Omroeper verduidelik ná omstrede uitsprake

Tumi Morake. Foto: Facebook

Tumi Morake, mede-aanbieder van die ontbytprogram op Jacaranda FM, het talle luisteraars warm onder die kraag nadat sy Dinsdag in ʼn uitsending wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk het.

Morake se uitsprake het gevolg tydens ʼn gesprek oor ʼn konsert in Nieu-Seeland wat glo gekanselleer is weens Steve Hofmeyr se betrokkenheid. Morake het tydens die gesprek gesê sy raak emosioneel wanneer swart mense by sulke gesprekke betrek word, omdat swart mense jare lank onderdruk is en “deur ʼn spesifieke groep mense geleer is hulle is minder as mense”.

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag ʼn skrywe aan Jacaranda FM gerig om die klankmateriaal te versoek waarin Morake haar omstrede opmerkings gemaak het. Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, het in ʼn verklaring gesê dit is kommerwekkend dat sulke uitsprake deur Jacaranda FM toegelaat kan word. “Dit is ontoelaatbaar dat sulke uitsprake en sienings as hoofstroomdenke genormaliseer word,” het hy gesê.

In die skrywe sê die vakbond hy beplan om ʼn klag teen die radiostasie en Morake by die uitsaaiklagtekommissie aanhangig te maak.

Morake het Woensdag tydens die ontbytprogram haar uitsprake verdedig en gesê dit is ʼn ongemaklike gesprek wat Suid-Afrikaners moet voer. “Wat ek wil weet, is hoekom mense so kwaad is? Ek voel dit is eintlik hoekom ekstremiste wen, want totdat ons daarmee gemaklik raak om die ongemaklike gesprek te voer oor die waarheid van ons verlede en die feit dat ons probeer om vorentoe te beweeg, moet ons onthou hoekom ons steeds hierdie oënskynlike rassegedrewe bakleiery sien gebeur. Wat gister gebeur het, het my laat besef dat mense vergeet jou ervarings is net so belangrik soos myne en my ervarings is so belangrik soos joune. En ons moet hierdie gesprek hê.”

Morake het beskuldigings ontken dat sy gesê het wit mense moet gestraf word en gesê sy het bloot verduidelik wat onderdrukking was en hoekom mense steeds kwaad is oor apartheid.

Sy het bygevoeg sy het in die afgelope twee en ʼn half maande baie kommentaar ontvang – nie oor haar bevoegdheid op die program nie, maar oor “ek wat nie is waar ek hoort nie”. “Kyk soms na jouself en wees eerlik oor hoe dit jou pla dat daar ʼn swart stem is wat opstaan en sy swartheid bevestig. In my ervaring word ek éérs as ʼn swart mens gesien en behandel en dán as ʼn Suid-Afrikaner. As ek dit sê, moet dit nie as ʼn dreigement beskou nie. Om pro-swart te wees, beteken nie ek is vanselfsprekend anti-wit nie.”

Martin Bester en Tumi Morake is die aanbieders van Jacaranda FM se ontbytprogram. Foto: Facebook

Morake het gesê mense kan etikette om haar nek hang en haar haat net soveel hulle wil. “Die mense by Jacaranda FM is nie dom nie. Hulle het my aangestel om ʼn rede en hulle het my nie afgedank nie om ʼn rede. En wanneer ek praat, praat ek ook om ʼn rede. Ek is opgevoed, ek is nie dom nie. Ek praat uit my hart uit. As dit jou so diep seermaak, wees eerlik met jouself vir ʼn oomblik oor hoekom dit jou so kwaad maak.”

Daar is toe vier stemboodskappe van luisteraars uitgesaai wat almal Morake en haar uitsprake ondersteun. Op Jacaranda FM se amptelike Facebook-blad het daar egter talle luisteraars teen haar uitgevaar en onder meer gesê as die uitsprake deur ʼn wit omroeper gemaak is, sou daar stappe teen die omroeper gevolg het. Op ʼn inskrywing oor droogtehulp aan boere in die Noord-Kaap het ʼn gebruiker gevra hoekom Morake dan wit boere wil help. Verskeie gebruikers het gesê dat hulle nie meer Jacaranda FM sal ondersteun nie; ander het ʼn beroep op luisteraars gedoen om die stasie te boikot.

Kevin Fine, Jacaranda FM se algemene bestuurder, het in ʼn kort verklaring op die radiostasie se webwerf gesê Jacaranda FM is nie ten gunste van haatspraak op enige van sy platforms of in die samelewing as geheel nie.

“Die stasie se uitsaai-inhoud poog om belangrike en betekenisvolle gesprekke te bevorder met die doel om Suid-Afrika as ʼn nasie te bou en te verenig. Ons glo om hierdie noodsaaklike gesprekke te hê, is ʼn belangrike aspek van ons rol in die samelewing. As ʼn radiostasie ondersteun ons die behoefte om hierdie gesprekke te hê en is ons toegewyd daaraan om ons deel te doen om dit te fasiliteer deur die uitdrukking van verskeie sienings en perspektiewe toe te laat.”

Shouneez Martin, registrateur van die Uitsaaiklagtekommissie, het aan Maroela Media gesê twee amptelike klagtes oor die aangeleentheid is ontvang, asook ʼn derde klagte wat intussen weer teruggetrek is.

Die Menseregtekommissie se woordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

177 Kommentare

Johan ·

Ja nee dis hoekom ek klaar is om na Jacaranda te luister ek luister nou na Pretoria FM baie beter

Wonder ·

Die selfde strorie op news24 is baie anders, geen koerant berig meer die waarheid.

Anti??????? ·

O wow op watter planeet leef sy sy is vandag die bevoorregte sopas in my kar geklim en op Pretoria FM gesit en wragtag ek het hul nie eers gemis nie hul trek nou n spur op hulself en n ou spreekwoord as jy nie wil hoor nie moet jy voel

Eugene ·

Ek ook. Dis maklik om hierdie uitlatings te maak as jy op n een rigting platform sit, en daarna, nadat onverantwoordelike omstrede en vals uitlatings gemaak word, te se ons “ons as volk” moet dit bespreek. Dis nie hoe dit werk nie bespreek eers en dan maak jy aannames of wat ook al. Kwessie van die wa voor die os sit. Sy lewe in elk geval in n wan-persepsie sy sal dalk waarde verkry as sy my realiteit aanhoor. Daar is op die stadium net een boelie en dis nie wit op swart nie. Advies…Hou op terug kyk as jy wil voorentoe gaan en nog meer jy weet nie wat apartheid regtig was nie behalwe vir dit wat aan jou vertel is nie….waar of onwaar? jyt duidelk al n besluit geneem. Vat die leuen jys mos op die gravy train

Melville Lotter ·

Daar sal absoluut niks met Morake gebeur nie.
En hierdie opmerkings en gedrag van haar sal weer in die toekoms op een of ander manier herhaal word.
Jacaranda het duidelik n nuwe visie inslaan wat nou maar net hulle oorwegend wit luisteraars verder sal vevreem.

