Omstander gewond toe skote klap in mislukte transitorooftog

Argieffoto

Die polisie van Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga het Woensdag ʼn volskaalse soektog na vier verdagtes van stapel gestuur nadat dié verdagtes net ná 07:00 in ʼn mislukte transitorooftog betrokke was.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die voorval het by ʼn vulstasie in dié dorp plaasgevind.

Volgens Sedibe het drie mans in ʼn silwer Volkswagen Polo en ʼn vierde man in ʼn silwer Audi A4 op die G4S-transitovoertuig losgebrand.

Sedibe het gesê die veiligheidswagte het ook skote afgevuur, waarna een van die verdagtes vermoedelik gewond is. “Die ander verdagtes het daarin geslaag om hom [die beseerde man] na die motor te trek en van die toneel te vlug,” het hy gesê.

ʼn 33-jarige omstander is ook in die voorval gewond. Sedibe sê ʼn ander motor wat nié in die rooftog betrokke was nie, is tydens die voorval raakgeskiet.

Geen kontant is in die voorval gesteel nie.

Enigiemand met meer inligting word aangemoedig om lt.kol. Solly Thobejane by 079 891 5845 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Well done ·

Well done aan hierdie veiligheidswagte, ongelooflik. Jammer aan die omstander, hoop jy is gou weer op die been.

Leahim ·

Onmoontlik om die polisie te help met hierdie beskrywing as dit die tipe beskrywings wat gegee word los die gedeelte uit van inligting vir die polisie dit is n mors van tyd.

Charmaine coetzee ·

Hoe ironies hulle soek altyd verdagtes kyk maar na die plaasmoorde en dan word hulle net nooit gevang nie !!!!!!!99% van die tyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.