Jy koop 10 en dan ry jy hulle. Die een wat die beste galop hou jy en wanneer jy nie meer gelukkig is met hom dan gaan koop jy weer 10 ander.

Martie ·

Moet dan nie jou liefdeslewe in die kollig plaas nie. Buitendien julle was net saam lyers, geen beloftes.

Diepoppie ·

Almal wat die program gevolg het het geweet dit gaan nie lank hou nie..

Sobymykoolkop ·

Siestog. Hierdie arme arme bekendes en hul vervelige lewens. Ai man dis hartseer.

Adri ·

Die enigste realiteitsprogram wat die moeite werd was om te volg was Die Brug.

Wakkerslaper ·

Ek kan nie glo dat ons volk ons met sulke on-Christelike, platvloerse twak ophou nie. Is daar nie BAIE meer belangriker dinge waaraan ons moet aandag gee nie?

J. J. ·

En wat het dit op nasionale nuus te doen? Het verslaggewers nie beter werk om te doen nie?

Bolandse Nooi ·

Dit is nou ‘n “common” reeks. Duidelik het die “manne” wat aan die reeks deelneem, geen respek vir vroue nie, want dit vry met ieder en elkeen (slaap dalk agter die kameras nog saam ook met al wat rok dra?). Ek het ‘n paar episodes van reeks 1 & 2 gekyk en gee reeks 3 met Brendan Peyper ‘n totale mis. Nee, regtig – kykNET is deesdae “soveel meer” met swakker program-inhoud en 1000’e herhalings dag-na-dag.

Leeubekkie ·

Almal wat hier noem dis ‘n klomp snert, weet darem regtig baie van die program af. Ek self dink dis ‘n pot sn.. t, maar kyk daarna. Dis lekker vermaak, ek lag lekker, want ek hou van lag en kan nie wag dat almal hul gaai sien nie.

AH ·

Dis ‘n onnatuurlike proses om liefde te vind. Om so in die openbare oog te wees plaas dan ook druk op die verhouding so dis geen wonder dat dit nie enduit werk nie.

Minnie ·

Ek het hom by n moterwedren se prysuitdeling gesien…..vieslik gesuip, rook tussen hordes mense en soek heeltyd aandag met opspring, skreeu en omring deur n spul dronk halfnaakte meisies.
Al my respek vir hom verloor. Hy is n grillige man….jig !!

Flip ·

Ja ek stem saam… Dis net sensasie soekery
Jy kry nie n kewensmaat so nie… Maar dit sê ook nie Baie van die Dames wat vir so n program in skryf….. Dis n Hi look at me!!
Regtig… Maar nou ja dis net my opinie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.