Tyd ·

Als gebeur met ‘n doel sê hul. Vir my was die doel om Radio Pretoria FM op te gaan soek. En wow hoe geniet ek die stasie en hul musiek. Laat my weer trots Afrikaans voel.

Gerda ·

Ook al baie jarw nie meer n luisteraar nan Jacaranda nie….Luister eerder “Bosveld Stereo. N STASIE VIR MY NASIE…!!!107.5

Leeutjie ·

Ek ook Gerda!! Die pragtigste musiek en omroepers!!!! Ek het besluit ek blaf nie vir die kat in die boom nie! Ek beweeg met grasie aan!!!

Mariette Strydom ·

Bosveld stereo is die beste, lekker AFRIKAANSE musiek en dan so nou en dan ‘n lekker golden oldie. Ek kan nie ophou sing by die werk nie. Geniet die stasie baie.

Lee Randburg ·

Ek luister ook nie meer Jakaranda. Op LM Radio en Bosveld Radio afgekom. Heerlike musiek!! Pure plesier. Koebaai Jakaranda

Wilma ·

Wat is LM se frekwensie? Ek luister ook al laankal eerder Bosvelder

Melkies ·

Ek is in die Oos rand maar kry dit nie hier opgevang nie :(

Lankal daar verby ·

Ek luister al vir BAIE jare nie meer na Jakaranda nie. Daar is baie ander stasies wat beter musiek, meer aangename gesprekke en temas dra en meer Afrikaans gefokus is.

Lulu ·

Ja toe, ek het ook agterkom daar is baie BETER radiostasies om na te luister as Jacaranda veral in die oggende. Ek moet egter bieg. Ek luister darem nog na Rian in die middae.

Judy ·

Ek skakel my radio om 16:00 aan op Jakaranda om na Rian te luister. Dis AL!! Luister veral nie soggens nie!!!

Swannie ·

RSG is ook maar taamlik ANC gedrewe deesdae. Luister veral na Kommentaar op Sondae aande. Die paneel is ALTYD pro ANC !

shabonne ·

Is dit nie ironies nie? As ek as n ‘wit persoon’ so iets moet kwyt raak, dan is ek vanaand op die 7 uur nuus!! En dalk gemerk vir die res van my lewe. verkies 96.10 !!! Ons eet ook nie lankal meer nie by SPUR…..gaan defnitief dieselfde met jakarandjie doen.

Henry McDonald ·

RSG se onderrok hang ook lank reeds uit……….Hoef nie veel verder te kyk as ‘n onlangse uitsending op ‘n KYKNET nuuskanaal met een van die RSG aanbieders waar hy met ‘n meewarige glimag aanvoer die onmenslike wreedaardige martelings wat met plaasaanvalle gepaard gaan NIE as TERRORISME beskryf kan word nie. Dit in teenstelling met die onomwonde verklaring van ‘n terreurkenner en soldaat wat hom tans in SA bevind hierdie aanvalle grotendeels met aanvalle van terreur elders ooreenkomste toon. Die gebruik van radiostasies en uitsendings om sekere denkwyses onder die bevolking van ‘n land te vestig en strategiese doelwitte te bevorder is ‘n welbekende feit.

Dean ·

Definitief. Ons moet net saam staan dan sal ons Jacaranda maklik van die lug afhaal

Tian ·

Ag asseblief. Nou gaan dit oor haar en haar swartheid. Tipies. Kan nie haar pak vat nie dan maak sy dit oor sy nou swart is en as jy kwaad raak vir haar rassistiese uitlatings dan is daar iets fout met jou….

Kobus Visser ·

Sy noem dat ons gemaklik moet raak om oor die verlede te praat maar toe Helen Zille net noem dat Kolonialisme was nie net sleg nie, word sy uitgekryt as ‘n rassis.

Andre C ·

Ek wonder wat sou Kevin Fine gedoen het as sy wit was en haar oor swartmanse uitgespreek het.

Andre ·

@Andre C
Wonder jy regtig? Ek dink ons almal weet wat sou gebeur het!
Net wit mense kan mos rasiste wees….

A ·

Mense, ons het groter probleme hier as net jacaranda. Die oorgrote swart bevolking het ‘n lewende haat teenoor wittes. Dit is kommerwekkend dat hulle na 20 jaar van demokrasie nog nie by die waarheid uitgekom het nie. En dat hulle nou erger dade pleeg as wat die vorige regering gedoen het. Wanneer gaan iemand wakker word en besef ons is almal in hierdie land en ons moet begin om mekaar spasie te gun.

Rina Kotze ·

Kan nie meer met jou saamstem nie.
Ons wat nog klein was en op skool, of dalk nog nie eers gebore was vanaf 1967 veral, word nou die ergste “gestraf”.

Leef en laat leef.

Jolla ·

Ek luister ook nie meer Jakaranda nie. Na daardie “banded” irriterender luitoon, en dan word alle musiek of gesprek gestop en dadelik met die “banded” gepraat …. regtig!!!! Ek kon dit net nie meer vat nie…… Totsiens Jakaranda forever!!!!!!

Marnus ·

As wit mense haar oordeel oor die kleur van haar vel hoekom het dit dan nie met Thabiso gebeur nie hierdie is nie die eerste keer wat sy so iets op Jacaranda FM aan vang nie net na sy daar begin het het sy een oggend gesê wit mense verwys glo na hul as martie monsters waarvoor veralgemeen hul kan 100 keer eerder vir Thabiso “Lallie” , Rian en Diane terug bring.

Liewe heksie ·

Marnus stem 100% saam jou klaar met jacaranda tot hul weer ons mense vir ons stasie terugbring en dit sluit Thabiso in ek het hom ge luv en hy het nie aan minderheidswaan gely nie baai for now

Kwaaitjie ·

En toe Darren Scott iets soortgelyks kwyt geraak het?! Dubbele standaarde. Ek kan elkgeval nie na Tumi luister nie. Sy en Martin is ewe irriterend.

stem! ·

Amen!! Stem volkome met jou saam! Daardie irreterende gegiggel van hulle laat my blind word van woede!

