Ommeswaai oor transformasie in skoleatletiek

Argieffoto: Pixabay

Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (Sasa) het ʼn ommeswaai gemaak rakende strenger transformasieteikens in skoleatletiek.

Sasa het die transformasieteikens uiteengesit in ʼn omsendbrief wat onlangs aan skoleafrigters gestuur is. Dié omsendbrief is deur Peppi Olevano, die sekretaris-generaal van Sasa, onderteken.

Luidens die omsendbrief behels die nuwe teikens “’n minimum van 40% van voorheen benadeelde gemeenskappe vir alle Sasa-spanne op alle vlakke van kompetisie, met spesifieke klem op meisie-atlete”.

SASA het egter in ʼn omsendbrief wat gister uitgestuur is, kennis gegee dat hy die vorige omsendbrief terugtrek en gesê dat hy in die toekoms sy keuringskriteria met dié van Atletiek Suid-Afrika sal belyn.

AfriForum Jeug het die aankondiging verwelkom. Dit volg nadat die organisasie vroeër die maand sy regspan opdrag gegee het om ’n brief aan Sasa te rig waarin die kwessie van strenger transformasieteikens sterk veroordeel word.

Henk Maree. Foto: AfriForum

“AfriForum Jeug sal die finale aankondiging van die atletiekspanne egter streng dophou om seker te maak dat Sasa inderdaad die daad by die woord voeg. Die aankondiging is ’n oorwinning vir atlete, wat eintlik veronderstel is om op meriete aan sport deel te neem en geleenthede te ontvang, en nie op grond van hul ras nie,” het Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug, gesê.

Die teikens wat Sasa in die vorige omsendbrief uiteengesit het, het onder meer behels dat op hoërskoolvlak ʼn maksimum van drie atlete op meriete gekies mag word en dat minstens een atleet per item uit ʼn voorheen benadeelde gemeenskap moet kom. Indien twee of drie atlete aan ʼn item deelneem, moet een van hulle uit ʼn gemeenskap kom wat voorheen benadeel is.

Op laerskoolvlak kan ʼn maksimum van twee atlete op meriete gekies word, terwyl die derde atleet van ʼn voorheen benadeelde gemeenskap moet wees.

Maree het vroeër gesê hulle is vas oortuig dat die voorheen benadeeldes – na wie Sasa se brief verwys het – gebruik gaan word om atlete wat op meriete die span sou haal, op grond van ras uit te sluit. “Ons kan nie toelaat dat kinders aan rassediskriminasie blootgestel word nie,” het hy gesê.

Talle mense het ook ontstoke op sosiale media oor die transformasieteikens gereageer.

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hannetjie

Dit is van al die transformasie en nog meer sulke twak dat die land die afgrond in getransformeer is.Kyk hoe lyk Eskom!…SARS!. die Spoorwee.Ag nee wat…

hendrik

Maar al daai “benadeeldes” is dan so vet. Geskik vir gewigstoot ja.

Pieter

Kies net die swakste benadeelde en laat hulle elke keer laaste kom.

Gemaskerde Sopbeen

Dit lyk nie of hulle mooi verstaan nie…..’n 100m atleet se prestasie by die wegspring kan die verskil tussen wen, 2de of 3de plek beteken by die eindstreep. Nou sit jy met ‘n atleet wat op die dag nie ‘n goeie wegspring het nie, en 3de kom……..maar tog die potensiaal het om die 100m te wen. Omdat hy op ‘n gegewe dag nie ‘n goeie wegspring gehad het nie…..en bv 3de ge-eindig het, moet hy nou plek maak vir ‘n persoon wat 7de gekom het in dieselfde item….MAAR gekies word omdat hy of sy swart is. En wat gebeur? Die… Lees meer »

honourable member

Die benadeeldes sal moet begin werk om iewers in sport of in die lewe te kom alles kan nie altyd vir hulle gegee word oor kwotas nie. Dit maak die wat werk vir alles baie kwaad…