Omikron: WGO kap ‘inentingapatie’; eerste geval in VSA

Tedros Adhanom Ghebreyesus (Foto: Christopher Black/WGO/ AFP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ʼn streng waarskuwing gerig oor die gevare van inentingapatie terwyl die Europese Unie dit oorweeg om inentings verpligtend te maak te midde van die verspreiding van die nuwe Omikron-variant.

Die nuwe variant is ʼn week gelede vir die eerste keer deur Suid-Afrika aan die WGO gerapporteer. “Wêreldwyd het ons ʼn giftige mengsel van lae entstofdekking en baie lae toetsing – ʼn resep vir die teel en versterking van variante,” sê Tedros Adhanom Ghebreyesus, WGO-hoof.

Volgens die WGO kan dit ʼn paar weke neem om te bepaal of Omikron meer oordraagbaar is of nie, en of dit meer ernstige siektes tot gevolg het, asook hoe effektief huidige behandelings en entstowwe teen die variant is.

Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, het intussen gesê dit is “verstaanbaar en gepas” om te bespreek hoe om “verpligte inenting aan te moedig en moontlik daaroor te dink” hoewel slegs individuele lidlande entstofmandate kan oplê.

Oostenryk het reeds gesê dat hy van Februarie af Covid-19-inentings verpligtend sal maak, terwyl Duitsland ʼn soortgelyke benadering oorweeg. Griekeland het Dinsdag gesê dat hy entstowwe vir mense ouer as 60 verpligtend sal maak.

Die Europese sentrum vir siektebeheer en -voorkoming het intussen aanbeveel dat kinders tussen die ouderdomme van vyf en 11 wat die risiko loop van ernstige Covid-19 as ʼn “prioriteitsgroep” vir die inenting beskou moet word.

(Foto: Lionel BONAVENTURE/AFP)

Die VSA het aangekondig dat hy sy eerste Omikron-geval geïdentifiseer het. Die persoon, wat besig is om van ligte simptome te herstel, is ten volle ingeënt en het onlangs van Suid-Afrika terug na die VSA gereis.

Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate het ook hul eerste gevalle van Omikron aangeteken.

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) het gewaarsku dat Omikron die wêreld se finansiële herstel bedreig en het groeiskattings vir 2021 van 5,7% tot 5,6% verlaag.

OECD het gesê die herstel het “momentum verloor en word al hoe meer ongebalanseerd” en sal ‘onseker” bly totdat entstowwe wêreldwyd versprei is.

Omikron het tot gevolg gehad dat regerings regoor die wêreld weer reisbeperkings ingestel het, meestal op lande in Suidelike Afrika.

Guterres Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het sy stem gevoeg by die groeiende koor van kritiek teen dié tipe reisverbod en gesê en dit is uiters onregverdig, ondoeltreffend en ʼn straf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

anniekiewiet ·

Kan MM dit opvolg en gereeld vir ons deurgee? Mens kan min ander media in ons land vertrou.

Frank ·

Ongelukkig het die WGO al sy integriteit die afgelope jaar verloor

Wakkerslaper ·

Hi Jacob, het jy dalk ‘n verwysing vir die WGO verslag? Ek sal dit graag wil lees.

Jacob ·

Wakkerslaper, kyk gerus ook na die All Cause Mortality en die bevinding in Israel waar steftes onder inge-entes, sterftes onder onge-entes oorskadu.

Jacob ·

vigiaccess, klik op blokkie onder aan bladsy, tik in soekblokkie covid-19 vaccine, en jy sal dit kry onder ADRs

Renier johannes ·

Klomp lieg stories om ons te onder druk gaan nie werk nie

annie ·

Gelukkig kan ons darem vlieg… Niemand weet of die huidige entstof gaan werk vir die totaal nuwe variant nie, maar die wêreld het voorraad vir Afrika en dit moet opgebruik word al groei skimmel op die moeti..? Antonio tree selfs in die bresse vir Cyril wat nou wil rondvlieg bo in Afrika en sê Cyril mag vlieg want anders is menseregte-skendings op die kaarte en wie wil nou een-beentjie-kniel speel wanneer ‘n nuwe ‘ou’ virus dreig. Omikron. Wat ‘n vreemde naam.