Johann ·

Jacaranda…julle keuse van omroeper, Tumi, het my as blanke afrikaanse man blatant beledig in haar rant en rave oor haar weergawe van ONS geskiedenis. Sy was onomwonde rassisties teenoor my en my mede mense. Sy het blatant verwys na “haar mense”, en my dus uitgeskakel as deel van haar gehoor op Jacaranda. So ek neem aan ons ore en beursies is ook nie meer welkom by Jacaranda nie? Of hoe Kevin? Johann

Verstom ·

En as ons as wittes ons harte uitpraat oor die rassistiese uitsprake en moorde wat oor ons en met ons boere gebeur, word ons net meer as rassiste uitgekras. Maar nou word geskiedenis uit die argiewe gehaal om weer opspraakwekkende hofsake en media dekking kry vir dae en dae aaneen, (sug, tot vervelens toe dankie tog vir CNN nuus) wyl daar nie veel dekking gegee word oor al die grusame plaasmoorde nie. Hallo, is kwytskelding van rassistiese opmerkings net van toepassing op mense wat in die publiek oog is en dink hulle nou celebs, en wat glo hulle is onvervangbaar? Kom terug aarde toe kriekie. Dankie tog ek luister nie Jacaranda FM nie. Mense moet sulke stasies boikot. Ek is tot vervelens toe siek en sat om te hoor dis apartheid of Jan van Riebeeck se skuld dat alles in ons land so verkeerd loop. Kyk eerder na “Top Management” …. the apple rots from the top.

JC ·

Wat se jy daar van CNN??? Dankie tog…vir CNN?…jy speel seker?

Johnnie ·

Gaan kyk wie luister deesdae na jakaranda, dit is meer swart en anders kleurige mense as blankes want die stasie is nie meer vir blankes nie hy het verander na die rainbow stasie.

Suzette ·

Tumi sit die pot heel mis. Haar stelling ” “Kyk soms na jouself en wees eerlik oor hoe dit jou pla dat daar ʼn swart stem is wat opstaan en sy swartheid bevestig. In my ervaring word ek éérs as ʼn swart mens gesien en behandel en dán as ʼn Suid-Afrikaner. As ek dit sê, moet dit nie as ʼn dreigement beskou nie. Om pro-swart te wees, beteken nie ek is vanselfsprekend anti-wit nie.” bewys dit, want die teendeel is ook waar.

Hou op daardie sweer koester, want niemand kan die verlede verander, moet asb nie my hede vergiftig nie en ook nie om Suid-Afrikaners (swart, wit, kleurling, Indiër met ander woorde ONS) toekoms op te mors met ondeurdagte woorde nie. 99% Wit mense het nie ‘n aandeel gehad aan die aaklige verlede nie en KIES ‘n goeie toekoms vir al ons diverse kulture te bou.

Al hierdie gemors net omdat Steve nie meer gevra is om met sy propaganda op ‘n verhoog voort te gaan nie!! Laat die paar mense wat aan sy lippe hang dit doen, maar moenie my vergelyk met hom nie. Ons het in ons wit en swart gemeenskappe mense waarmee ons nie saamstem nie, dit is al waarmee ek met jou saamstem. 90% plus Suid-Afrkaners is so by the way nie rassisties nie, wit en swart.

Eltay ·

Die gemors waarvan jy praat is dat baie gebreinspoel was en word met kommunistiese ideologieë en dit so pas weer bewys is. Daarom die neigings om oor te vat, in te wurm en wil beheer sonder om self iets van die grond af te begin.

Rosie ·

Bosveld Stereo is in elkgeval myle beter as Jacaranda FM!!!! Laat JacFM maar voortploeter! Nes die Spur sal hulle hul dag kry…en dan kyk ons waar bring haar ‘gesprekke’ haar.

Chris ·

Verstommend hoe mense se intelligensie onderskat word. In die gedrukte media is dit ‘n algemene tendens om die leser se intellek te onderskat en nou begin dit in die uitsaaiwese kop uitsteek. Wat opvallend is, wie het die dame die mandaat gegee om ‘n gesprek aan die gang te sit. Sover dit my kennis strek is Jacaranda FM beslis nie ‘n praatradiostasie nie. Dit is ook ‘n duidelike bewys van dubbele standaarde. Die dame is duidelik uit haar diepte en het beslis nie die vermoë of intellek om in so gesprek betrokke te raak nie. Die spreekwoord lui ” fools rush in where angels fear to tread”

INUS ·

Fanus Rautenbach het vroeër net ‘n rowwe grappie gemaak en is dadelik geskors. Ek voel sy moet summier geskors word. Was sy wit was sy geskors.

Skerp Spioen ·

Enige blanke Afrikaanssprekende wat nou nog na Twakaranda luister behoort hulle te skaam. Hulle Afrikaner bashing kom al ‘n lang pad en dit is irrasioneel om hulle te ondersteun deur daarna te luister. Enigeen met ‘n greintjie selfrespek sal weier om deel te neem daaraan. Oorweeg eerder Pretoria FM, Bosveld Stereo, Groot FM, Lekker FM ens.

joe ·

Sy se daars n rede hoekom sy nie afgedank word nie en daars n rede hoekom sy se wat sy se! Klink of hulle wil he dat sy dit moes se?

Liedie Odendaal ·

Ek is ook oor Jacaranda na gister nadat Tumi so afgegaan het oor die lig. Ek kon nie glo wat ek hoor nie. Hoe word dit toegelaat!!! Haal haar af!!!!!Nee wat dink daar is beter radio stasies om na te luister, bring maar vir Riaan terug!

Sandra ·

Hulle kom net nie oor rassisme nie hoeveel jaar is dit nou al. dit is soos n plaat wat vashaak.
Rassisme word vir alles gebruik. Jammer maar Jakaranda na julle luister ek nooit weer nie.
Ek verkies Bosveld en RSG.
Dis net vir my so vreemd dat as wittes iets doen is dit verskriklike ding,maar as die swart mense iets doen bly almal doodstil. Werk daaraan wat vir die een goed is is vir die ander ook goed. Werk daaraan en bou goeie vehoudinge met alle kleure in SA.

Liedie Odendaal ·

Ek is so oor Jacaranda na Tumi se uitlatings. Ek kon nie glo wat ek hoor nie, nee regtig!!! en dit oor die lig. Gelukkig is daar ander radio stasies om na te luister, en bring maar vir Riaan terug.

Vandie plaas ·

Sy het vanoggend nog gese ook dat daar meer ander kleuriges is wat afrikaans praat as wit afrikaners self.Toe se martin dis tyd vir die nuus 7 uur.

christa ·

Stem 100% saam. Ek luister al vir jare na Bosveld sterio en did pure plesier. Geen twak praatjies nie. Ek is geen agtergeblewende nie, as ek was, sou dit my eie skuld gewees het. Ek bly voort bestaan deur net my beste te lewer en op te bou so ver ek gaan en nie af te breek nie.

Se net ·

Ek luister ook nie meer Jakaranda FM nie LAEVELD RADIO vir my dankie!!!!!

Willie ·

Apartheid ook nie my skuld nie. Ons kan nie vorentoe beweeg met so n houding nie. Mandela was die regte voorbeeld.

