Omstanders besteel man ná ongeluk

Die motor se wrak. Foto: Rescue Care

Omstanders het Woensdag ʼn man se motor geplunder nadat hy ernstige beserings in ʼn motorongeluk opgedoen het.

Ceron Meadows, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê die voorval het omstreeks 13:00 in Mary Thiphestraat (Cato Manorweg) in Westridge in Durban plaasgevind.

Die man, in sy 40’s, het op ʼn manier beheer oor sy voertuig verloor en teen ʼn lamppaal gebots.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die erg beskadigde motor aan die kant van die pad aangetref,” het Meadows gesê.

“Die bestuurder het ernstige beserings in die botsing opgedoen en is kort daarna deur omstanders genader. Hy het gedink hulle was daar om hom by te staan, maar hulle het egter al sy waardevolle besittings gesteel en gevlug.”

Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die botsing is nie in dié stadium bekend nie en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jona ·

Sê ek ook, ek waarsku al wat leef hier dat SA moet sonder hulle Euros klaar kom, dis hopeloos te gevaarlik. Sal self nie weer my voete daar sit nie, gelukkig my dad hul gekry om hierheen te verhuis 4Maart, moet net die laaste paar dae oorleef in daai “land”

Sarel swartbrand ·

Dit is die hool waarna Presedent Trump verwys het. Net n totale uitwissing deur n meteoriet op Afrika sal die beskaafde wêreld kan red.

anti vergrype ·

En hulle wil grond besit en boer?
Die antwoord is in die berig……..
Gaan nie werk nie……………………..

Pieter ·

Verstommend om te dink, is dit nou waarmee ons moet saamleef?

christa ·

seker sekere omstanders. Mense met integriteit en sal nie sulke dinge doen nie.

Werner Holt ·

Omstaanders ?????? Is daar nie ‘n meer omskrywende regte woord nie ?

Piet Pompies ·

Gedurende 1996 kry ‘n ouerige man beroerte lang sy motor in ‘n parker areain Vereeniging, hy sterf agv daarvan . Die straat kinders beroof hom van sy waardevolle eiendom.
Taamlik onlangs is ‘n familie lid in ‘n motorfiets ongeluk op ‘n hoofroete in KZN, sy bobeen is gebreuk en kan nie beweeg. ‘n Voertuig stop op die toneel, die passasiers beroof hom en verlaat die toneel. Die dame wat in hom vasgery het kon niks doen om die familie lid te bekerm….

Ekke ·

As die berig nou genoem het “die beseerde persoon is NIE beroof nie” sou my bek van verbasing oop geval het…maar ja klink vir my eg SA

TDW ·

@ekke
Hahaha, dis so waar. Dís eintlik iets wat die nuus moet haal.

KG ·

Dis werklik hartseer dat sekere mense so kan optree….sjoe!!!

Hanna ·

Dalk moet die benaming van “omstanders” eerder met “aasvoels” vervang word. Dis wat hulle is: rowers!

Coen ·

Ek kan aan n naam dink maar dan word ek weer skuldig bevind by die gelykheidhof in die ???demokratiese??land.

Karolis ·

Medemense, julle verstaan nie. Ek is in die insleep bedryf. Ek dink ek moet eerder stilbly.

Robert ·

Verstaan nie hoekom is die mensdom so geskok nie. Gebeur nou al n leeftyd lank, nie net van gister af nie. Raak maar gewoond daaraan.

Ben ·

Dis n wonder dat die nooddienste nie ook beroof is nie. Dit is mos nou n nuwe gier wat kop uitsteek in ons wonderlike land

Jewels ·

Ek het meer as 20 jaar terug my eggenoot in n motorongeluk verloor op die Rustenburg pad. Hy was saam met 2 vriende waarvan 1 ook oorlede is en die ander breinskade opgedoen het. Selfs met die voertuig wat half onder die bus was, het die ‘persone’ wat op die bus was die oorledenes en erg beseerde geroof. Geen beursies en persoonlike items was gevind op die beseerdes nie terwyl my oorlede eggenoot se trouring op sy ‘knuckle’ gesit het soos hull probeer het om dit van sy vinger te verwyder. Ek leef onder geen illusie in SA dat ‘mense’ geen respek het vir ander mense nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.