Omstander tydens transitorooftog geskiet

Foto: Facebook

ʼn Motoris wat Saterdagoggend verby ʼn toneel in die noorde van Pretoria gery het waar ʼn transitorooftog aan die gang was, is tydens ʼn skietgeveg deur ʼn dwaalkoeël getref.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die rooftog het omstreeks 08:00 in Karen Park naby Wonderpark plaasgevind. Volgens Makhubele het ʼn groep gewapende rowers op die transitovoertuig toegeslaan en ploftoestelle gebruik om die voertuig oop te blaas.

Foto: Facebook

Makhubele het gesê ʼn skietery het tussen die verdagtes en die veiligheidswagte ontstaan en ʼn vrou wat verby die toneel gery het, is in haar been gewond. Twee voertuie is ook in die skietery beskadig.

Volgens Makhubele is dit nie duidelik hoeveel verdagtes by die rooftog betrokke was nie, maar daar word beweer dit was meer as tien. Die verdagtes kon daarin slaag om met ʼn onbevestigde bedrag kontant van die toneel te vlug.

Foto’s van die transitovoertuig wat heeltemal in vlamme gehul is, is Saterdag op sosiale media gedeel.

Makhubele het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Sake van onder meer gewapende roof en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Mrs Bean ·

Poging tot moord? Sekerlik is hierdie slegs “disturbing the peace” as ek ander berigte reg lees??

Annie ·

Daar is ñ video geneem waar mens duidelik kan sien hoeveel mense betrokke was en hoe saar sommer net geskiet word.

Mrs Bean ·

Annie, dis sarkasme na aanleiding van berigte oor plaasaanvalle waar weerlose oumense met pangas aangeval en vir dood gelaat word, en dan ondersoek die polisie slegs huisbraak …

Gerrit ·

Wie gaan hulle in hegtenis neem pta se polisie stel nie meer belang en le net leeg van salaris datum tot salaris datum.

Max ·

Hulle handhaaf darem hul sigbaarheid. Soms bewustelose sigbaarheid of bewustelose sigbaarheid.

Ag Asseblief Tog ·

Gerrit, Aangesien jy so groot mond is, wil ek graag sien hoe jy 15 gewapende transit rowers man alleen gaan aanvat. Jy sal dit nooit maak as n polisieman nie want jy is eintlik maar pateties.

Cherokee ·

Dit behoort teen die wet te wees vir verdagtes om skote te skiet in publieke areas.

smurfie ·

Regtig?? Ek glo dis al laaaankal teen die wet. Om te roof is ook teen die wet. Dink jy nou regtig hulle gaan hul aan dit steur??

smurfie ·

Regtig???
Ek dink dis al laaaankal teen die wet. Dis teen die wet om te roof ook. Lyk dit vir jou of dit hulle pla?

Gatvol ·

Gerrit ek stem saam jou.
‘Ag asseblief tog’… Gerrit het nie ‘n begeerte om polisieman te wees. Hy sê slegs dit wat waar is.
Ek het oor die afgelope 6 maande , 3 keer by die polisie ‘aangeklop’, en is elke keer sonder enige hulp, teruggestuur.
Ek het verby ‘n hoek in Pta-Noord gery, waar drie swart mans besig was om met ‘n ou wit boemelaar te baklei.
Ek en my seun van 15, wou nie tussenbeide tree.
Die ou man se vrou het geskree, en daar was bloed oral op die sypaadjie.
Ek het gedink om my seun te wys om (soos in die ou dae), die Polisie te vertrou met hierdie nood, aangesien dit buite ons beheer was.
Toe ek by die Polisistasie kom, was hulle redelik ongeduldig, en die reuk van ‘vis en tjips’ was in die lug.
Olie-besmeerde hande en lippe is met sneesdoekies afgevee, en ek is so tussen die ‘kou’, deur gevra ‘yes?’
Toe ek vertel wat die probleem us, is daar gesê hulle karre is almal uit en dit gebeur in elk geval gereeld dat die wit boemelaars moeilikheid soek.
Wat ‘n voorbeeld vir my 15 jarige seun?
Toe ek terug gaan na waar die probleem was, is almal weg. Ek weet nie wat met hierdie arme twee oumense gebeur het.
Daar was twee ander gevalle. Een by Mayville, een in Villieria, waar ek net vertel is, dis nie hulle werk ek moet self probeer dinge oplos, want hulle is besig!?