Hendrik ·

Omikron is die Griekse simbool vir O. Soos Alpha, Beta ens.

Geregtigheid ·

LYK MY DAT GE-ENTE MENSE WAT NOU ALLEEN MAG REIS DIE VIRUS VERPREI.

Perdeby ·

Wel dat ons wat wel ingeent is dit gaan kry is baie groot. Weet van iemand wat gisteraand in ICU is, en tenvolle ingeent is en gister postieg getoets is vir Covid, so ek glo nie dit werk so 100% nie.

Theo ·

So iemand wat ten volle inge-ent is het die virus versprei… hahaha

Nici ·

Klugspul. Hul wil net Pfizer ryk maak deur useless inentings op almal af te dwing.

kaplyn ·

Nici, Pfizer is `n pharmaceutiese maatskappy en hulle is klaar ryk. Julle anti vax mense moet gaan kyk hoeveel Pfizer medisyne koop julle daagliks oor die toonbank. So julle dra almal by tot Pfizer se rykdom, julle weet dit net nie.

Spook ·

Ek lees die simptome van die “nuwe” weergawe, en dit lyk vir my na ‘n goeie ou somersverkoue.

Wonder ·

So ook moet mens – toets voor jy mag vlieg maar as mens anderkant land is mens + ek verstaan nie die sommetjie mooi nie…

Hendrik ·

Dis eenvoudig – jy kan nou geinfekteer wees, maar jy word eers oor ‘n paar dae siek.

DieKriek ·

Nou dink ek so by myselwers, ons is nooit getoets vir verkoue nie want dis mos net verkoue. So hoe weet ons die gewone verkoues was nie áltyd Omikron nie?

Spook ·

Stem saam met jou. Ons kon die hele tyd oor die afgelope miljoene jare ‘n dodelike virus onderlede gehad het.

Nici ·

Ja ons het nooit hierdie drakoniese maatreels gehad vir siektes vantevore nie. Die skade wat regerings uitrig is veel erger as die siekte waarvan hul ons probeer beskerm.

Agie@toeka ·

Wys jou net dat n vaksienne vir n ou variant nie die werk behoorlik genoeg doen nie, jy is nog steeds maar in gevaar.

Hendrik ·

Geen entstof werk 100% nie. Maar ja, dit lyk of Omikron meer bestand is as bv Delta. Die entstof gee egter steeds meer beskerming as om totaal ongeënt te wees.

SlinkseKoljander ·

Hoeveel inentings moet mens dan nou vat in jou leeftyd vir `n verkoue?
Ek het my 2 gevat, ek sal vir nou maar eers n bietjie wag vir nog inspuitings.

Hendrik ·

Gaan seker soos ‘n griepinspuiting wees – jaarliks hersien.

Papsak ·

Ja ek stem die mense wat ent gevat het hulle dra hierdie virus nou kwaai rond en steek ander vinnig aan maar ja asb stop julle stories want julle jaag almal se senuwees op

Barend ·

Wel, die entstof het toe nie vir die klomp op daai Nederlandse vlug gewerk nie.

Hendrik ·

Daar was 600 mense op daai vlugte. 11 Het + getoets vir Omikron. Dus was die entstof 98% effektief.

Marietjie ·

Gelukkig het ek my jab gekry. Wag net vir die booster. Besef ek kan nog siek word maar sal nie erg wees nie. Wens mense wil luister en hulle spuit. Om covid te kry is nie kinderspeletjies nie. Ek het hom erg gehad. En as ek my elke jaar moet spuit is dit reg.

Dirk Mostert ·

Ek het ‘n video gesien van die betogings in Griekeland. Die polisie moes op die vlug slaan. Bravo Grieke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.