Omroeper se afdanking oor Malema-uitlating verwelkom

Sasha Martinengo. Foto: Hot 91.9FM

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) en die Ahmed Kathrada-stigting het albei die besluit van Hot 91.9FM om die radio-aanbieder, Sasha Martinengo, summier af te dank verwelkom.

Martinengo se afdanking het gekom nadat hy tydens Dinsdagoggend se ontbytprogram gesê het “en mense luister steeds na die aap” met verwysing na Julius Malema, leier van die EFF. Die radiostasie het gesê dié uitlating is strydig met die stasie se gedragskode en sy verbintenis tot Suid-Afrika se nasionaal demokratiese waardes. Martinengo is onmiddellik die trekpas gegee.

Die MRK het in ʼn verklaring gesê hy veroordeel Martinengo se uitlating ten sterkste, veral omdat dit tydens ʼn regstreekse radio-uitsending gemaak is – ʼn platform wat veronderstel is om respek vir gelykheid en waardigheid te bevorder.

“Die kommissie loof die betrokke radiostasie dat daar onmiddellik stappe gedoen is en Martinengo afgedank is. Die MRK het ook kennis geneem van die EFF se voorneme om strafregtelike klagte teen mnr. Martinengo aanhangig te maak rakende sy uitlatings en moedig sulke stappe aan.”

Die verklaring lui verder dat beweerde onkunde oor die kwetsende en skadelike aard van sulke woorde nie as ʼn verskoning kan dien nie. “Woorde soos aap en bobbejaan, veral met verwysing na swart mense, het ʼn lang, ontmenslikende en rassistiese geskiedenis en weens vorige openbare uitlatings van hierdie aard, het die kommissie, die media en ander burgerlike sektore al herhaaldelik die aanstootlike en diskriminerende konnotasies aan hierdie terme verduidelik.”

Neeshan Balton, uitvoerende direkteur van die Ahmed Kathrada-stigting, het die MRK se sentimente beaam dat die radiostasie reg opgetree het deur Martinengo af te dank en ook die EFF aangemoedig om strafregtelike klagte aanhangig te maak.

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Balton het sy teleurstelling uitgespreek oor Martinengo se reaksie op sy afdanking. “Eerder as dat hy sy uitlating terugtrek, onvoorwaardelik om verskoning vra en sy rassisme erken, het Martinengo voortgegaan deur sy gebruik van die woord ‘aap’ te regverdig as skynbaar oukei. Ons was al voorheen hierdeur met betrekking tot ander voorvalle, spesifiek die H&M-saak, waar ons herhaaldelik beklemtoon het hoekom dit rassisties is om ʼn swart persoon met ʼn aap te vergelyk,” het hy gesê.

“Die woord of uitbeelding van ʼn aap met verwysing na ʼn swart persoon is erg aanstootlik. Dit is onaanvaarbaar en onregverdigbaar, ongeag wat jou kritiek mag wees teen die betrokke individu.

“Swart mense is vir honderde jare vergelyk met ape, ʼn aksie wat ten doel het om swart mense van hul menslikheid te stroop en die ‘rasse-meerderwaardigheid’ van wit mense te verskans. Sodra jy iemand van sy of haar menslikheid ontneem, regverdig jy dit dat daar op ʼn onmenswaardige manier teenoor so ʼn persoon opgetree word. Histories het die sistemiese ontmensliking van swart mense gelei tot die ergste tipe gruweldade, waaronder slawerny, kolonialisme en apartheid.”

Balton het gesê mens sou hoop dat voorvalle soos die H&M-opskudding mense sal laat besef hoe aanstootlik dit is om swart mense met ape te vergelyk, maar blykbaar is sekere mense steeds gemaklik daarmee om dié soort uitlatings en vergelykings te maak.

“Afgesien van Martinengo se uitlatings, het die kommentaar wat op sosiale media gelewer is deur gebruikers wat hom ondersteun duidelik ʼn rasse-ondertoon wat mens gewalg en ontsteld laat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Ek ervaar die woord BOER in presies dieselfde lig maar dit is nie kwetsend nie omdat ñ mens so besluit het en my gevoelens word 100% geignoreer BOER is verseker ñ rassistiese uitlating

Boer ·

Johannes, moenie probeer om soos hulle te wees nie, die swakkeling laat hom onderkry met woorde. Ons behoort trots te wees om Boere genoem te word. “My words will either attract a strong mind or offend a weak one”

honourable member ·

Almal moet dan net oor dieselfde kam geskeer word. Die hele wereld is in rep en roer as n witte iets verkeerd se of doen maar hierdie ander nasies kan maak en se net wat hulle wil en daar word niks daaraan gedoen. Hoeveel rassistiese opmerkings word nie teenoor wittes gemaak nie en jy hoor nie dat daardie mense ooit afgedank word nie. Dit word in teendeel onder die mat ingevee en jy hoor nooit weer iets daarvan nie.

