Omgewingsake ontken skuld aan Highveld Steel

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van omgewingsake het Sondag bewerings ontken dat hy die moontlike verkope van Evraz Highveld Steel en Vanadium gekelder het en sodoende veroorsaak het dat die maatskappy sy deure moes sluit.

Die departement het in ʼn verklaring gesê hy was die afgelope paar jaar baie redelik in sy samewerking met Highveld Steel om seker te maak dat die maatskappy voldoen aan omgewingsakewetgewing en die nodige permitte het.

Volgens die departement word hy nie direk blameer dat die transaksie skeefgeloop het nie, maar sakereddingspraktisyns het aangedui dat omgewingskwessies moontlik daartoe gelei het dat die transaksie nie beklink is nie.

Die departement het sedert 2007 inspeksies gedoen by die fasiliteit in Mpumalanga en verskeie kennisgewings uitgereik om Highveld Steel te verplig om stappe te doen om die voortslepende oortredings, wat die omgewing en menslike gesondheid geraak het, aan te spreek. “Nie een van hierdie kennisgewings het die fasiliteit gedwing om sy deure te sluit nie, aangesien dit altyd belangrik is om die omgewing-, maatskaplike- en ekonomiese kwessies te balanseer.”

Die departement het dit ook benadruk dat geen boetes vir die maatskappy uitgereik is nie. Die kriminele vervolging vir oortredings wat met omgewingskwessies verband hou, het nog nie begin nie.

Highveld Steel het onlangs bevestig dat die transaksie met die Chinese International Resources Limited deur die mat geval het.

Lees alle vorige berigte oor Highveld Steel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

DPJ ·

Regim. Wil nie help met ‘ n redings boei nie. Net soos met die droogte getuisterde boere nie.
Dit kom in ‘n slegte tyd van die ekonomie waar kos pryse geweldag gaan styg.

Johann ·

Ek wonder hoe lank dit gaan neem vir die Guptas en Zumas om die werke te koop…natuurlik teen ‘n lekker winskoop?

david ras ·

Presies dieselfde vraag wat ek nou net wou vra Johann !

Topster ·

Ja net soos met myne wat hulle gekoop het teen n lekker winskopie en moenie RBCT vergeet die arme werkers van Higveld is maar net die begin van ons elende in hierdie korrupte land en dit gaan nie stop nie

MM ·

Ons liewe staatsdiens is die rede hoekom al die groot maatskapye moet sluit, want dan kan hulle dit aan hulle kaders teen ‘n appel en ‘n uit verkoop. Zuma werk met ‘n pla. So teen die tyd wat hy uit geskop word het al sy kaders ‘n aandeel in alles.

MB ·

ons gebede gaan na al die gesinne wat nou geen inkomste het nie. ons moet elke dag dankbaar wees vir dit wat ons het en elke dag vir God dankie se. ons dink aan jul almal.

charmaine ·

Die Lily-Myn groep het binne dae duisende rande aand die families uitbetaal wie se mense vasgekeer is. Was dit nodig? Hier het duisende hulle werk verloor en niks is nog aan hulle of hulle families betaal nie? Weereens kleur?

pieter ·

MY VORIGE SKRYWE BY U BERIG VF WIL INGRYP BEAAM WAT IN DIE BERIG STAAN,.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.