Omstanders red trokdrywers van vlammedood

Twee trokke het mekaar vanoggend reg van voor getref. (Foto: Narda Vermaak)

Twee vragmotorbestuurders het waarskynlik hul lewens te danke aan die vinnige optrede deur werkers van twee plaaslike ondernemings nadat hulle in ʼn ongeluk buite Lydenburg betrokke was.

Die twee gelede vragmotors het chroom vervoer toe hulle Dinsdag net voor 08:00 in ʼn trompop botsing betrokke was. Die ongeluk het op die Roossenekalpad, ongeveer tien kilometer buite Lydenburg in Mpumalanga, plaasgevind en die vragmotors het kort na die ongeluk aan die brand geslaan.

Sheldon Uys, ʼn werknemer by Gerald Thomas Freight wat langs dié pad geleë is, het aan Maroela Media vertel dat hy ʼn groot slag gehoor het. “Een van ons werknemers het na my toe gehardloop en vertel dat twee trokke op die pad aan die brand is. Ek is dadelik na die toneel en daar is gereël vir ʼn bakkie vol brandblussers.” Uys sê Ackermann Saagmeule, wat langs Gerald Thomas Freight geleë is, het hul watertenkwa na die ongeluk gestuur.

Nooddienspersoneel besig om die laaste vlamme van die brandende trok te blus. (Foto: Narda Vermaak)

Met die brandblussers en watertenkwa kon werknemers van die twee ondernemings die brand onder beheer kry tot die plaaslike brandweer opgedaag het.

Ooggetuies op die toneel het aan Maroela Media gesê een van die vragmotors het vir ʼn groot slaggat in die pad uitgeswaai en die kajuit en dieseltenk van die ander vragmotor getref. Met die impak het die ander vragmotor se dieseltenk ontplof.

“Toe ons op die toneel kom het die bestuurders weerskante van die vragmotors se kajuite gelê, enkele meters van een van die brandende trokke. Hulle moes seker deur die trokke se ruite geklim of gespring het,” meen Uys.

Volgens Uys het werkers met bakkies die pad toegemaak en afgesper.

“Intussen het die bande van die trokke begin bars en het die vlamme die ander trok se dieseltenk bereik. Ons het nie geweet hoeveel diesel in die tenk is nie en wou voorkom dat dit ook ontplof of vlamvat.”

Omstanders glo dat die vinnige optrede van hierdie werknemers daartoe gelei het dat nooddienspersoneel toegang tot die beseerde bestuurders kon kry.

Een van die bestuurders is na die Midmed-hospitaal in Middelburg en die ander een na die Mediclinic vervoer. Albei het ernstige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

koos10 ·

Daai is swembaddens. Word slaggate nou oop gesny? ‘n Verskoning van die plaaslik owerheid dat hulle aan die slaggate “werk”? Waar is die afsperrings? Dankie vir die hulp aan die twee bestuurders. Nou dagvaar die rook uit die plaaslike owerheid uit!

Blikkies ·

Potholes…………hulle ry mos gereeld die pad en weet how sleg is die toestand. Veral die trokke moet maar versigtig ry. Hoop hulle sterk gou aan.

Pieter ·

Die land het sy alie gesien ouer people sal nooit ooit regkom nie.

lodewyk ·

Gaan die regering nou vir die skade betaal op daai trokke?? -Ons paaie val uitmekaar en skade word veroorsaak aan voertuie of nog erger lewens verlies asgv van slaggate-Besighede met swaar voertuie se permitte en lisensie gelde beloop miljoene jaarliks so ook ons normale pad gebruikers,waar gaan daai geld heen?Toemaar ek dink ons almal weet wat is die antwoord op die vraag!-maar welgedaan aan die mense wat die brande kon blus en lewens spaar

Frank ·

Mens wil sê eis, eis, eis van die padowerheid, maar op die einde gaan ons in elk geval self moet betaal deur belastings ens.

E ·

Ja die hartseer waarheid. ons betaal omtrent 4 keer vir dieselfde pad. Lisensies, petrol, etol. derde prty versekering etc, etc.

Cindy ·

hulle in ieder geval bankrot en kan nie die eise betaal nie!