Tokkie ·

Kom ons wees eerlik daar gaan niks van kom en almal weet hoekom. Luister ook nie meer jaca. Sy gee my ‘n pyn. So luidrugtige. Kan hulle dan nie kalm wees nie

JB ·

Kla haar en haar werkgewer aan by die “menseregte kommissie”. Laasgenoemde is mos bekend daarvoor dat hul met donkerbrille kyk na alles.

susan ·

Die spur en die doodskis is lankal begrawe julle hamer daarop soos die mense oor rasisme. Let go people

Schalk ·

Ek was redelik opgewonde toe ek hoor van Heerden gaan weg by Jakaranda, nie besef dat die volgende twee wat hom opvolg nog swakker gaan wees nie. Gelukkig het ek die keuse waarna ek luister, en Jakaranda is nie op die lys nie.

Boervrou ·

Ek wil net vir haar sê sy praat van toe hulle onderdruk was, dat baie van die mense met wie ons werk
sê dit het baie beter met hulle gegaan in die vorige bedeling as nou. Kyk maar net na hospitaal en onderwys dienste, om net n paar te noem. Luister inelk geval nie na Jakaranda nie.

Asjas ·

Sy sal nie weet nie want sy was toe nie eens gebore nie! Ek hoor ook elke dag hoe mense se die lewe was beter onder die ou bedeling, sy glo in anc propaganda sonder die nodige bewyse.

Heinrich ·

Boervrou, ek het al dieselfde gehoor. Al wat ek kan raaksien is dat hulle met ‘n chip op die skouer rondloop omdat hulle die sterkste ekonomie in Afrika op ‘n skinkbord gekry het en dit suksesvol in die grond in bestuur het; die chip op die skouer kom van die feit dat hulle nog geensins kon bewys dat hulle ‘n beter werk as die vorige regering kon doen nie en ook weet dat hulle dit nooit sal regkry nie.

Leon ·

My probleem met hierdie hele storie is dat Martin in die studio sit en luister hoe sy hom (indirek) aanklae daarvan dat hy haar benadeel het en dat hy gestraf moet word daarvoor… Dan stem hy nog saam met haar en verdedig haar. Mevrou Morake: jy ken my nie, jy weet niks van my of my voorvaders nie… dus moet jy asb niks van my, my ras, my taal of my verlede kom kwytraak nie. En jy is reg, Mev. Morake, ek raak kwaad wanneer jy van apartheid praat; nie omdat ek skuldig voel daaroor nie, maar omdat ek (wat in die 80’s gebore is niks met apartheid uittewaai het nie) en my kind beskuldig word daarvan dat ONS jou en jou gesin te na gekom het… DIT is my probleem met die gesprek!

Kom ons leef en laat leef… kom ons beskuldig mekaar nie maar kom ons vermoor mekaar ook nie!!!

shabonne ·

Is dit nie ironies nie? As ek as n ‘wit persoon’ so iets moet kwyt raak, dan is ek vanaand op die 7 uur nuus!! En dalk gemerk vir die res van my lewe. verkies 96.10 !!!

Wim ·

Ek love Tumi. Wat is so erg aan wat sy gese het? Ek verstaan rerig nie die bohaai nie.

Petro ·

Vra ek ook jacarand is my stasie en el verdedig niemand maar dit is ondig om so aan te gaan oor n stand punt wat gemaak is

Karin ·

Luister na Groot FM, 90.5 dit is lekker Afrikaans, hulle praat nie ‘n klomp politieke snert nie !

RB ·

Het al amper 2 jaar gelede Pretoria FM toe geskuif! Uitstekende radio stasie.

Kaspaas ·

Aai Wim, nou verstaan Ek hoekom jy nie verstaan nie. Die rede is dat Ek lankal nie meer na Twakaranda luister nie, maar jy doen nog steeds.

Kakaranda ·

Snaaks dat “sulke ongemaklike gesprekke wat gevoer MOET word” altyd net eensydig is en dat geen haan daarna kraai nie maar as dit van ons kant af kom dan is daar groot marakas en word jy behandel asof jyself 1000 onderdruktes doodgemaak het.

Die vrou hoort nie op die radio nie sy steek haar ander landgenote (ook swart) wat werk vir wat hulle het en lank reeds aangepas het in die nuwe Suid Afrika in die skande. Sy is ‘n aandagsoeker. My swart kollega sê sy kan nie glo dat die vrou sulke twak kwytraak nie, ons moet met mekaar kan saamleef en volgens haar is dit altyd die wat wil hê alles moet in hul skote val wat so rassisties is. Ons almal het mekaar nodig in die land en tot almal dit besef sal niks beter gaan nie.

Heikie ·

Weet nie wat erger is in die oggend, die taxis wat voor jou injaag of daai aaklige gebabbel van haar?

ARNOLD ·

Ek dink ook sy is n rasis haal haar eerder af vandag was die laaste dat ek na hulle geluister het dis maar my meening

NICOLA ·

Enigste rede wat ek jak luister is vir Barney Simon maar nou is dit totsiens Jakaranda

Charmaine ·

Sy is nog nat agter die ore, wat weet sy van die apartheid en onderdrukking? Net soveel soos ek – NIKS – want ek het nie in daardie era grootgeword nie, maar ons word blameer daarvoor. Wat het in elk geval met ons land gebeur….?

Elsje ·

Bosveld bo. Hul maak mens nie kwaad oor goed waaraan jy niks kan doen nie. Sy het gese die Engelse het die strooi begin so waar is die Engelse mense nou? Hul praat niks.

Heidi ·

Ek dink die seer oor die verlede is baie diep en die stories wat hulle vertel is as kinders bly hulle by. Tumi ek verstaan julle seer en ek stem nie saam met wat ons oupas en oumas gedoen het nie,sal NOOIT nie. Ons oumas en oupas is almal al dood en dit was nie ons skuld nie. Ek was nie daar nie en jy ook nie. Ek hoor die wrede stories soos jy en ons almal wat nou lewe hoor dit. Dit is tyd om dit agter ons te sit… Ek wil ook met noem hier in Polokwane is my heel beste vriendin ñ dirbare swart vrou met ñ hart van goud. Sy is altyd daar vir my en wanneer ek hartseer of siek is,is sy eerste om agter te kom en my te help. Die brug is gebou en steeds staan ons oorkant mekaar en kyk van ver af na mekaar,instede moet ons net halfpad mekaar kry. Ek is geen rasis nie en ek weier om sulke praatjies te voer. As elkeen so voel en dink kan ons mekaar halfpad ontmoet en bewys dat ons oumas en oupas verkeerd was. Maar ons moet dit saam doen. En dit begin by jou want jy het die platform.. Asb kom ons begin die wonde genees en kom ons vergewe mekaar.

Heidi ·

En Tumi,vir dit wat my grootouers gedoen het,vra ek innig onverskonig. Ek is regtig jammer daaroor. Ek sal steeds Jacaranda luister,want ek glo jou uitvaar was gebore uit diep gewortelde seer. En ek hoop noudat jy klaar afgeblaas het voel jy beter. Ek hoop nie jy word gestraf nie. Ek dink tog dat ons te min hieroor praat. Nou het ek die geleentheid om te sê : “Dit was nie ek nie,maar my grootouers, en ek wil nie altyd gestraf word vir ander se dade nie.”