Martina ·

Maar Malema mag aanhits en se die witmense moet dood gemaak word. En hy kom weg daarmee. Duidelik staan wittes nie meer saam nie.

honourable member ·

Stem saam jou Johannes. Ons word altyd as “boertjies” uitgemaak. Ek verag dit want ek sien dit ook as n rassistiese opmerking maar in hierdie siek land is iets net rassisties as n witte dit gese of gedoen het.

wolla ·

Baie Afrikaners (veral die regses) is trots om Boere genoem te word.

Poot ·

NEE Honourable member
Ek is ‘n boer al is ek nie ‘n “boer” nie. Noem my dit met die intensie om my te na te kom en ek lag vir jiou in jou gesig. Als gaan oor keuses.

Martins ·

Ek is wat ek is, noem my asseblief boer ,ek verwag niks anders nie

Boer ·

Jip vir my is dit ‘n eer om ‘n Boer genoem te word. Ek is trots daarop.
Lyk my daar is hordes wat skaam is oor hulle afkoms. Ek is nie. Ek is ‘n Boer.

Casper Labuschagne ·

@Boer, ek stem heelhartig saam. As ander my ‘n boer wil noem, dan is dit ‘n benaming waarmee beide ek en hulle kan identifiseer, alhoewel ek besef dat hulle bedoeling dalk verskil. Maar dit is juis die punt, ek is bereid om uit te styg bo die belediging en my eie betekenis van trots aan die etiket te heg, en sodoende daardie etiket my eie simbool te maak.

Sou ons land inderdaad nie beter gewees het as elke groep bereid was om dieselfde te doen met die etikette wat aan hulle toegesnou word nie?

Standbeeld ·

Ek kan regtig nie verstaan dat mense bedreig voel oor woorde en standbeelde nie.
Aarde! is dit ‘n selfbeeld probleem kwessie??? Ag regtig, as jy die duiwel onder die klip soek sal jy dit daar kry.. Maak nie saak watter kleur jy is nie, moenie dat standbeelde en woorde jou terugsit in die lewe nie.. Bou aan ‘n toekoms die verlede is verby!!

Karolis ·

Boer, is gewoonlik ‘n mens wat ‘n plaas of stuk grond besit, en besig is om een of ander vorm van voedsel te produseer vir diegene, wat na hom/haar verwys as ‘n Boer.
Is iemand wat in ‘n dorp in ‘n kantoor werk, wat nie ‘n plaas besit nie, ook ‘n Boer?

wolla ·

Iemand wat onder andere landbou bedryf is ‘n boer. Boere (met ‘n hoofletter) verwys na ‘n sekere groep mense

Jan Seerot ·

Ag Karolis, ons was Boere genoem van hoeka af. Boertjies in die SAW. Mabunu in Zambië. Maburu in Tanzanië en Kenia. Boers in Mosambiek.

Boer ·

Jy verwar Boer met boer ?
Iemand op n plaas = boer
N volksgenoot wat in die geval in n kantoor werk = Boer
Ons volk het sy ontstaan gehad a.g.v. boere, en n volk ontstaan oor n tydperk, so ons volk het die naam Boerevolk aangeneem. Dink bv. aan die Anglo-Boereoorlog, dit was nie net boere wat geveg het nie, maar alle mans in Vrystaat en Transvaal tussen 16 en 60( as ek reg onthou) waarvan 1000de in dorpe en stede gewoon het.

