Omstrede Aarto-wet in Junie in werking

(Argieffoto)

Daar is nou geen omdraaikans meer nie: Die omstrede Wet op Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) gaan teen Junie vanjaar ten volle in werking gestel wees.

Die departement van vervoer sê Suid-Afrika steier onder ʼn hoë ongeluksyfer wat die land jaarliks miljarde rande kos, om nie eens van die lewensverlies te praat nie.

“Spoed, dronkbestuur, onpadwaardige voertuie, motoriste wat nie veiligheidsgordels dra nie, voetgangers wat onder die invloed is en motoriste wat boodskappe op hul fone tik, is van die grootste oorsake van ongelukke, sterftes en beserings op ons paaie,” het die departement gesê.

Die regering glo die wet, wat al baie kritiek ontlok het, is die antwoord op die hoë aantal ongelukke en sterftes, maar kenners het al telkemale gewaarsku dit loop die gevaar om in ’n onsamehangende, duur administratiewe proses te ontaard. Die Automobiel-Assosiasie (AA) het vroeër gesê die Aarto-wet is niks anders as die heffing van indirekte belasting nie.

Die wet is veral daarop gemik om motoriste wat herhaaldelik verkeerswette oortree, vas te vat. Dit behels onder meer dat motoriste strafpunte kry en uiteindelik hul bestuurslisensies kan verloor weens verkeersoortredings. Die strafpunte vervang nie verkeersboetes nie, dit word net bykomend opgelê.

Aarto maak ook voorsiening daarvoor dat oortredingskennisgewings met gewone pos óf per e-pos (elektronies) aan oortreders gestuur mag word.

Die Agentskap vir Padverkeersmisdrywe (RTIA) het ook die mag om reeksoortreders op voorgeskrewe rehabilitasieprogramme te stuur.

Verkeersoortredings gaan ook anders hanteer word: die proses begin sodra ʼn motoris ʼn beweerde oortreding begaan en ʼn kennisgewing daaroor ontvang.

Die grootste verandering is egter dat verkeersoortreders met die instelling van die nuwe wysiging nie meer in howe sal verskyn vir die oortreding nie. Die oortreder sal deur ’n administratiewe proses moet gaan en daarvoor moet betaal indien hy vertoë wil rig.

“Die Aarto-wysigingswet gaan beduidende veranderings voorstel om sterftes en botsings op ons paaie te verminder,” het Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Madz ·

Kom ons begin dan by die “Blou-lig Brigade” heel eerste asseblief…….

Niné ·

Soos die Engelse sou se, “good luck with this”. Hulle kan nie eens n honde kennel bedryf nie!

Doreen ·

Ek wil ook ‘n wetskrywer word in die regerende party, hulle word sakke vol geld betaal om bollie uit te dink.

marius ·

Grootste spul twak ! Daar word geen arrestasies of boetes uitgereik vir die moordenaars van die pad nie . Dit gaan net van toepassing wees op mense wat Sondae kerk toe gaan en hul bestuurders lisensies by die huis vergeet het . Dis die waarheid .

Vriendelike Frikkie ·

Marius, jy kan dit slegs as die waarheid etiketteer as dit reeds gebeur het. Nou is dit slegs spekulasie. Gee kans, dit word in Junie ingestel. In middel Julie kan jy dalk eg wees. ;-)

henndrik ·

Strenger wetgewing is nie die antwoord nie, toepassing is die antwoord maar dan word daar verwag sekere mense moet werk wat nie nou daarvoor te vinde is nie want hulle reken hulle kry nie salaris vir werk nie. Vervolg die mense wat nie die basiese pad verkeers reels gehoorsaam nie soos om teen sperstrepe ander voertuie verby te steek, nie by robotte stop nie ens. Spoed maak ongelukke erger, dit veroorsaak dit nie.

Anoniem ·

Indien wetstoepassing sonder korrupsie behoorlik toegepas word, behoort daar teen Desember 2020 geen minibus taxi’s meer op die pad te wees nie? Wat ‘n verligting.

Marthie ·

Ja Manie, dit gaan ‘n FEES wees om dan te bestuur, dit behoort dan ook die onpadvaardige swaarvoertuie ook van die pad af te kry of hoe?