Callie ·

Eerlikheid en selfrespek is baie belangrik. Ek is n trotse witman wat trots is op my weermag dae, trots is op my 27 maande grensdiens, trots is op die manne wat saam met my daar was, trots op die wat daar gesterf het, trots op die vrouens wat alleen kinders moes grootmaak terwyl ons daar was. Ek is vandag nien rassis nie met 100 de swartes wat saam met my werk en geen probleem het nie. Probleem Tumi, jy kom nie eers uit apartheids era nie, probleem julle nasie gryp altyd rassisme as verskoning as julle onder druk kom. Stop dit. Ons moet saamwerk, kriminele vernietig, plaasmoorde stop en vorentoe gaan voor dit te laat is

Susan de Klerk ·

Deesdae is jy verseker van kitsroem!! Enige onbekende moet net n rassistiese uitspraak maak en binne vyf minute weet die hele land van jou en almal praat daaroor. Hierdie is n gewaarborgde manier om van geweet te word.

Elize ·

Ek luister al jare lank nie meer Jacaranda nie, en gaan my verseker nie steur aan haar uitsprake nie.

Soekie ·

Luister net na die keuse van musiek op Jacaranda dan sal jy hoor vir wie hulle musiek maak. Ons blanke Afrikaners is lankal nie meer vir Jacaranda belangrik nie.

Andre ·

Ek het nog Jakaranda geluister want nie gedink daar is iets rerig anders wat die moeite werd is om na te luister. Na Riaan weg was het ek besluit om dit maar n go te gee en ek moet se van dag een af was daar elke nou in dan comments gemaak wat n ondertoon van rasisme gehad het. My al lank gepla ook dat Martin nie n woord sou uiter om dit teen te praat of nie saam te stem. Na gister se uitlatings oor die radio is ek jammer om te se maar hulle het my as luisteraar ook verloor. “Shame on you” Martin Bester, jys n slapgat wat nie kan opstaan vir jou eie nasie se belange nie, en Tumi as jy wil sien hoe n racist lyk gaan kyk in die spieel. Skaam julle. Ek was nog altyd pro rainbow nation maar word daagliks meer en meer geskok deur die blatante diskriminasie teen on wit mense hier in SA.

27 (0)87 943 9435 ·

Tumi is in 1981 gebore en getroud met ‘n persoon wat uit Frankryk kom. Wonder net watter swaar het hulle 2 deurgegaan dat sy sulke rassistiese uitlatings kan maak….

Tumi 083 718 7779 ·

Erg beswaard dat ‘comedian” Tumi nou ewe skielik “rassis” Tumi geword het….

Gerhard Herbst ·

Om met Tumi Morake en geesgenote te debateer is om met jou hande agter jou rug vasgebind jouself te verdedig. Haar opinie is op ń oorvloed van eensydige propaganda gebaseer waaraan die hoofstroom media skuldig is.
Ongelukkig is die situasie tans geskep dat regverdige en ope debat nie moontlik is nie, en Jakaranda en sy weet dit. Dus kan hulle inklim en eensydig dinge as feite verkondig wat hoogs aanvegbaar is want die spel word volgens hul reels
gespeel. Iemand wat waag om vreesloos die teenkant te stel, stel homself bloot aan ernstige gevolge. Gerhard Herbst

Joe ·

Jakaranda het dus dan nou ‘n ope debat daaroor as jy dalk wil inskakel en hoor.

Danie Rossouw ·

Mag Jakaranda die SPUR les leer. Skoolgeld is duur & geen afgewaterde verskoning gaan later help nie. Julle probeer mense omkoop met “Good morning angels” maar ons sien reg deur julle. Buy Buy Jakaranda.

Joe ·

Ek weet hoe voel jy. Ek het actually haar punt verstaan. Mense hoor net. Hulle LUISTER nie. Dus 3 wat op hulle pertjies spring en 10 000 skape wat volg. Hool een ding, dan clutch hulle uit. Dit moet n generasie ding wees.

Gesiggie ·

NOT MY CUP OF TEA…. sal eerder heeldag na Martin Bester Luister… en as n aanbieder van Jacaranda;; maar kan nie eers Afrikaans praat” Ek stem met baie van jul kommentaar.. Ek luister eerder na n ander radio stasie”’ Moet maar versigtig wees wat jy kwyt raak Poppie.. jy is Life op Radio.. almal luister. Well Done aan Martin Bester ek dink jy is COOL.

Lion ·

Sy sal nooit naby Maurice Capedi kan kom nie, hy het vergewe en vergeet! Maar sou sy dalk stupid wees…? Ek dink so! Defnitief ja want die jong wittes van vandag kan mos nou nie vir die verlede gestraf word nie!! As jy wil straf dan doen dit gewillig saam God!

Pieter ·

Ek bly die afgelope jaar in Krakow Pole en luister net Pretoria FM gedurende die week behalwe sondae luister ek Groot FM want dan is hul programme te morbied met al die praaitjies.

Afrikaan Daan ·

Net 1 vraag aan al die mense wat so teen swart en anderskleuriges opstand maak en beledigings gooi? Wat se positiewe handeling het jy ooit al in die samelewing gemaak? Of vergeet jy God se grootste gebod. “Lief jou God, en lief jou naaste soos jouself” word wakker, ons is nie meer in ñ land van apartheid nie.

Stephen Namibia ·

Verstom jy verstom my!
CNN die mees linkse en fopnuus kanaal in die wereld!!

Ouvrou ·

Ek kan nie verstaan hoe iemand wat nie swaargekry het onder apartheid nou so daaroor tekere gaan nie. Want ek het ook geleef in daai tyd en het nie beleef dat mense so swaargekry het soos nou nie.

susan ·

Skaam my wanneer mense so lelik praat. Hoekom plaas julle dit?

Marius ·

Die Dame het nou mos gese ons moet oor die dinge praat, kan ons vir Steve vra om op die lug n debad te hou oor die dinge waaroor sy wil praat,ek is seker Steve sal dit uit sy hart uit geniet!

Sonskyn ·

Luister al vir jare Radio Kansel AM660!!! Die beste stasie ooit!!

Adriaan ·

“Om pro-swart te wees, beteken nie ek is vanselfsprekend anti-wit nie.” Ek is oortuig as n wit aanbieder hom/haarself as pro wit beskryf het, daardie persoon reeds afgedank sou wees. Jakaranda sou oorval gewees het deur klagtes van rassisme en wit nasionalisme.

Joe ·

Jacaranda word besit deur Kagiso media gaan kyk maar wie is in beheer daar,kyk wat is hulle visie en julle sal verstaan hoekom Jacaranda nie meer vir ons is nie.

