Omstanders red persoon uit brandende trok

vuurvlamEen persoon is dood en ʼn ander kritiek beseer nadat ʼn vragmotor Dinsdagaand op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal aan die brand geslaan het.

Robert McKenzie, ʼn woordvoerder van die provinsie se nooddienste, het Woensdag in ʼn verklaring gesê nooddienste is omstreeks middernag na die toneel tussen Kokstad en Mount Ayliff ontbied.

“Dit is nog nie duidelik waarom die vragmotor aan die brand geslaan het nie,” het McKenzie gesê. “Verbygangers het die kritiek beseerde pasiënt uit die brandende vragmotor getrek voordat paramedici by die toneel opgedaag het. Die ander persoon het in die vragmotor verkool.”

Die polisie ondersoek die voorval. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.