SELEKTIEF ·

NET SNAAKS DAT DIE MRK EN DIE AHMED KATHRADA STIGTING skitter in hulle afwesigheid waar MALEMA vir ZILLE ‘n MONKEY noem en al die wittes diewe en verkragters en moordenaars noem SOWEL as mense aanhits om WITTES te vermoor .. vreemd dat die twee organisasies so SELEKTIEF te werk gaan met hulle OORDEEL??? Waar was julle toe Tumi ALLE WITMENSE BOELIES EN FIETSDIEWE GENOEM HET?? Julle het GEEN GELOOFWAARDIGHEID nie, julle vervolg NET WITMENSE~

Theresa ·

Absoluut.
En wat het van die majoor geword wat sulke walglike wreedheid aangemoedig het teen white people?
Kan mens op antwoorde aandring??
Boer – jou aanhaling is welkom – het so iets nodig in elke dag se bestaan.

jaco ·

Volgens ‘n ander nuus webwerf het Sasha Martinengo Italiaanse wortels. So hy val in dieselfde klas as die Grieks-Suid-Afrikaanse man wat op ‘n Griekse strand ‘n omstrede video gemaak het en Helen Zille wat weird goed oor kolonialisme gesê het. Sy kan Duitse burgerskap deur albei haar oupas kry. Mense met sulke lekker “agterdeure” moet eerder stilbly. Dis juis hulle lelike uitsprake wat nog sal maak dat ALLE wit Suid-Afrikaners eendag radikaal onderdruk sal word, maar dan sal hulle met die lekker “agterdeure” natuurlik eerste vlug. Ek en 3-4 miljoen wit mense wat egter nooit sulke ondeurdagte goed sê nie, sal sonder ‘n lekker “agterdeur” maar hier moet bly en swaarkry onder strawwe op ons.

Nico ·

Jaco as jy so trots is om EFF of ANC te wees geniet dit. Feit is Malema mask soos hy hy wil mey julle en regstelsel se ondersteuning.

Jerry ·

Dit is nou wat gebeur met mense wat in ontkenning bly van die veranderende realiteite van die tyd waarin ons leef. Net soos wat dit van witmense verwag word om ten alle tye wetsgehoorsaam op te tree, moet hulle ook hulle plek ken in die nuwe demokratiese bestel en versoenend volgens die nuwe gedragskodes optree! Dit moet deur witmense beoefen word ten einde n nuwe lewenswyse te kweek! Apartheid se gedragskodes is taboe, dit kan tog nie so moeilik wees om dit te begryp nie, kan dit? Julius malema se juis dat die witman sy plek moet ken en as die witman nie sy plek ken nie dan sal hy wat julius is die witman verneder totdat die witman sy plek ken! Asseblief my mede Afrikaners, spaar julself verdere vernedering en sorg dat julle julle plek ken in die nuwe samelewing en luister vir julius “the eff is coming for you white boys”, want julle wil in elk geval nie na my luister nie!

Theresa ·

Julius dreig openlik ‘n sekere groep mense.
Wonder of dit ‘n openlike verklaarde optrede gaan wees sodat albei kante dus gereed en paraat gaan wees. Julius moet dan seker besef dit sal nie noodwendig so prettig wees as wat hy dit afmaak nie – of hoe?
Wat sê die MRK oor sy openlike vyandige statement??!!

Casper Labuschagne ·

Dit is juis die menslike intellek en vermoë om te kan redeneer wat ons van die hoër orde primate onderskei, maar as spesifieke individue deur hul eie gedrag en onoordeelkundige uitlatings ‘n duidelike vergelyking toon met primate wat op ‘n laer orde van intellek is, is dit nie geregverdig om daardie waarneming te maak nie?

O, ek het vergeet, ons leef in Orwell se 1984 waar die gedagtepolisie sal toeslaan en hier plaaslik heet daardie gedagtepolisie as die MRK.

Eddi ·

Ek gan aan neem jy voel dan seker dat die jode in die 30’s en 40’s se plekke in die konstrasie kampe was? Aangesien jy so uitdruklik stel dat die meerderheid die morele hoë grond het en nie sondag is aan enige gruweldade aangesien hulle so “Superior” teen die res is. Ekt al voorgeen woorde soos joune gelees en almal het aan die einde onskuld gepleit en gesê hulle het geen invloed op die moord van ‘n nasir gehaad nie. Jy en jou mede denkers is net so skuldig aan die verdeling en haat in ons land soos die eff en anc.

christa ·

so bly ek word “boer” genoem. Ek weet ook boere was nog altyd tevrede met die naam van Boer. Vandat ek onthou word ons boere genoem en het nie talle name al gehad nie. Ek aanvaar ook dat daar mense is wat nie so ver geleer het om die verskil tussen boer en dorpenaar of stedelik kan insien nie. Maar Boer is reg, ek is trots om so genome te word.

