Omstandighede ondersoek van veldwagter se dood in wildtuin

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Die presiese omstandighede rakende die dood van ʼn veldwagter en hondehanteerder in die Krugerwildtuin word ondersoek.

Shando Mathebula (36) is Woensdag in die Shangoni-gedeelte van die wildtuin dood. Daar is aanvanklik gesê hy is doodgeskiet. Isaac Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, het intussen gesê Mathebula is dood ná ʼn “konfrontasie met ʼn buffel”.

“Die presiese omstandighede rakende die voorval en die oorsaak van sy dood word deur die Suid-Afrikaanse Polisie en SANParke ondersoek. Die bevinding sal bekend gemaak word wanneer beskikbaar en soos toepaslik,” het Phaahla gesê.

Dumisani Dlamini, waarnemende uitvoerende hoof van SANParke, het sy medelye met Mathebula se familie, vriende en kollegas betuig.

“Sy toewyding is beïnvloed deur die behoefte om die beginsels van bewaring te bevorder en seker te maak dat ons fauna en flora beskerm word.”

Cathy Dreyer, die wildtuin se hoofwildbewaarder, het ook haar meegevoel met Mathebula se naasbestaandes betuig.

“Dit is ʼn hartseer dag wanneer ons een van ons eie mense, besig met die uitvoering van sy pligte, verloor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Is dit so moeilik om te sien of hy ‘n skietwond of gaffel wond deur ‘n buffel opgedoen het? Medelye aan die familie, vriende en kollegas.

JL ·

Teenstrydigheid in oorsaak van dood. Dit is nogal ‘n groot verskil tussen doodgeskiet en gegaffel. Eerste aanduidings sal buffelspore van ‘n gestoei al om die persoon wees.

Witbaard ·

Klink my die buffel word nou die sondebok om iemand te beskerm. Mens kan mos seker duidelik sien dat n buffelwond anders sal lyk as n skietwond. Wys ons fotos van die buffelspore en n gestruwel rondom die toneel, dan glo ons julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.