Ommeswaai oor transformasie in skoleatletiek

Argieffoto: Pixabay

Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (Sasa) het ʼn ommeswaai gemaak rakende strenger transformasieteikens in skoleatletiek.

Sasa het die transformasieteikens uiteengesit in ʼn omsendbrief wat onlangs aan skoleafrigters gestuur is. Dié omsendbrief is deur Peppi Olevano, die sekretaris-generaal van Sasa, onderteken.

Luidens die omsendbrief behels die nuwe teikens “’n minimum van 40% van voorheen benadeelde gemeenskappe vir alle Sasa-spanne op alle vlakke van kompetisie, met spesifieke klem op meisie-atlete”.

SASA het egter in ʼn omsendbrief wat gister uitgestuur is, kennis gegee dat hy die vorige omsendbrief terugtrek en gesê dat hy in die toekoms sy keuringskriteria met dié van Atletiek Suid-Afrika sal belyn.

AfriForum Jeug het die aankondiging verwelkom. Dit volg nadat die organisasie vroeër die maand sy regspan opdrag gegee het om ’n brief aan Sasa te rig waarin die kwessie van strenger transformasieteikens sterk veroordeel word.

Henk Maree. Foto: AfriForum

“AfriForum Jeug sal die finale aankondiging van die atletiekspanne egter streng dophou om seker te maak dat Sasa inderdaad die daad by die woord voeg. Die aankondiging is ’n oorwinning vir atlete, wat eintlik veronderstel is om op meriete aan sport deel te neem en geleenthede te ontvang, en nie op grond van hul ras nie,” het Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug, gesê.

Die teikens wat Sasa in die vorige omsendbrief uiteengesit het, het onder meer behels dat op hoërskoolvlak ʼn maksimum van drie atlete op meriete gekies mag word en dat minstens een atleet per item uit ʼn voorheen benadeelde gemeenskap moet kom. Indien twee of drie atlete aan ʼn item deelneem, moet een van hulle uit ʼn gemeenskap kom wat voorheen benadeel is.

Op laerskoolvlak kan ʼn maksimum van twee atlete op meriete gekies word, terwyl die derde atleet van ʼn voorheen benadeelde gemeenskap moet wees.

Maree het vroeër gesê hulle is vas oortuig dat die voorheen benadeeldes – na wie Sasa se brief verwys het – gebruik gaan word om atlete wat op meriete die span sou haal, op grond van ras uit te sluit. “Ons kan nie toelaat dat kinders aan rassediskriminasie blootgestel word nie,” het hy gesê.

Talle mense het ook ontstoke op sosiale media oor die transformasieteikens gereageer.

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hannetjie ·

Dit is van al die transformasie en nog meer sulke twak dat die land die afgrond in getransformeer is.Kyk hoe lyk Eskom!…SARS!. die Spoorwee.Ag nee wat…

hendrik ·

Maar al daai “benadeeldes” is dan so vet. Geskik vir gewigstoot ja.

Pieter ·

Kies net die swakste benadeelde en laat hulle elke keer laaste kom.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit lyk nie of hulle mooi verstaan nie…..’n 100m atleet se prestasie by die wegspring kan die verskil tussen wen, 2de of 3de plek beteken by die eindstreep. Nou sit jy met ‘n atleet wat op die dag nie ‘n goeie wegspring het nie, en 3de kom……..maar tog die potensiaal het om die 100m te wen. Omdat hy op ‘n gegewe dag nie ‘n goeie wegspring gehad het nie…..en bv 3de ge-eindig het, moet hy nou plek maak vir ‘n persoon wat 7de gekom het in dieselfde item….MAAR gekies word omdat hy of sy swart is. En wat gebeur? Die presterende atleet wat die hele jaar lank hard gewerk het? Jip….hy of sy verander in die rassis!!! Ek ervaar dit al hoe meer…………ek prober om nie rassisties te wees nie, en die regering se aksies en uitsprake maak my al meer een……en beskuldig my dan van rassisme?

JohanL ·

Gemaskerde Sopbeen – nou praat jy darem van sport detail wat sekere mense (aka politici) nie ‘n idee oor het nie. Dit is hoekom sport en politiek nooit moet meng nie. En ja, ek raak ook al hoe meer rassisties agv die huidige regering.

honourable member ·

Die benadeeldes sal moet begin werk om iewers in sport of in die lewe te kom alles kan nie altyd vir hulle gegee word oor kwotas nie. Dit maak die wat werk vir alles baie kwaad…

B ·

Eintlik jammer die kwota deelnemers het nie in die gaan hof verloor, dit sou ‘n goeie regsverwysing gewees het vir toekomstige gevalle.