Diana ·

Nou doen iets daaraan!!! Julle het ook toegang tot die howe : laat verklaar die woord Boer as haatspraak. Jul het wel een probleem : die onvermoë om tussen julself te besluit of jul boere genoem wil wees of nie…..

Casper Labuschagne ·

@Diana, die verklaring van die woord “boer” as haatspraak sal verseker die onvoorsiene nagevolg hê dat grondhervorming versnel sal word aangesien die professie van diegene wat die grond bewerk ook dan ongeoorloof sal wees.

Kwagga ·

Kyk net oor watse nonsesns stry julle. As julle nie eers oor so iets kan saamstem nie, hoe wil julle n land red? Die probleem met ons Afrikaner nasie is dat die een dink hys slimmer as die ander een….
Moenie vergeet waarop die artikel gemik is nie, nou word die pot heel mis gesit begin julle stry oor sulke snert.

Rooikop ·

Absoluut belaglik om die omroeper af te dank ……………….. PATETIES………..

Gerhard ·

Nog ‘n voorval waar dit net weereens bevestig word dat daar altyd teen blankes en ook ander minderhede gediskrimineer sal word. Die een word afgedank oor hy iemand ‘n aap noem en die ander gaan ongesteurd voort om te sing dat mense vermoor moet word. Dan is daar nog mense wat dink versoening gaan jou iewers kry. Daar is net een oplossing en dit is ‘n Afrikanerstaat. Niks anders nie.

Irene ·

Hoekom jul jul tyd en geld mors om hom teverlekker ignoreer al sy nuus wat hy saai gaan hy maai

Frieda ·

Wanneer word Malema & sy trawante ook aangegee by die Mrk vir hulle uitlatings van “kill the boer ens”. As mens so gevoelig is oor name wat jy genoem word dan is dit dalk waar!!! Hulle kan my aap, dom of wat ook al noem ek weet ek is wit en trots om Afrikaner te wees. Ek weet wie en wat ek is en geen name gaan my anders laat dink of voel. Ons almal gaan onder saam in SA en wie gaan die swaarste kry die wat ryk geword het sonder harde werk en eerlikheid. Kry vir julle

JJ ·

Hierdie omroeper se woorde is natuurlik heeltemal uit verband uit geruk. Hy het uidruklik gese dat as dit enige iemand was wat opgetree het soos wat Malema opgetree het, met ander woorde ‘n wit mens, ‘n bruin mens (enige kleur mens) sou hy ook gese het hy tree op soos ‘n aap. Nou maak hulle dit ALWEER rasisties – SO PATETIES!!!

BAREND ·

ek is trots om n boer genome te word want ek is opreg ,hartwerkend ,God vreesend ,en ek kan sewe geslagte terug gaan in my geskietdenus ,was in die grens oorlog ,en nie skaam oor my vel kleur nie EK IS TROTS BOER EN HIER OM TE BLY

jannie ·

Ek kan nie glo Sasha het hom n “monkey” genoem nie….hy moes van beter geweet het.

GPC ·

Ai die regverdigheid? Wittes moet hul woorde tel terwyl Malema elke denkbare geleentheid die Wit persoon slegsê en wil vermoor. Te danke aan MRK kan die wêreld sien Apartheid word weereens toegepas in SA, dis net omgekeerd.

jakes ·

Jaco en Jerry julle leef in n droomwereld. Word wakker!!! Die MRK se uitsprake is somtyds lagwekkend. Wie is die MRK?

Anoniem ·

En Julius was al hoeveel kere in die hof oor sy rasistiese aanmerking en niks kom daarvan nie. Eish!!!!!

Koos de Meyer. ·

Die hele storie raak belagrik om die minste te sê. Die sogenaamde mrk is net so eenvoudig. Dubbel standaarde. Siek.

Jacques ·

Weet jul wat, lee blikke maak n helse lawaai, wees trots op wat jy is, hetsy n Boer of n boer. Wittes het Afrika beskaaf probeer maak, let wel probeer maak.

ES ·

Ag almal neem deesdae so maklik aanstoot as enigiemand iets kwytraak wat bietjie snaaks klink. Wens party mense wil net bietjie murg in hul pype kry en trots wees daarop om ‘n Boer of ‘n watookal te wees. Op GoT het die karakter Tyrion dit baie mooi gestel: “Let me give you some advice, bastard. Never forget what you are, the rest of the world will not. Wear it like armour and it can never be used to hurt you.”