Tobie ·

“Om pro-swart te wees, beteken nie ek is vanselfsprekend anti-wit nie”. OK… So as ek sê “Om pro-wit te wees, beteken nie ek is vanselfsprekend anti-swart nie” behoort dan mos piekfyn te wees.

Peuter ·

Gelukkig luister ek al laaaaaankal nie meer daai “eensydige wat ek sê is reg en net my mening tel” stasie nie. Vandar daai Riaan ou die lug gesien het nie. Want as hy in jakaranda se ateljee in stap dan raak dit donker. Want dan het die son ook daarin gestap. En as hy gaan sit is dit nag. Ek het hom nog nooit geluk vandat hy by tuks FM was nie. Arogant. Nou die een ook. Sy het een ding reg, jakaranda is nie dom nie, hulle het haar saam met Martin gesit om te leer. Kyk die kat mooi uit die boom. Totdat jy weet wat hy doen hoe hy dit doen. Leer by hom dan skop ons hom ook onder sy alie. Hoekom is Riaan terug? Nee die een gaan niks oor kom nie. Julle ons mors ons tyd asem en krag op niks.
Die een is ook nie dom nie. Gebruik hind sight om haar stelling te regverdig.

Goeie komediant ·

Haar vergelyking van die fiets is so lagwekkend sy moet in haar volgende comedy show gebruik. Jan v Riebeeck het met n skip nie fiets aangekom nie en hy was nie n boelie nie

Danie ·

As dit dan vir die bestuurder van die stasie en die “dame” so belangerik is om ernstig gesprek te voer oor belangerike sake hoekom voer hulle dan nie gesprek oor die bejaarde wit mense wat op die plase gemarteldood word deur swart misdadigers nie?

Chris ·

Tumi, dankie dat jy jou uitsprake verduidelik het. Die seer van apartheid sal nog vir baie lank diep gewortel lê.

M ·

Is dit net ek wat dink sy het niks verkeerd gesê nie. Die geringste dingetjie word uit verband geruk. Ek het na die hele program geluister en nie vir een oomblik gevoel dat sy wit mense aanval het nie.

Niks ·

Wonder hoe lank gaan die seer van PLAASMOORDE nog in die geslagte le, dit is iets wat daagliks gebeur, die regering NIE mee simpatie het nie en dit nie gestop word nie, apartheid het darem al 22 jaar gelede gesterf en dit het net 40 jaar geduur, in die afgelope 20 jaar is baie meer boere vermoor as swartes in 40 jaar van apartheid. So haal af daardie oogklappe . Julle gaan ook te laat agterkom julle is op die verkeerde perd. Tumi het nog nooit ‘n dag swaargekry nie, sy ry op die rug van die ander slagoffers. Ek is so bly ek hoef nooit saam met Afrikaners soos julle te staan nie. Julle sal mens in die rug steek.

Netso ·

Dit is so, luister al vir jare nie meer vir Jakaranda nie. Stem met Tobie hier… Laat een dink né?

Peuter ·

Ek is in 1976 gebore. Het in die 80 en 90 groot geword. Ek was nie grens toe nie. Ek was nie weermag toe nie. Al wou ek. Ek het aansoek gedoen maar was afgekeur. Al wat ek van apartheid het is,
1) die stories wat ek gehoor het. Nie by my pa nie, want hy was ook nie daar nie. Hy wou nie gaan nie.
2) wat ons soort van geleer was.
3) die klappe in die gesig met elke werk aansoek wat ek al gedoen het, elk pos wat geadverteer was en se EE. So begin ek maar vir myself werk en begin besigheid. Maar nee die apartheid gaan aan, ek het nie BEE status nie. Die voorvader waarvan my pa en oupa nie deel van was nie klap my die heel te id in die gesig.
4) ek het amper my werk verloor agv Equity status in die maatskappy waar ek gewerk het voorheen.

Ja ek stem saam baie besighede doen goed en beter agv vorige konneksies in die apartheid jare. Maar nie ek of my familie het enigsins daaraan gedeel nie. So hoekom moet ek altyd die kap van die byl kry.
My vraag is, wat weet tumi daarvan.
My pa het sy huis in ‘n baie arm gebied gekoop. Vandag is daar baie swartes wat saam ons daar bly agv van die behuising kostes wat so goedkoop is.
Ek en my swart werkers lag en maak grappe saam. So waar is ek ‘n boelie.

Hansie ·

Vandat Tumi en Martin begin het, luister ek nie meer Jakaranda nie, want die luidrigtige geaardheid van haar is nie so goed op my ore nie. Ek het genoeg taxi’s wat my kwaad maak terwyl ek werk toe ry. Het nie dit ook nodig nie. Ek luister maar liewers Groot FM.

Gilla ·

Ek stem vir Groot FM. Vandat Riaan begin het, luister ek nie meer Jakaranda nie. Ek het verlede week familie gehad wat by my gekuier het met die radio aan. En die een aand speel die verskriklikste kwaito musiek. En ek vra my tannie, wat op dees de aarde se musiek luister sy? Want dis absoluut aaklig. Groot my verbasing toe sy se Jakaranda. so bly ek luister al meer as ‘n jaar nie Jakaranda nie. Vroeër jare wat dit DIE stasie gewees. Lankal nie meer nie. Groot FM, Bosveld Stereo en Lekker FM is soveel beter. Jacaranda het verander in ‘n “Afrika” stasie. En dit was altyd Jakaranda FM toe ek groot geword het. Die “Jacaranda FM’ klink net nie reg nie. Vandat Darren Scot weg is, het die plek uitmekaar begin val.

Tanja ·

Tumi. Ek hou van jou humor. Die probleem is alles word geklasifiseer in swart en wit. N swart mens mag enige iets sê teen die blankes en dit word geregverdig. As n wit mens iets sê is dit rassisties. Ons is almal mense met foute, maar solank die rasse kaart gespeel word, in plaas van wat is reg en verkeerd gaan ons nie vorentoe beweeg nie. Wat hierdie land nodig het is dat ons almal moet saamstaan, verantwoordelikheid neem en vorentoe beweeg.

paul ·

As sy wit was en sulke snert kwytgeraak het was sy op laaaaang verlof,,,,,maar nee,,,
Mense dis maklik,,,jy skakel die radio aan of af,,,ruil die stasie,,,,ek het na die eerste 2 dae my keuse gemaak toe sy op die lug kom,,
ek wil nie na ha rasistiese uitsparake luister nie,,,dit maak my warm onder die kraag

Hester ·

Tumi, die probleem is dat die gepratery waarop jy so hamer, nie ophou nie. Dieselfde goed word oor en oor gese, tot satwordens toe. En dan ook die feit dat mense nie kan aanbeweeg en ophou om hulself jammer te kry nie, as gevolg van die verlede. Jy was nie eers deel van die apartheidsera se bevolking gedurende daardie jare nie. Waarom nou so hamer daarop? Jy is deel van NOU, help eerder opbou as wat jy mure tussen mense bou. Duisende van ons probeer dit doen, maar ons kan nie aanbeweeg as julle nie wil aanbeweeg nie.