Mallie ·

Baie dankie aan julle vinninge optrede. Dagvaar die mislikepaliteit vir hulle swak en geen dienslewering.

Misky ·

Ons betaal deur ons ore vir lisensies en ons voertuie/trokke moet padwaardig wees, maar ons land se paaie is nie “voertuigwaardig” nie

Pandora ·

Ek reis op daardie roete op ‘n daaglikse basis en was vanoggend daar met die ongeluk.
Daardie slaggate is nog gangbaar. Daar is ander slaggate wat baie erger lyk, en dis op strategiese plekke waar die beligting soms power is. Die spesifieke pad is ook nie toegerus met ‘n noodbaan nie, dus is daar nie werklik plek om uit te swaai vir die gate nie, behalwe om te stop, en te weet dat jou agterent flenters gery gaan word, of om uit te swaai in die aankomende verkeer se baan nie.

Daar is ook daagliks voertuie wat langs die pad staan met skade as gevolg van hierdie gate. Die myne in die omgewing huur ‘n tender teen maandelikse bedrag om hierdie roete in stand te hou, maar duidelik gebeur dit nie tydig soos dit moet nie. Mens is daagliks blootgestel aan moontlike ongelukke. Mense jaag, vragmotors swaai blindelings uit. Dis een groot nagmerrie.

Wielspore ·

Ek voel jammer vir die beserings wat die HMV opgedoen het maar terselfde tyd het ek min simpatie met die situasie aangesien dit hierdie swaar voertuie is wat ons paaie in die Laeveld stukkend ry, die voertuie jaar soos duiwels. Taamlik onlangs is daar ‘n skoolseun van Lydenburg in die dorp doodgery nadat so ‘n HMV bestuurder die stop straat verontagsaam het. Die Sabie Nelspruit pad wat onlangs oorgedoen is het alreeds skade begin kry agv die voertuie.

Niklaas ·

Vreemd dat die toestand van paaie so verskil tussen provinsies. Ons het gister vanuit Natal se kusstrook gereis op ‘n netjies , skaflike pad en verby Pongola in Natal , halfpad na Piet Retief waar jy Mpumalanga binnery , verval alles. Dan word dit ‘n hobbelpad , vol lapvorm-lasplekke , krake , gate ens.
Dalks is dit ‘n vorm van spoed beheer , want alhoewel die spoedperk 120 km/u is kan mens nie sommer vinniger as 85 km/u ry nie. Swak Mpumalanga !

Riana ·

Sue dit wit wax uit die regering uit… ons betaal belasting en rates en taxes en niks infrastruktuur word instand gehou nie…

Noels244 ·

En weereens doen die verantwoordelike partye net mooi boggerol om die saak reg te stel. Die ergste is dat ons nou al so gewoond is aan slegte paaie dat ons verbaas is wanneer ‘n pad wel nie vol gate is nie. Cry, our beloved country.

Peetjie ·

Dit gaan meer en meer gebeur want die paaie is in n vreeslike toestand…en die regering trek net hulle skouers op… Sit n eis in teen die plaaslike regering vir die verlies van trokke

Danie ·

Hierdie skade kom daagliks voor en dis tyd dat die padowerhede gedagvaar word vir skadevergoeding.
Die gewone man staan alleen so n klas aksie sal beter wees.
Ek het twee weke gelede groot skade en koste en ontwrigting gehad deur n slaggat wat ek nie kon vermy nie op pad Kuruman toe.
Die owerhede sit net n bord op “Potholes” en sit dan agteroor en wag vir hulle bonus for a job well done.

KhoiKhoi ·

Sal gekritiseer word maar deel van die probleem lê by die getal vragmotors op ons paaie.
Kortliks, kry die spoornetwerk weer doeltreffend.

Die swaar vragte veroorsaak dat geen teerpad kan hou nie.
Hulle moet beperk word tot korter distansies – vanaf die stasie tot besigheidspersele as voorbeeld.
Daarby sal ‘n funksionerende spoornetwerk, werksgeleenthede verskaf.
Ons ouer persone weet watter impak het die destydse Spoorwëe en Hawens gehad het.

Jack ·

Ons doen ons posisie gestand as die land met die gevaarlikste paaie ter wereld. Hou so aan julle treurige munisipaliteite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.