Omstanders sterf toe transitorowers losbrand

(Argieffoto: SA Polisie)

Twee onskuldige omstanders is Woensdag deur gewapende verdagtes doodgeskiet wat vermoedelik by ʼn transitorooftog op Putfonteinweg in Ekurhuleni betrokke was.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het die verdagtes lukraak op die omstanders losgebrand. Twee mans is op die toneel dood verklaar terwyl nog ʼn beseerde slagoffer na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Die polisie het nou ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur. Drie wegkomvoertuie is wel intussen opgespoor.

“Die polisie het sy misdaadtoneelkundiges en bomeenheid ingespan om die voorval te ondersoek, terwyl ʼn multidissiplinêre span ontplooi is om die gewapende verdagtes op te spoor,” het Mathe gesê.

“Die polisie het reeds op drie wegkomvoertuie afgekom insluitend ʼn uitgebrande goudkleurige BMW-sedan, ʼn silwerkleurige sedan [maak onbekend] en ʼn wit Audi A1.”

Mathe sê ’n onbekende bedrag geld is tydens die rooftog gebuit.

“Enigeen met inligting word aangemoedig om die stasiebevelvoerder van Crystalpark by 082 822 8315 te kontak. Anonieme wenke kan ook by die Stop Misdaad-hulplyn by 08600 10111 aangemeld word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Dit is hartseer om sulke nuus te lees so vroeg in die môre.Twee onskuldige mense moes aan die hand van misdadigers met hulle lewens boet.Ek bid dat die publiek die inligting aan die polisie sal verskaf wat sal lei tot die opspoor van hierdie skuim.

Frank ·

Dis hartseer wanneer sulke tipe geweld so algemeen word dat die name van die gestorwenes nie eers meer bekend gemaak word nie. Veral nie indien jy nie ‘n politieke figuur of bekende is nie.
Dalk ‘n pa van kinders, of ‘n oupa, ‘n broer, ‘n wederhelf, iemand se kind. Dis baie hartseer as jou naam maar net deel word van statistiek

ES ·

Die probleem is dat mense nuuskierig is en nader gaan staan om te kyk en te wag vir die geld wat oorbly. Mense moet ophou om dit te doen dan sul hul nie met hul lewens boet nie.

Pierre ·

stem 100% saam, meeste wil net die “video” deel en paar randjies maak daarmee.

George ·

en Cyril dink steeds SA is so “veilig soos enige plek in Europa”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.