Omikron skep nuwe vrese oor pandemie-geteisterde wêreldekonomie

Die bevestiging van Omikron het reeds tot talle reisbeperkings wêreldwyd gelei. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Net toe die wêreldekonomie stadigaan weer begin kop optel ná die uitbreking van die Covid-19-pandemie, het die Omikron-variant nuwe ekonomiese houe uitgedeel en reeds gelei tot ʼn rits reisbeperkings wêreldwyd.

Nadat Suid-Afrika die variant ʼn week gelede die eerste keer by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aangemeld het, het die nuwe variant reeds wyd versprei en word dit nou oral, van Afrika en Asië tot Europa en Kanada, aangemeld – en tientalle lande het reeds reisbeperkings ingestel in ʼn poging om die verspreiding te stuit.

Die omvang van die ekonomiese uitwerking sal afhang van hoe gevaarlik die variant uiteindelik is, en hoe goed bestaande entstof dit teenwerk.

Dit beteken ekonome pas selfs in die gunstigste omstandighede reeds hul voorspellings vir volgende jaar afwaarts aan. Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), wat groei van 4,9% oor die volgende jaar verwag, hou nou al maande lank vol dat die koronavirus en sy variante die grootste bedreiging inhou.

Die ekonomiese uitwerking kan meer matig wees – naastenby 0,25% van wêreldwye groei in 2022 – maar net as Omikron betreklik matige simptome veroorsaak en die entstowwe doeltreffend is, sê Gregory Daco, hoofekonoom van Oxford Economics.

In die ergste omstandighede – as Omikron geweldig gevaarlik is en groot dele van die wêreld word weer in afsondering geplaas – kan groei in 2022 tot 2,3% terugsak van die 4,5% wat aanvanklik voorspel is.

Regerings kan dalk ook huiweriger wees om verdere hulppakkette beskikbaar te stel, veral as entstowwe beskikbaar is, sê Daco.

Benewens die maatreëls wat regerings kan instel om die verspreiding van die nuwe variant te stuit, kan ʼn vrees vir infeksie ook beteken dat mense self hul reise en ekonomiese bedrywighede beperk. Hulle kan byvoorbeeld minder restaurante besoek of verbruik verminder, wat weer ʼn uitwerking op groei gaan hê.

Nog ʼn gevaar is die verskaffingswaardeketting. Heelwat lugvrag word op passasiersvliegtuie vervoer.

“Indien daar kansellasies is, is daar ʼn klein vraag na kommersiële vlugte vir passasiers en handel op daardie roete kan beperk word,” sê Erik Lundh, ʼn ekonoom by The Conference Board.

In so ʼn geval kan inflasiedruk toeneem omdat sekere produkte al hoe skaarser word.

ʼn Vlaag Omikron-gevalle kan ook beteken sommige werkers kan tydelik nie aanmeld nie en ander kan afgeskrik word om aan te meld vir diens, wat huidige arbeidstekorte kan vererger.

Omikron het tot dusver meer angstigheid veroorsaak as enige ander variant sedert die ontdekking van Delta wat reeds gevaarliker as vorige variante was.

Amerikaanse pres. Joe Biden het Maandag egter gesê daar is “geen rede tot paniek” nie, selfs al het die VSA sy grense toegemaak vir reisigers uit Suidelike Afrika.

Die entstofvervaardigers AstraZeneca, Pfizer/BioNTech, Moderna en Novavax het intussen hul vertroue in die entstof se vermoë om die variant teen te werk, uitgespreek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Andre ·

As al die “sieners” wêreldwyd tog net eers wil bymekaarkom en alles dieselfde sien.

Francois Le Cochon ·

Andre, die “sieners”, Accuweather en Yr het eergister al voorspel dat dit vanoggend 6 uur by my gaan reen, en dit het.

Pietertjie ·

As hulle almal dieselfde gaan sien hoef hulle nie bymekaar te kom nie.

Nici ·

Volgens dr Nick Coatsworth, voormalige federale chief health care officer in Australia, sal dit goed wees as Omnikron versprei, indien dit wel net ligte simptome teweegbring.
Ons weet reeds dat inentings die individu help tot ‘n mate maar nie verspreiding of infeksie keer nie. Natuurlike immuniteit is superior en hopelik is dit wat hierdie mutasie sal teweegbring.

