Omkeerstrategie by NSFAS vorder glo goed

LP’s het Woensdag gehoor die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het binne ʼn jaar só verbeter dat hy nou twee keer soveel aansoekers kan hanteer.

Randall Carolissen, administrateur van NSFAS, het statistiek ingedien by die parlementêre komitee oor hoër onderwys wat wys dat NSFAS in 2019 finansiële hulp aan 442 380 studente by universiteite en kolleges verskaf het. Altesaam 546 499 aansoeke is ontvang. In 2018 was die getal aansoekers 267 866.

Hy het gesê danksy die doeltreffendheid van die stelsel, sedert dit onder administrasie geplaas is, is 93% van die aansoeke reeds teen die einde van Januarie gefinaliseer – betyds vir die akademiese registrasieproses. Begunstigdes hoef dus nie self registrasiefooie te betaal nie.

Carolissen het gesê die getal aansoekers het ook toegeneem danksy ʼn omvattende sosialemediaveldtog, ʼn eenvoudiger aanlyn aansoekproses, en stabilisering van die tegniese platforms vir NSFAS.

Hy het aan LP’s gesê een van die eerste probleme wat die administrateurs moes regstel ná die skema in Augustus 2018 onder administrasie geplaas is, wat ʼn ernstige tekort aan tegniese kenners, met te veel uitvoerende lede met groot salarisse.

NSFAS is deur die voormalige minister van hoër onderwys, Naledi Pandor, onder administrasie geplaas ná sy versuim om beurse uit te betaal aan nagenoeg die helfte van goedgekeurde begunstigdes tot studentebetogings gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Is die oorbetaalde onderwerkte administrateurs toe verminder en meer tegniese kundige aangestel, of is daar bloot meer geld in die stelsel ingepomp???

De Villiers ·

Het iemand al die moeite gedoen om vir al hierdie studente wat beurse in die vorm van NSFAS kry, te sê watse absolute voorreg hulle het. In my tyd moes jou punte bo ń sekere vlak wees om daarvoor in aanmerking te kom, en was jy gelukkig as jy ń beurs kon kry. Die bykans 99 % van studente wat nie ń beurs kon kry nie se ouers moes maar hard werk om vir hul kinders se studies te betaal. Vandag se studente dink dis ń gegewe, en as die nie betyds oorbetaal nie, dan ‘tantrem’ hulle met toi-toi’s en steek goed aan die brand en vandaliseer. Ek dink iemand moet dit bietjie aan hulle gaan verduidelik.

John ·

…. en die nuus gisteraand dat groot misdrywe plaasvind en vervolgings dringend nodig is? Dit klink glad nie na goeie nuus nie. Nog ‘n staatsentiteit met groot gate in die goue skottel waardeur die rande reguit af in die bankrekeninge van die duisende slim studente val.

Piet ·

En intussen moet ons middelklas belastingbetalers (wat dus NSFAS befonds) steeds astronomiese bedrae aan studiegeld opdok vir ons eie kinders se studies. Dis “double taxation”. Ek dink mense wat belasting betaal moet ten minste ‘n persentasie van hulle belastingbydrae vir die jaar afslag kry aan studiegeld wat hulle moet betaal.

bambi ·

Net jammer hul koop nie hul boeke nie!! betaal die geld in hul privaatrekenings?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.