Omstanders wat glo geldwa plunder in hof

‘n Skermskoot uit ‘n video van die voorval.

Sewe mense wat na bewering ʼn transitovoertuig geplunder het nadat dit tydens ʼn rooftog opgeblaas is, sal Donderdag in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane in Noordwes verskyn.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 58 jaar, het reeds op 6 September die eerste keer in die hof verskyn. Hulle is toe op waarskuwing vrygelaat en sal vandag weer in die beskuldigdebank wees op aanklagte van diefstal en dwarsboming van die gereg.

Maroela Media het vroeër berig die transitovoertuig is op 5 September op die R510 naby Monakato buite Rustenburg deur rowers oorval. Die rowers het die voertuig opgeblaas voordat hulle met ʼn onbevestigde bedrag geld gevlug het. Beeldmateriaal het later aan die lig gekom van lede van die gemeenskap wat op die transitovoertuig toesak en geld uit die voertuig steel.

Mokgwabone het gesê behalwe vir die diefstal het hierdie lede van die publiek ook die misdaadtoneel vertrap en gekontamineer. ʼn Ondersoek na die voorval het tot die sewe verdagtes se inhegtenisneming gelei.

Niemand is nog in verband met die transitorooftog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Die ou stelsel van 6 houe met ‘n rottang moet weer gebruik word. Dit het mense baie vinnig dissipline geleer, iemand sou dalk ‘n tweede keer moes buk maar nooit ‘n derde keer nie.

Pieter ·

Great nou moet hulle ook net die mense vang wat die trokke so beroof as die trok stilstaan STEEL IS STEEL!!!

Marinda ·

Nie vir ñ oomblik getwyfel dat hulle daar mee gaan wegkom nie.

LoL ·

Ek wonner waantoe sou die geld gegaan het as die mense dit nie gevat het nie ……

Alida ·

LoL, wonder jy nog? Enige mens sou dit opgetel het as dit rondgelê het. Die tronke is so vol en om hulle toe te sluit hiervoor is belaglik. Die geld is LANKAL uitgegee wat soek hulle nou by die mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.