T ·

Vandat daardie “medium” paar jaar gelede op Jakaranda was, luister ons dit glad nie meer nie. Daar is Groot FM, Lekker FM, Bosveld en Impact. Vele om van te kies!!

Sharnelle ·

Ek luister laaaaankal nie meer Jacaranda nie juis omdat hul met elke omroeper wat opkom weer die selle musiek oor en oor speel. Groot Fm 90.5 is my stasie.

Gilla ·

Ideale tyd om te gaan betoog reg voor Jakaranda se uitsaaistasie, in groot getalle. Tyd dat ons ook gehoor word. Ariforum? Ek sal daar wees.

T ·

As ons die waarheid moet begin praat dan kan ons baie se, soos hoeveel arme arm mense SLEGTER af is as OOIT vantevore onder hullle eie regering wat hulle gekies het. Hoe ONS wat sy nou so wil straf so mooi na ons werkers kyk. Wat sal gebeur as on al ons mense wat vir ons werk laat gaan. Die wat ons blyplek gee, en kos gee vir hulle kinders se opvoeding betaal hulle bus skool toe betaal hulle mediese onkostes betaal WAAR IS HULLE REGERING TUMI??? ONS kyk BAIE mooi na die mense wat vir ons werk .. SIEN Dit raak terwyl die regering en die ander lekker sit in hulle GELD en huise nou wil JY MY STRAF

Willie ·

Wat van pas is op die een, moet van pas wees op die res. Hoekom luister na propaganda en sulke negatiewe snert. Skakel oor na 103FM waar ons almal gelyk is, geen kleur is nie, geen ras is, geen swaard oor ons hang nie. Waar ons almal een is in Sy Naam. Hou op om so negatief te wees en begin self om die verskil te maak. Ek het. Dis so lekker om 103 FM te luister waar almal die verskil praat en maak. Ek nooi u uit? Wees die verkil!

KOBUS ·

AL DIE GOETERS MOET AS GESKIEDENIS GEGEE WORD EN NET NOOIT WEER DAAR OOR PRAAT NIE VERGEET DIT ALLES EN KYK VORENTOE

Ada ·

Dankie tog ons het keuses waarna ons kan luister. Gaan voer n onderhoud met oorlewendes van plaasaanvalle en praat oor dit op die radio dame.

Rina Kotze ·

Sy sal dit nooit as te nimmer doen nie.
Dit was seker deel van hul straf???

rina LODEWYKS ·

waar is die ander radia stasies soos LM OOK NOU GATVOL VIR JACARANDA

Norma ·

Ja, almal weet dit het bestaan, maar vir solank as wat rassisme en apartheid era aan die gang gehou word, vir solank gaan niemand tot terme kom daarmee nie want dis ‘n gemaklike “scapegoat”!!!! S. A. is nou wat, oor die 20 jaar ‘n demokraties land?, word die verkeerde redes nie blameer vir dit wat regtig verkeerd is nie? Those of you using racism and apartheid as a convenient excuse for everything that is wrong in SA, get over it and move on in life, find and accept the real reason?

Ambassadeur ·

En sy is die amptelike ambassadeur vir Jaguar Menlyn….

Buks ·

Jan van Riebeeck was `n boelie. (Party sal se dis om orde te handhaaf.) Een dag het hy `n man, ene Planx, gevra waarom hy rondstaan en niks doen nie. Planx het gese hy is aangestel as “bosschieter”; dus lyfwag, wat met sy geweer moet rondloop en die mense beskerm. Daar was wedersydse geweld, en Jan het hom tot 50 houe met `n tou gestraf, en hy moes van die ra van die Goede Hoop in die see gegooi word. [A.J. Boeseken, Jan van Riebeeck en sy gesin, Tafelberg, 1974, bl 67]

Wim Kotze ·

Ja Buks, van Riebeeck was miskien ‘n boelie maar sy nasate het darem die fiets gebring en daai bosshcieter het seker ook ‘n roer en ‘n paar skoene gehad wat deur die Kompanjie verskaf is.

Johannie ·

Neewat as ander menseprobeer verduidelik wat hulle bedoel het, soos ‘n uitstekende regter en ‘n ander omroeper en politikus het niemand belanggestel in hulle verduidelikings nie. Hulle is voor die voet afgedank, of gevra om te bedank. Daar is geen genade vir die foute en uitlatings van minderhede nie, al vra hulle om verskoning. Maar hierdie mense het al so arrogant geraak, hulle verduidelik tot hoekom hulle NIE jammer is nie en hoekom hulle wel voel hulle mag die rassistiese uitsprake en uitlatings maak. Studente by Tuks, Studenteraadvoorsitter by Tuks, Minister who wanted to ‘bury them alive’. Nie een van daardie mense is vervolg nie, inteendeel hulle is toegejuig en ondersteun. Al hoe die publiek hulle ongelukkigheid kan wys is om die stasies/plekke te boikot waar dit gebeur. Ons gooi nie klip en brand af nie, ons BLY WEG! Wit Suid Afrikaners mag nie meer oor die Anglo Boere Oorlog praat nie, maar die ANC en meerderheid in SA mag nog elke dag oor Apartheid sanik. Neewat, genoeg is genoeg!

Geen jaca ·

Ek het al toe sy eerste dag begin uitsaai nie geluister. Sy is eens te veel. Sy lawaai te veel. Ek weet nie hoekom hulle al te wil wees nie. Sit ‘n mens af. Rustig mense rustig. Die geskree en kwaai gelag.

Rina Kotze ·

Ek bly in die Weskaap en luister Radio Kaapse Kansel op pad werk toe en soggens vroeg en in die middae RSG! Hulle is tops!

Terloops, sy gaan niks oorkom nie, en soos baie van julle noem, julle is klaar met Jakaranda.
Dis reg dat ons ook ‘n slag begin saamstaam en ons stemme dikmaak.
Dis net vir my hartseer dat gevestigde radiostasies en instansies gesink word oor rassisme .
en ander twak. Kyk maar na Spur. En het hulle geleer daaruit?

Tumi sal tien teen een ook nie omverskoning vra nie. dis haar reg op vryheid van spraak.

Afrikaanse Knaap ·

Plaas sê sy net “Jammer julle ek het nie bedoel om aanstoot te gee nie, maar ek verstaan nou dat my stellings mense seer en kwaad gemaak het en daarvoor vra ek om verskoning”. Dan is alles vergewe en vergete.

