Omroeper maak matriekafskeid nóg mooier

Jo-Ann Nel, Martin Bester en Shanté Jacobs by die meisies se matriekafskeid. (Foto: Verskaf)

Martin Bester, omroeper van Jacaranda FM se ontbytprogram, het vroeër die week gesorg dat twee meisies se matriekafskeid vanjaar net ʼn tikkie meer besonders was.

Bester het vir Jo-Ann Nel en haar beste vriendin, Shanté Jacobs, na hulle matriekdans vergesel.

Jo-Ann kon vanjaar na ʼn jare lange stryd teen rumatoïede artritis uiteindelik op die rooi tapyt na haar eie matriekdans loop. Sy het Shanté saam na die geleentheid genooi om haar te bedank dat sy haar rolstoel rondgestoot het en haar deur hul skooljare ondersteun het.

Shanté het Jo-Ann, wat gereeld konstante pyn ervaar het, bygestaan op die skoolterrein en selfs vir haar opgestaan as sy geboelie of deur ander leerders verstoot is. Dit het ongelukkig gereeld gebeur.

Sy het nie haar eie matriekdans in 2020 bygewoon nie omdat sy nie bykomende finansiële druk op haar ouers wou plaas nie.

Jo-Ann het jare lank gedroom oor die rooi tapyt en die geleentheid om die aand om te dans. Sy het besluit om nie ʼn duur rok vir die matriekdans te kies nie, sodat haar ouers vir Shanté kom uithelp met alles wat sy vir die dans sou benodig.

Corriana, Jo-Ann se ma, het alles vir die twee meisies se spesiale aand gereël. Sy het egter net nog een ding gekort; ʼn ware heer om die twee op die rooi tapyt te vergesel.

Bester het sommer gou ingestem om die geleentheid saam met Jo-Ann en Shanté by te woon.

Kyk hier na die foto’s:

Martin Bester van Jacaranda FM se ontbytprogram het Jo-Ann en Shanté se aand bygewoon. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Carina ·

Dankie Martin Bester. Glo hierdie 2 meisies het ‘n wonderlike afskeid gehad.

Misky ·

Pragtig!!! Julle almal so mooi gelyk. Spesiale dankie aan Martin, ware heer

SomeOne ·

pragtig martin vir jou ondesteuning, dit word opreg waardeer

Frank John ·

Ai, cherry op die koek, kinders besef nie hoe seer hulle ander kan maak nie terwyl hulle dink hul grap net .

Yvonne ·

Wonderlik om erens iets mooi raak te lees….dankie vir die deel van die spesiale dag

JM ·

Is só verheug vir Jo-Ann se onthalwe dat sy weer kon loop! Baie sterkte verder.

Hetta ·

Dis nou rérig ñ goedvoel-storie dankie Maroelamedia en al die betrokkenes.

Claudette ·

Pragtig…julle twee girls het Pragtig gelyk…dankie Martin

Geurt ·

Twee pragtige jonge dames en n waarlike heer wat hul bygestaan het. Heerlik om sulke ‘voel lekker’ nuus ook te lees. Uitstekend almal wat betrokke was!

Antoinette ·

Wat ñ pragtige gebaar Martin Bester. Jo-Ann en Shanté julle het pragtig gelyk.
Wonderlike “feel good” berig ♥️

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.