OMO, die waspoeiervervaardiger, het sy kliënte gewaarsku oor ʼn vals foefie wat tans op SMS die ronde doen.
“Kriminele stuur vals SMS-boodskappe aan persone om te sê hulle het geld van OMO gewen,” het OMO in ʼn verklaring gesê. “Neem asseblief kennis dat OMO nooit van jou sal verwag om geld in enige bankrekening te betaal sodat jy ʼn prys kan eis nie. Moet asseblief nie op hierdie boodskappe reageer nie.”
Een van die gebruikers het gesê haar eggenoot het die volgende SMS ontvang: “OMO!!! Jy het R350 000 van OMO-waspoeier gewen. Verwysingsnommer {OMO119SA} skakel die hulplyn 071 011 0598.” Die persoon het glo geskakel en met ene mev. Van Wyk gesels wat gesê het die kompetisie was op e.tv. Die vrou het gesê indien hulle die prysgeld moet inbetaal, kos dit R668.50 en indien hulle dit aflewer, kos dit R950.
Talle gebruikers het op OMO se webwerf bevestig dat hulle soortgelyke SMS’e ontvang het.
OMO het bevestig hy werk saam met owerhede om verder ondersoek in te stel.
rerig wie glo nog sulke gemors !!!!!!!!!!!!
Thea, jy sal nie glo hoeveel hul so vang nie, anders sal hul nie aanhou met die scam nie, mense raak geldgierig, net so met die aanbieding van belaglike hoe rentekoerse op beleggings, as iets te goed is om waar te wees moet die gevaarligte reeds flikker,jy kry groot krokedille in die samelweing.
Ek het oor die afgelope 2 jaar seker al meer as 5 miljoen gewen. Dit het eers begin met Nokia…toe word dit OMO, toe Rica en die laaste een wat ek ontvang het was van Kellogg’s. Die Nokia en OMO boodskappe het ek hordes van gekry.
Maroela Media: “Kriminele stuur vals…” Die Afrikaanse woord vir die Engelse woord “Criminals” is “misdadigers” nie “kriminele” nie. Dit is n anglisisme, en dus nie korrekte en goeie Afrikaans nie. Krimineel (e) is n byvoeglike naamwoord, of n bywoord. Nie n selfstandige naamwoord nie. Eerder “Misdadigers stuur vals…” of “Kriminele persone stuur vals…” Vergelyk die HAT.