Gatvol ·

Gerrit ek stem saam jou.
‘Ag asseblief tog’… Gerrit het nie ‘n begeerte om polisieman te wees. Hy sê slegs dit wat waar is.
Ek het oor die afgelope 6 maande , 3 keer by die polisie ‘aangeklop’, en is elke keer sonder enige hulp, teruggestuur.
Ek het verby ‘n hoek in Pta-Noord gery, waar drie swart mans besig was om met ‘n ou wit boemelaar te baklei.
Ek en my seun van 15, wou nie tussenbeide tree.
Die ou man se vrou het geskree, en daar was bloed oral op die sypaadjie.
Ek het gedink om my seun te wys om (soos in die ou dae), die Polisie te vertrou met hierdie nood, aangesien dit buite ons beheer was.
Toe ek by die Polisistasie kom, was hulle redelik ongeduldig, en die reuk van ‘vis en tjips’ was in die lug.
Olie-besmeerde hande en lippe is met sneesdoekies afgevee, en ek is so tussen die ‘kou’, deur gevra ‘yes?’
Toe ek vertel wat die probleem us, is daar gesê hulle karre is almal uit en dit gebeur in elk geval gereeld dat die wit boemelaars moeilikheid soek.
Wat ‘n voorbeeld vir my 15 jarige seun?
Toe ek terug gaan na waar die probleem was, is almal weg. Ek weet nie wat met hierdie arme twee oumense gebeur het.
Daar was twee ander gevalle. Een by Mayville, een in Villieria, waar ek net vertel is, dis nie hulle werk ek moet self probeer dinge oplos, want hulle is besig!?

Dina ·

Pretoria is besig om in n oorlogsone te verander. Rampokkery en misdaadgebied vier hoogte en die regering kan dit lankal nie meer be here nie.

marous ·

Hele land is in ghaos gedompel. En daar gaan niks gedoen word nie …. glo dit maar. In ander lande sal die weermag ontplooi word en krygswet is aan die orde van die dag . Hier weet die weermag nie eers waar hulle wapens is nie…

Natan ·

Waarnatoe gaan die geld wat so geroof word? Dit is nogal handig om politiek mee te finansier, want die organisasies is groot, lomp en ondoeltreffend. Daarby het sekere politieke partye ook militêre groeperinge en toegang tot wapens wat nooit verklaar of ingehandig is nie.

Avra ·

Hoeveel miljoene is op so n maier bymekaar gemaak? Ons het baie wel gest elderly rampokkers in hierdie land

Cherokee ·

Avra, as ek jou reg verstaan, vra jy of rampokkers ook ‘n pensioenfonds het.

Oom Kalahari ·

Hierdie plofstof moet verseker van polisie of weermag lede af kom. Die laaste afgelope weke is daar sovele Cash in Transit (CIT) rooftogte en hier is verseker ‘n slang in die gras. Daar is verseker interne inligting wat uitlek nabuite en of selfs personeel self wat betrokke is.

Ag Asseblief Tog ·

Kry jou feite reg, voordat jy klomp nonsens hier kwyt raak. Die polisie gebruik nie plofstof nie.

Keelvol ·

Regtig… Transito rooftogte vind omtrent elke 2de dag plaas

Kan die banke regte nie ander maniere vind vir geld vervoer nie hul voertuie staan soos seer oog uit