Pandora ·

Hoe wil die regering motoriste dwing om wetsgehoorsame padverbruikers te wees terwyl die paaie waarop die padverbruikers moet ry in ‘n swak toestand is? AARTO moet dan maar eers vir die regering boetes stuur vir ‘n swak struktuur.
Dan ook: hierdie stelsel gaan heel gemaklik ‘n politieke skaakstuk word, waar persone op grond van ras of vermoëns oorgesien gaan word. Net nog ‘n byvoeging tot die korrupte staatsinstansie.

Hannahoekom ·

Goeie nuus: as hierdie reels ook vir minibus taxi bestuurders gaan geld, behoort ons binne n maand GEEN meer minibus taxis op ons paaie te sien nie. Dream on… Hierdie moordenaars-op-wiele gaan maar net weer hulself uit die stelsel “uitkoop”!

Nette ·

Begin deur korrupsie te stop waar bestuurslisensies uitgereik word, baie van die mense weet nie eers waar om die sleutel in te sit nie, maar loop uit met ‘n lisensie. As hulle dit stop sal daar aansienlik minder ongelukke wees.

antieke antie ·

onbevoegde beamptes gaan dit besluit oor wettige bevoegde drywers….

antieke antie ·

wie gaan al die vals lisensies en onpadwaardige drywers van die pad af haal

Alta ·

Al wat hiervan gaan kom is meer geld vir die regering . Geld wat verdwyn in die staatskoffers. Maar die grootste een is meer bestuurders sonder rybewysse. Dink hulle vir een oomblik ‘n persoon wat jare al bestuur gaan sommer net aanvaar sy/haar lisensie is afgevat.

Hoop hulle gebruik die geld om taxi bestuurders opleiding te gee hoe om die pad reëls te gehoorsaam.

Leonie ·

AARTO gaan absoluut niks help in die wettelose land van ons nie. Verkeersbeamptes moet hulle werk doen en nie op hulle agterstewe sit nie. Daar word niks gedoen aan normale daaglikse wetstoepassing soos verkeersligte, stopstrate ens nie. Bring net wetstoepassing terug of sal ek eerder sê kry beamptes wat weet hoe om dit te doen. Rooi verkeersligte wat verontagsaam word veroorsaak die meeste ongelukke huidiglik. AARTO is maar net ‘n manier vir die koruptes om meer bribes te vat. Kry wetstoepassing in elke dorp reg en skop die useless goed uit wat niks doen nie.

Chantel ·

Ek dink daar moet by elke verkeerslig, stopstraat en verkeers sirkel kameras opkom, want genade, mense ry net soos hulle wil. Dis mos lekker om sommer net oor een te jaag en nie te dink aan ander nie. Dis net weereens ‘n bewys dat SA wetteloos is.

Rika ·

Aitsa interressant om die te lees my vraag is WAT VAN DIE POTHOLES dis meer gate as paaie – dit veroorsaak ook baie lewens verliese????

ameli ·

Die verskriklike baie trokke op die paaie.. met al die geld wat so gemors word kon daar al lankal paaie gebou geword het spesifiek net v vragmotors en taxis. En tussen polokwane en kranskop n ordentlike eiland in middel. Maar nou ja…..

Chris ·

Ek lees almal se kommentare. Op die stadium is daar geen wet wat genoeg impak op verkeersoortredings het nie. Tans word jy “aangekla” onder die strafproses wet en verskeie padordonansies en reels. Niemand het ontsag vir padreëls en wet en orde nie. Die stelsel is ‘n kombinasie van wette in Australië en Brittanje. Dit is maklik afdwingbaar en het baie minder rompslomp. Jy gaan egter ‘n ander deuntjie sing as jy jou bestuurs of motor lisensie wil hernu en jy het boetes uitstaande. Die stelsel is baie makliker uitvoerbaar. Die meriete puntestelsel gaan die “gewoontmisdadiger” op ‘n dag piets. Die ou wat op nie parkeerplekke parkeer. Die spoedvrate en ander wangbruikers se punte gaan ophoop en moenie tjank as jou lisensie weggeneem word nie. Die eerste ouens wat dit gaan voel is die taxi bewegings. Die groot vervoermaatskappye gaan ook hop. Hulle is net so skuldig aan misdrywe. Oorlaai van trokke nie gekwalifiseerde bestuurders. Vergewis julle eers van die wet.