Francois P Theron ·

Onthou julle nie meer hoe Afrikaanssprekendes in die “ou dae” ‘rockspaaiders, boneheads’ genoem was nie (dalk nou nog) dalk met tong in die kies (of doelbewuste meerderwaardigheid) maar nou ja c’est la vie…Ek noem ons jongste kleinseun nog steeds oupa se Bôggômpie en speels bobbejaan se kind of Bobbe-apie soos sy tannie hom noem. Hoeveel maal sê ons nie onder mekaar “jou blerrie aap of bobbejaan” nie. Ons apartheidsverlede en nalatenskap is egter van so ‘n aard dat dit uiters beledigend en rassisties om so na mense te verwys…Dis gewoon onverskoonbaar…

Riette ·

Die dubbele standaarde in die land walg my! Ek voel, if the shoe fits, please put on both of them, because you will look stupid with just one shoe!

Leon ·

Stem saam Riette. Dis siek mense wat sulke dubbele standaarde handhaaf. Daardie siek mense maak vir ‘n siek gemeenskap.

Marie ·

Die diskoers oor die woorde aap en bobbejaan is so belaglik dat dit lagwekkend is.In elke geval is dit n belediging vir n dier om met baie tipes mense vergelyk te word.Diere is sorgsaam en liefdevol,getrou,slim en vir seker mooier. Ek glo die probleem lê by n swak selfbeeld by baie mense.

Casper Labuschagne ·

Op Sowetan se webblad het ek die volgende gesê oor die oproer oor Marteningo se aanmerking. Ek vermoed egter dat dit sal moeilik vertaalbaar wees, so ek laat dit in Engels:

@Kgonyoh You are welcome to your own opinions, but not your own facts. Fact: Uttering a denigrating phrase towards a racial group of people is racism. Fact: Comparing an individual person to a different species based on your view of that person’s behaviour and utterances is an insult directed at that person, but not racism. Fact: Using a phrase that is widely considered as insulting to a particular racial group and using that same phrase in the context of a de facto colloquial phrase in the English language is an insult, may be hurtful to the target, may be very insensitive, illegal in South Africa and without doubt be a stupid act, but it is not racism directed at a group of people by virtue that the target person is a member of the group offended by the term.

However, in this time and age, the emotions and perceived grievances of the frenzied mob counts everything and facts nothing, so have your own way.

Afrikaans is Groot ·

Boer met ‘n hoofletter gespel is ‘n voornaamwoord en verwys na die Identiteit van ‘n bepaalde bevolkingsgroep. boer met ‘n klein letter gespel is ‘n werkwoord en verwys na ‘n betrokke amp.

Zelda ·

Departement van Onderwys sal dan die leervak (sosiale wetenskap) moet bietjie ondersoek. Vandag leer julle die kinders dat hul van ape afkomstig is, nou wat nou

Adam ·

Wat ‘n sotlike argument. My hele lewe lank word die woord “aap” gebruik om na mense te verwys wat hulle naam krater maak met onnosele optrede. Waar kom die rassistiese verbintenis in die prentjie? Die bohaai oor wat “boer” eintlik beteken is net so belaglik; veral die Boervolk verwysing. As jy enigsins onder die indruk is dat daar in 1652 ‘n Boervolk in die Kaap gearriveer het, het hy waaragtig mediese hulp nodig.

Anita ·

Adoons van die Magaliesberge was ‘n klassieke strokie agterin sekere Afrikaanse tydskrifte. En daar was ‘n hele paar karakters in die strokies wat regtig onvergeetlik is. Agterna is dit in ‘n boekie uitgegee.
Klink asof gedragspolisie daarop sou kon toeslaan en vernietig indien hulle daarvan ‘kennis’ sou dra.

Willem ·

Plaas mens vandag daardie strokies van TO Honiball in ‘n koerant, het jy erge moeilikheid.

waarheid ·

Die strokieprent kan mens nog op die argiewe en internet lees – te dierbaar!!

Cynthia ·

My insiens wyse is die intelligente mense het bewys dat die mens afkomstig is van ‘n aap. Nou waaroor die groot bohaai. En in die gemengde skole was altyd gesê jys ‘n boertjie vir die Afrikaner en ‘n pommie vir die Engelse. Ek is ‘n trotse Skotse Suid Afrikaanse boeren en niks sal my afskrik om ‘n wit boer genoem te word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.