Omstander tydens skietgeveg doodgeskiet

Foto: ANA

ʼn Omstander is Vrydag tydens ʼn skietgeveg by ʼn taxistaanplek in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Die Masukwanas-staanplek het Vrydagoggend soos ʼn oorlogterrein gelyk toe pendelaars, straatverkopers en leerders van ʼn nabygeleë hoërskool vir skuiling moes hardloop terwyl die skote geklap het. Die skietery hou verband met voortgesette konflik tussen taxi-operateurs in die gebied.

“Dit was gedurende ons breuk rondom 10:00 die oggend, toe ons skielik gehoor het hoe skote afgevuur word. Almal het gehardloop vir skuiling. ʼn Mens kan jou net indink die chaos soos die kinders gehardloop en weggekruip het,” het een van die onderwysers van M.L. Sultan High School gesê. Sy het versoek dat haar naam nie genoem word nie.

Leerders is toegelaat om ʼn ruk daarna huis toe te gaan, maar moes ʼn kant-uitgang gebruik, aangesien die hoofuitgang naby die toneel van die skietery was.

ʼn Veiligheidsmaatskappy se voertuig wat naby die taxistaanplek was, is ook aan die brand gesteek.

ʼn Straatverkoper het vertel hoe sy gesien het hoe een van die omstanders geskiet word. “Ek het hom sien val en sy laaste bewegings maak. Dit is so onregverdig, want daardie persoon het net sy daaglikse roetine gevolg en toe word hy geskiet. Die reuk van vuurwapenskote het in die lug gehang,” het die geskokte verkoper gesê.

Foto: ANA

Sy het gesê sy is dankbaar dat sy nie in die voorval beseer is nie.

Pendelaars is gestrand gelaat aangesien die polisie die toneel afgesper het om hul ondersoek te doen. Teen laatmiddag is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Mxolisi Kaunda, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, het die toneel besoek en ʼn beroep op pendelaars gedoen om kalm te bly. “Die regering is bewus van die situasie en ons sal seker maak dat diegene wat hiervoor verantwoordelik is die volle mag van die gereg in die gesig staar,” het Kaunda gesê,

Hy het ʼn lang vergadering met taxi-operateurs gehou in ʼn poging om ʼn oplossing vir die konflik te vind.

Dié voorval was die tweede skietvoorval by die taxistaanplek vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oom Kalahari ·

Nou wat kan mens se van die pragtige Demokratiese land met sy reenboog nasie. Wel dit is ‘n broeiplek van chaos, anargie, moord, roof, verkragting, roof, intimidasie, aanhitsing tot rasse konflik en so gaan dit aan.
Die pragtige en vooruitstrewende derde rangse afrika. Reisigers moet maar mooi dink as hul hierdie geweldadige hool wil besoek.

André ·

Goeiedag Maroela Media

Moet die woord breek nie eerder breuk wees nie?

Groete
André

Gert ·

Nee Andre nee! Hou of vat jy tee breek of tee breuk? ‘n Breuk is iets wat in jou lieste of mantelvlies ontstaan en dan moet jy geopereer word vir dit. Op “muisboek” sien mens dikwels hoedat die word deur Afrikaans sprekendes wat veronderstel is om skool te gegaan het darem seker tot ten minste std 6, total verkeerd gebruik word. Korrigeer my as ek verkeerd is.

Mariné Lourens ·

Dagsê André

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

CHRISTA ·

Ons het ALMAL kamma gelyke regte in hierdie land onder die nuwe bedeling!! Wat ‘n grap!!

Taxis kom weg met ALS!! Hier in Ekurhuleni ry hulle oor rooi verkeersligte – weier net om te stop!! Hulle blokeer ons hoofweë en EIS dat al hulle boetes afgeskryf moet word, maar ONS moet boetes betaal!!! Hulle word vrygeskeld van tolgelde, maar ONS moet tolgelde betaal!!! Hulle betaal nie eers inkomstebelasting nie, want hoe kan dit bereken word as hulle nie eers aan EEN passasier ‘n kaartjie of tipe kwitansie gee nie!!!

Hulle ry aan die verkeerde kant van die pad al is daar aankomende verkeer!! Ek ry 2 maal ‘n week na Kempton Park, maar het nog NOOIT enige Ekurhuleni Metro Polisie voertuig gesien wat langs Pretoriaweg staan en taxis en ander voertuie aftrek wat nie padwaardig is nie – jy sien hulle nie eers op Pretoriaweg nie!!! Taxis gebruik die regsdraaibaan as hulle eie private baan om ander motors verby te steek!!!

Die taxibedryf in ons land is ‘n MAFIABENDE op hulle eie en HULLE KOM DAARMEE WEG!!!

Ons polisie en metropolisie moet net besef: HULLE het ook kinders en ander familie op die pad en hulle MOET NIE ontsteld wees die dag as een van hulle onder hierdie wetteloosheid gaan deurloop nie!!!

Driekie ·

Die woord moet ‘breek’ wees. N pouse is wanneer daar n onderbreking in die program/werk is. Die roetine word dus onderbreek…nie onderbreuk nie.
Breuk word gebruik in wiskunde en mediese toestande soos hier bo deur Gert verduidelik.

Cherokee ·

Wat in interessante debat! Driekie, ek hou van jou redenasie mbt breekdeel maar miskien kan dit ook vertolk word tot ‘n breukdeel van die dag se skof. Ek ondersteun egter jou en Gert se siening daarvan.

Koos ·

Pendelaars word gevra om kalm te bly? En aanhou om die krygstaxi’s te gebruik al word selfs omstanders geskiet! Dalk moet die agbare LUR Kaunda die mense aanraai om liewer omkruipers as omstanders te wees sodra die skote klap? Hy ry natuurlik in ‘n gepantserde ampsmotor met lyfwagte…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.