Gatvol ·

‘Ag asseblief tog’…
Jy klink vir my na ‘n ou skeptiese man, wat dink alle polisiemanne is eerlik en opreg??
Dis net uiters verdag, dat niemand ooit vasgetrek word, of eens gesoek word nie??!!
Ek reken hierdie tipe georganiseerde misdaad, is hoog op.
Elke ou kry ‘n ‘cut’!
Kyk na die koerant vandag!!
Swart politisie praat sommer so, van iemand wat hom 54 miljoen skuld, asof dit niks is!!?? Waar de duiwel kom daai geld vandaan?????
Miskien…. ‘transito rooftogte…’
Die polisie is een van ons GROOOOOOTSTE pribleme in hierdie land.
Baie van hulle get net Graad 10….
In die ou dae, moes jy ten minste matriek gehad
het. Die manne is onder vreeslike druk en spesialisering opleiding gesit.
Deesdae kan hulle 700kg weeg, en letterlik met moord wegkom.
Alles word toegesmeer, en hulle het geen gewete!!
Ek is seker, daar is nog altyd die dierbare polisieman wat werklik ‘n verskil wil maak, en my hart vir hulle.
Dit moet moeilik wees in ‘n see vol bar gedrag, om kop bo water te hou.
Die Polisie, Weermag, Skole en Hospitale lyk BEROERD!!
Kannie glo dit was die eens trotse land waar ander Medici, Loodse, Speurders ensomeer van regoor die wêreld kom opleiding kry het…
Nou is dit net vat, breek, moor, brand en slegsê wat oorbly.. en dan is daar nie meer water, krag of kos nie. Wonder net wat het regtig verander van die ou SA na die nuwe???
Is dit nie duidelik nie????
Die WAARHEID mense..die WAARHEID??

Manie ·

Dit is net ongelooflik die wetteloosheid in die land. Dit begin by die anc wat die mag wou hê net om hulle hande in die land se geldlaai te kry.

JoeV ·

Nou sommer so in die woonbuurte, seker om te meet wat die gevoel van die inwooners, en hulle reaksie.
Daar is geen rede dat die voertuie hoef te stop vir sedan motors of bakkies nie, kan sulke voertuie maklik uithaal met die trokke en weg ry na veilighied.

Olga ·

Dit het ‘n blok van ons af gebeur. Ek was geskok toe ek ‘n video sien van mense wat na die tyd gehardloop het om die oorblywende geld op te tel… Ek kan nie verstaan hoe die mense dit doen nie, hoe baie tyd spandeer hulle dan nie om die tipe ding uit te werk nie? Hulle kan so baie positiewe goed doen om die land te verbeter??

Mijanka ·

Cherokee, lees gou weer jou kommentaar en besef gou in watter land jy bly….

Ag Asseblief Tog ·

Die oningeligte kommentaar van seker mense elke dag hier op MM is lagwekkend. Hulle maak nie seker van hulle feite voordat hulle iets hier kwyt raak nie. Hulle is maar regtig pateties.

Gatvol ·

Ag asseblief tog!!!!
Lees dan jou Sowetan…
Niemand dwing jou om MM te lees!!
Dis darem een iets wat jy nog self kan kies??

Johanna Botha ·

En die polisie gaan hulle MISKIEN opspoor ….en as hulle doen is die kaans baie goed dat hulle gaan ontsnap ….sien mos baie oor die nuus hoe pateties dit daar gaan ! Baie van die polisielede het dan self krimenele rekords …red n volk ! Net een woord ….PATETIES !

Tokkolos ·

Ja nee ek sit in Daspoort maar ek dog hier is dit oorlog Genugtig daai ontplofings en geweerskote was genoeg om onder my bed te gaan weg kruip. Wat my pla is die wagte het mooi op grond gele daar is geskiet maar net omstanders is getref Maak nie mooi sin nie nê Welcome to S.A.

marous ·

Hele land is in ghaos gedompel. En daar gaan niks gedoen word nie …. glo dit maar. In ander lande sal die weermag ontplooi word en krygswet is aan die orde van die dag . Hier weet die weermag nie eers waar hulle wapens is nie…

Mariana ·

Ek le hierdie transito aanvalle vierkantig voor die deur van die maatskappye wat die geld vervoer. Daar bestaan vir jare al meganismes wat as daar met die houers gepeuter word, n gasbommetjie aktiveer wat die geld tot as verbrand. Die maatskappye het in elk geval die geld verloor met die aanval maar ook lewens in gevaar gestel. Gebruik die gasbommetjie en hulle kan die geld op n oop voertuig vervoer! Misdadigers sal weet hulle kry niks geld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.