Pandora ·

Ongelukkig het die padverbruiker geen vertroue in die oordeelsvermoë van die persone wat hierdie wet moet toepas nie. Enige bedrag onder die tafel kan bes moontlik die toepassing van hierdie wet vir misdadigers stuit en die ongelukkige persoon is die eerlike man/vrou wat dalk net toevallig die dag die spoedgrens met 5km oorskry het.

Lolla ·

Ek sal graag wil sien hoe gaan hulle die Aarto wet toepas op dronk voetgangers. Hou MM dop.

Dr Pieter ·

Die grootste probleem met hierdie wetgewing is dat ons basiese reg op beswaar of appél ontneem word. Skuldig tot jy jou onskuld (teen ‘n koste) kan bewys. Dit gaan lei tot grootskaalse misbruik en intimidasie.
Korrupsie gaan ook floreer: ‘Betaal ‘n “fooi” of ek skryf ‘n kaartjie en jy het geen reg tot verdediging in ‘n hof nie!’ Makliker om die “fooi” te betaal ( en boonop strafpunte vry te spring) as om die duur “administratiewe proses” te volg.
Hoe gaan dit lei tot vermindering van ongelukke/ sterftes/ beserings?
Ek ry baie deur die land en sien selde verkeersmense wat wette toepas. Dié wat jy wel sien kuier in groepies , of kruip agter bosse weg om spoedoortreders “uit te vang.” Geen poging tot voorkoming!
Ek ry ook baie in die VK en Europa en daar is sigbare polisiëring met streng wetstoepassing. Ek het nog selde sulke bedagsame en wetsgehoorsame bestuurders teëgekom as in Engeland. Hoekom? Streng wette, streng toepassing , maar die klem is op VOORKOMING van die oortreding.

Thelsa ·

Stem saam. Ons regstelsel bepaal dat jy onskuldig totdat skuldig bewys. Met Arto is jy skuldig ‘by default’. Gaan nog in die Konstitusionele Hof aangvat word

Yolandie ·

Net nog ‘n stelsel wat sal faal want, die huidige reels op die paaie word net eenvoudig deur sommige individue geignoreer. Spoed, motorongelukke wat sterftes op die paaie veroorsaak (veral as jy onder die invloed bestuur is moord en klaar) die mense moet eenvoudig toegesluit word. Ag nou kry hulle ‘n stelsel wat die al klaar lui verkeersbeamptes se werk doen. Mens sien hulle mos nooit op die pad tot dit tyd is vit Kersfees bonusse nie……dan word die spoed kameras mos uitgeruk.

Johan Venter ·

En natuurlik sal hulle minibusse beboet wat net voor of net anderkant ‘n kruising in die pad of ‘n verkeersirkel stop om mense op of af te laai, ook ‘n entjie verby die toegee teken, na links, by ‘n verkeerslig en net anderkant die afrit na die deurpad. Al hierdie wat ‘n gevaar inhou, hulle skakel meestal nie eens die noodligte aan nie, dit stop net skielik hier links voor teen die sypaadjie, of daar waar hulle mense by die ingang na ‘n winkelsentrum aflaai.

Leon ·

‘n Fantastiese geleentheid vir die rassistiese swart verkeersbeamptes om blankes by te kom.
Daar is nou wonderlike geleenthede vir groot korrupsie.
Nou sal daar skielik punte teen jou kom al het jy geen oortreding begaan want jy kan jou nie tot die hof wend nie.
Ek neem aan taxis en busse en vragmotors sal seker vrygestel wees van AARTO. Indien nie sal die hoeveelheid taxis en busse en vragmotors met 90% op die paaie verminder.

Cherokee ·

Wat van die taxi-haltes in verkeersirkels en tussen rooi ligte? ‘n Groot vreugde sal wees as punte toegeken word vir rusverstoring deur toeter te blaas vir telefoonpale, sypaadjies en straatligte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.