Elize ·

As dit goed is as dit versprei, hoekom het hulle hulle grense gesluit?

VaalDonkie ·

Fransman, as jy ‘n ligte COVID gehad het, dan het jy beter immuniteit as wat ‘n prikkie geskoei op die Alfa-variant jou gaan gee.

Luister ·

Valie, as jy Alfa variant Covid gehad het, het jy maar net so min immuniteit op ander variante.

Dewald ·

Ons kan ongelukkig nie sulke veralgemenings maak nie. Sommige mense sal ‘n sterk natuurlike immuun reaksie kry en goeie immuniteit teen die virus he, waar ander dalk beter sal vaar met ‘n entstof. Daar is heelwat literatuur in die wetenskap beskikbaar om dit te beaam, sommige studies vind die entstof meer doeltreffend, ander vind natuurlike immuniteit meer doeltreffend.

Ek is geneig om saam te stem met die effens kotroversiele kommentaar van Nici, as ‘n lae risiko variant versprei, is dit amper soos inenting, mense word bloodgestel en bou weerstand.

Nie Verbaas ·

Al verskil is dat inenting teen pokke, etc. werk en dit sonder nagevolge.

Dewald ·

Geen enting of medikasie kom sonder risiko nie. Die voordeel/risiko profiel bepaal of ‘n behandeling op die mark sal bly of nie. Ons almal neem medikasie, hetsy dit paracetamol vir kopseer of iets vir depressie, ons aanvaar die risikos van newe-effekte.

Luister ·

En so sal dit wees met al die daaropvolgende mutasies. Hulle sal ons almal (behalwe die wat ongelukkig sterf daarvan) sterker maak tot in … uhm… tot die wêreld vergaan.

Dewald ·

Die liggaam loots ‘n immuun reaksie teen enige partikel (insluitend virusse) wat dit as onbekend beskou. As jy aan Covid bloodgestel word, gebeur dieselfde, jou liggaam erken dit is onbekend, en val dit aan. Hoe sterk of goed hierdie reaksie is, hang af van persoon tot persoon. Faktore soos ouderdom (baie jonk of baie oud) kan hier ‘n rol speel.

Sodra jou liggaam bloodgestel is aan ‘n virus, en het reeds ‘n reaksie ontlok, sirkuleer daar “geheue selle” in jou liggaam, wat gereed staan indien jy weer bloodgestel word. Hierdie “sekondere” reaksie van die liggaam op ‘n tweede blootstelling is baie vinniger en meer effektief, aangesien die liggaam dit vinniger herken (“memory cells”). Hierdie beginsel is hoe entstof werk, dit berei jou immuun stelsel voor om ‘n sterk sekondere reaksie te ontlok sou jy die virus onder lede kry. Dieselfde beginsel geld vir natuurlike infeksie. Jy liggaam bou “geheue”

Die kommentaar dat die liggaam die virus nie kan identifiseer nie, is nie korrek nie.

Treurwilger ·

Suurstoftekort a.g.v. maskers het klaarblyklik ‘n beduidende invloed op angs-en paniekvlakke, veral dié van politici.
Stem saam met die persoon wat lank gelede gesê het, “Hou stil Aarde, ek wil afklim”!

Luister ·

As jy wil kan jy van ‘n inenting praat. Maar party mense hou van engelse woorde.

Lourens CFG ·

Wel, dit is nie ‘n “vaccine” óf inenting nie, dit is ‘n Mrna inspuiting.

Dewald ·

Die meganisme is dalk anders, maar dit bly steeds ‘n entstof – ten doel om die liggaam voor te berei op ‘n bloodstelling aan die virus.

Hierdie tegnologie is hoegenaamd nie nuut nie.

Toe organe vir die eerste keer oorgeplant was, was die wereld in rep en roer oor die praktyk. Kyk waar is ons nou? Bitter min mense het ‘n probleem daarmee.

Dieselfde met behandelings wat deur ‘n ander megnisme werk.

Ons moet ophou om die dam onder die eend se *** uit te ruk.

Irma ·

Hoekom moet ‘mense nog steeds ‘n masker dra nadat die “entstof” toegedien is. Ek weet van geen ander entstof waar die dra van ‘n masker nog steeds vereis word.

Alleen Wolf ·

Entstowwe voorkom siektes, hierdie is medikasie teen die virus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.