In elk geval, baie geluk! Tyd dat ons ons rug reguit maak, genoeg agteroor gebuig.

jaco ·

hoe help afriforum se bedinging vir minder raskwotas in sport die aanspreek van meer dringende kwessies?
kwessies soos:
regstellende aksie in die werkplek
BEE
plaasaanvalle
plaasmoorde
raskwotas in sport benadeel n paar skoolkinders. dit neem nie tienduisende wit mense se kos van die tafel af weg NET omdat hulle wit is nie. Dit beveilig ook nie duisende wit boere se plase nie.
Oppas maar vir die sport-afgod: SA se groter en normale deelname aan internasionale sport was ‘n lekker wortel wat voor kiesers se neuse gehou is met daardie wit referendum van 1992, waarin kiesers moes ja of nee stem; vir of teen “oorgawe” aan die ANC. Die ja stem het toe gewen en ons het ons internasionale sport gekry, maar teen watter prys? vandag sit ons met grootskaalse wit werkloosheid, wrede plaasaanvalle en plaasmoorde, ens. ens.

B ·

Want daar is nie ‘n regsaanspraak (wetlik) teen BEE nie, anders sou dit al in die hof gewees het. Die ANC het ‘n implement gevind om wittes armlastig te (probeer) maak,

Dis waarom dit belangrik is dat die gemeenskap (en org) op alle gebiede self begin teenstand bied.

jakes ·

Hoe lank bly hulle dan “voorheen benadeeldes” as die land dan alreeds 25 jaar “demokraties” is? Sport mededinging is al van toeka se tyd op meriete bepaal en nie op grond van ras nie. Hoekom word daar nie gehamer op transformasie tov vliegtuigloodse sodat die beroep ook die land se demografie uitbeeld nie?

JohanL ·

Goeie nuus. Dit bewys net om op te staan vir dit wat mens glo, die regte ding is. Ja, ons is nog nie by die perfekte toestand in sport nie, maar as ons blankes stilgebly het, was daar nie die ommeswaai nie. Daarom dat ek reken ons blankes moet aanhou om op te staan op ‘n beskaafde wyse en teen die euwel van kwotas te baklei. Partykeer gaan ons wen ander kere nie.

Hanna Hoekom ·

Meriete is blykbaar n Westerse konsep… Wonder of die swemspanne ook gaan moet transformeer? Sal dit graag wou sien.

JohanL ·

LOL – ja ek dink ek het nog ‘n stel swemvlerkies wat ‘n benadeelde kan leen !

Gert ·

Ek beaam, hierdie onregverdigheid is weereens gestop deur Afriforum. Baie geluk!

Das ·

Ag asb word wakker!! Die spanne is klaar saam gestel vir die provinsies wat SA’s toe gaan met kwota atlete in en al!!! Afriforum het niks nog bereik……..SASA sal nou se hulle trek dit terug. Die laerskole se SA’s is 14-16 Maart 2019 en hoërskole 20-23 Maart 2019 dink julle vir een oomblik daai atlete daag net op…….daar moet plek bespreek word in gaste huise en vervoer of vlugte na byeenkoms!! Hulle gaan nie nou eers spanne saamstel nie dis klaar gedoen!! Word waker julle koffie is klaar koud!

HOBBO ·

Hierdie treurmare van kwotas het ook n voordeel. Atlete wat hard werk en talent het sal bo uitkom met volharding en geduld. Kyk na Kevin Anderson en al die rugby seuns. Atlete word nie reg bestuur in SA nie. Hulle almal vaar beter in die buiteland. Dit sal binnekort nie meer saak maak wie presteer en wie. Die bestuur van hierdie atleet is die probleem en nie die atleet nie.

pieter ·

HOEKOM KRYP MY WIT VOLK,HOU OP OM DEEL TE NEEM.LAAT JOU KIND LIEWER LEER EN PRESTEER.

Rooibok ·

Sasa gaan hierdie jaar by Argus seker maak dat 1 uit elke 3 mense onder die top 10 vorige benadeeldes is ….. 3 wit mense dan stop hulle die mense dat daar eers ‘n swart person klaar maak …….. wonder wat die wereld gaan se as hulle dit doen.

J ·

Dis HULLE LAND laat hulle doen net wat HULLE daarmee wil. Ons wittes mors ons tyd en energie. HULLE gaan my en jou huis ook nog kom vat soos die plase.

Jepetto ·

Dit wil my vookom of die 1994 verkiesing uintlik a vorm van vonnis opleging was teen blankes ons en ons kinders en klein kinders gaan nog jare gestraf word OF het ons blind geraak

Das ·

Ag dis die grootste snert….nou n ommekeer asb!!! Agri Forum word wakker!!!! SASA het kla in hulle doel geslaag!! Die spanne vir die provinsies is klaar bekend gemaak en met kwota atlete in. Laerskool SA’s is 14-16Maart 2019 en Hoërskool 20-23 Maart 2019! Dink julle regtig al daai atlete regoor SA daag net op by SA’s………nee daar moet plek bespreuk word….vlug kaartjies veral die wat van ver af moet reis…… Word wakker julle koffie is klaar koud!!

LHS ·

Niks is nog nerens gewen of gestop nie. Miskien vir die oomblik ja, al wat SASA gesê het is dat hulle in die toekoms dieselfde beleid as die moederliggaam nl. ASA sal volg rondom kwotas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.