Omstander red kind uit Durban-hawe

‘n Verbyganger het die kind uit die water gered. (Foto: Wilson’ Wharf/Facebook)

ʼn Verbyganger het ʼn 11-jarige kind van ʼn amperse verdrinking gered nadat die seun in die hawe by Durban gaan swem en in die moeilikheid beland het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici is Maandag omstreeks 13:40 na die Wilson’s Wharf-gedeelte van die hawe ontbied.

Met paramedici se aankoms daar het omstanders reeds die seun begin help en nooddienswerkers kon by hulle oorneem.

Van Reenen sê dit blyk dat die seun en sy maats in die hawe gaan swem het toe hy begin sink het.

“ʼn Verbyganger het op sy voete gedink en die seun vinnig uit die water gehaal,” sê Van Reenen.

Die kind was deurmekaar en is op die toneel behandel voor hy na die King Edward-hospitaal vir verdere behandeling geneem is.

“Die verbyganger word geloof vir sy vinnige optrede wat ʼn lewe gered het,” sê Van Reenen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.