Omstandighede bekyk ná vrou 10 verdiepings ver na dood val

Anele Tembe was verloof aan die bekende kletsrymer Kiernan Forbes, beter bekend as AKA. (Foto: akaworldwide/Instagram)

Die Kaapstadse polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn vrou Sondagoggend in Kaapstad tien verdiepings ver na haar dood geval het.

Die voorval het omstreeks 07:45 vanoggend by die Pepperclub Hotel op die hoek van Loop- en Bloemstraat in die middestad gebeur, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Anele “Nellie” Tembe (22) se familie het intussen haar dood bevestig. Tembe was verloof aan die kletsrymer Kiernan Forbes, beter bekend as AKA.

Die Forbes- en Tembe-families het in ʼn gesamentlike verklaring die nuus oor Tembe se “tragiese dood” bekend gemaak.

Die families het geen besonderhede bekend gemaak oor die omstandighede waaronder sy dood is nie.

“Ons ly nog aan skok en probeer ons gevoelens verwerk. Sy was ʼn uitsonderlike en begaafde jong vrou en soveel van die lewe het nog vir haar voorgelê.

“Sy het ʼn innemende geaardheid gehad en het altyd diegene om haar versorg,” lui die verklaring.

Die families sê Forbes is ontroosbaar en word in hierdie stadium deur familie en vriende onderskraag.

“In hierdie uur van droefheid vra ons nederig dat ons familie privaatheid en ruimte gegun word om te genees.”

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê volgens berigte op die toneel het die slagoffer van die tiende verdieping afgespring. Paramedici het haar op die toneel behandel, maar haar toestand het vinnig versleg en sy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Dis so hartseer en sy was nog so jonk. Daar word gesê sy het aan depressie gely en as mense dit tog net ernstiger beskou en die nodige hulp kry. Sterkte aan die familie

Racheltjie Debeer ·

Major depressie is ernstig, MAAR die mediese fondse erken dit nie as ‘n chronise siekte nie, jy moet maar self betaal vir jou medikasie.

Anoniem ·

Daar is bevind dat 40% van alle landsburgers aan depressie ly. Ten minste 75% van daardie mense weet nie eers dat hulle depressief is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.