Francois ·

Die rede hoekom sy op jakaranda is is sekerlik om jakaranda se “equity” (billikheid) in orde te kry. Hahahaha. Sy praat so versekerd, mens kan sien sy dink sy het die pos verdien. ?
Ek lag my pap
Al wat jy reg gekry het Tumi was om jou eie onkunde te openbaar en dit nog op radio.
Ons is gatvol vir politiek!
Ek luister nie meer Jakaranda nie. Ek ondersteun die boikot.
Totsiens Jakaranda.

maryann ·

Smaak my nie een van die rassiste het ‘n woord ingeneem van Madiba nie, as hulle tog maar net 24/7 kan luister wat hy als gese het en waarin hy geglo het was Suid Afrika lankal die land van Kanaan, maar nee verontreg wil hul bly.

Alicia vd Merwe ·

Ek wil net verskriklik graag weet wnr gan die klomp oor apartheids jare kom my hel sommige v julle was nog nie eens gebore nie mar julle kerm alewig daaroor!!! Kom net oor dit bou brug en beweeg aan rerig asb tog eks nou moeg om alewig iets daaroor te sien en te lees julle bejammer julle self die hele tyd en dis hoekom ons kwaad raak

Ria de Kock ·

Jip hulle hang alles aan die groot klok en haar ruggraatlose eweknie ja en amen op alles wat sy sê. Tumi, as jy so ongelukkig is gaan brand bande, versper paaie want dit is mos jou reg omdat jy so swaar gekry het (en dit voor jy gebore is). Dit is mos hoe “jou mense” sake oplos.

Vergeet dit mense hulle sal nooit verder vorder nie die “we demand” houding sorg mos vir alles!

Gerda ·

Rassisme is alive and kicking! En hoekom? Want dit word lewend gehou en gevoed deur die onregverdigheid, openlike diskriminasie teen blankes en die dubbel standaarde in hierdie land.
Dit is tog so irriterend as mense wat nie self apartheid beleef het bly hamer daarop terwyl die wat daarna moet luister geen skuld daaraan dra nie. Hoe regverdig Tumi dit wat tans in hierdie land aan die gang is? Vind sy die openlike onderskeid wat gemaak word regverdig? As die antwoord hierop ja is dan moet sy maar eerder haar besige mond toehou.

Pikkewyn ·

Ek luister so twintig-plus jaar nie meer na Jacaranda nie. Somtyds het ek geen keuse nie agv sekere opvangsgebiede waarin dit al is waarna jy kan luister in ‘n taal wat jy kan verstaan. In daardie few and far between tye, moes ek net kopskud oor die omroepers se uiters beperkte kennis oor alles – van sangers en hul genre, algemene kennis, nuusgebeure, taalvaardighede, noem maar op. Hierdie omroeper sal net van krag tot krag gaan en nuwe radio royalty – hulle is untouchable. Was dit omgekeerde rolle, was daardie persoon al in die hof, ‘n stywe boete opgelê en sy/haar werk kwyt.

Johan ·

Hier is te veel wit liberale wat punte by die ding probeer score.

Blackies ·

Nou ja, Rian is “gevra” om weer aanbieder te wees by Jacaranda, hoekom? Dit laat my dink hy is ook maar gevra om paar weke laag te le dat hulle iemand genaamd Tumi kan aanstel om die transformasie by Jacaranda te bespoedig, soos in ons sport. Gepraat van Rian, hy staan 100% agter Tumi, laat mens dink.

Boerseun ·

hehehe . Dis die gevoel so hoe kan enige ou glo dat iets kan bestaan soos n reenboog nasie.

Johan ·

Reenboog nasie is wat mandela die wereld n rat voor die oe mee gedraai het.

Liesie ·

Jacaranda het dubbele standaarde (Darren Scott). Sy moes onmiddelik afgedank geword het. Duidelik het hul geen empatie vir hul grootliks afrikaanse luisteraars nie. SPUR vir JAcaranda!!!!!!!

Valie ·

Afrikaners het ook dinge uit die verlede wat hulle gedurig kan oprakel en in die openbaar tekere gaan… Google gerus “Lizzie van Zyl” onder andere. Daarby is ongeveer die gelyke van 150 keer Sharpville slagoffers in swart Britse konsentrasiekampe dood… Tumi en haar tipes het swak of selektiewe geheues

Eduard ·

My seun in graad 8 in n afrikaanse skool mag nie se jou swart seun nie. Die swart seun in sy klas wat kastig nie afrikaans verstaan nie se vir hom, jou wit kort gat seun bly stil. Dit verstaan ek nie.

Johan Sloet de Villiers ·

Tumi het natuurlik NIKS verkeerd gesê nie.
AfriForum wéét dit en het die klagte teen haar laat vaar.
You go Tumi, the truth will always overcome.
Thank you again.

Gogga ·

Ek het in die apartheidsjare grootgeword. Ek was n kind van voorskool ouderdom toe ons n republiek geword het.
As kinders sou ons nie waag om enige grootmens te jy en te jou nie, maak nie saak watter kleur hulle was nie.
Nou na al die jare vind ek baie minder haat en onverdraagsaamheid by die mense wat daardie tyd geraak is deur apartheid as by die jong mense van nou! Al wat ek nog steeds hoor is “ons” en “hulle”! Kom oor julleself asseblief! Mense is net mense oral in die wereld waar ek al was! Hou op mekaar se knoppies druk, dan sal dit beter gaan met almal!
Soos ons almal weet is niks vir ewig nie. Nie apartheid nie en ook nie die huidige bedeling nie. Die mense wat nou onreg pleeg skiet net hulleself en hulle nageslag in die voet!
Laat elke ou sy spreekbeurt kry en kies jou reaksie op wat gese word versigtig. Die krag van stilbly moet nie onderskat word nie. As n ding nie aandag kry nie sterf dit gewoonlik n stille dood.

LM Radio ·

LM Radio is op AM 702. Tumi en Martin het my van dag 1 af al so geirriteer dat ek net nie langer na hulle kon luister nie. Het sederdien oorgeskakel na LM Radio en geniet hulle musiek en programme vreeslik baie. Fantastiese stasie !

barend ·

PRETORIA FM 107.6 [SECUNDA omgewing]
L.M RADIO AM 702 goeie musiek en geen twak praat nie baie soos die radio 5 in die vroe tagtigs

barend ·

doen julle self die guns en luister sondae na 702 solid gold puik musiek en dit maak n mens se dag

E.K. ·

Alhoewel my oumas in die konsentrasiekampe was soos vele ander in die Anglo-Boere-oorlog en mense na die oorlog moes terugkeer na totaal afgebrande plase met geen diere, loop ek nie nog elke Engelsman en haat wat ek sien nie. Ek vermoor hul ook nie wreed links en regs nie. My eie ouers het ook nie dit gedoen nie. Selfs my ouma-hul het vergewe en aangegaan. Tumi dalk kan jy daaruit iets leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.