Gavin Watson, die uitvoerende hoof van die eertydse Bosasa, is in ʼn motorongeluk dood.
eNCA berig ʼn polisiewoordvoerder het bevestig Watson het vanoggend in die ongeluk op die R21 naby die OR Tambo Internasionale Lughawe gesterf.
Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het in ʼn kort verklaring bevestig ʼn 73-jarige man het in die ongeluk gesterf, maar het gesê sy naam word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is.
Volgens Mogale het die bestuurder van die motor beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn betonpilaar van ʼn brug oor die snelweg gebots. Hy is op die toneel dood.
ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Bosasa, nou African Global Operations, het berug geraak vir die maatskappy se beweerde betrokkenheid by staatskaping en korrupte bedrywighede.
Die maatskappy se naam het telkemale opgeduik in getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, het vroeër aan die kommissie gesê Watson het ʼn baie noue band met oudpres. Jacob Zuma gehad en het gedink hy is onstuitbaar.
Daar is beweer Bosasa het miljoene rande aan ANC-veldtogte geskenk en Watson het glo regeringsbeamptes geld en luukse geskenke gegee in ruil vir gunste.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
106 Kommentare
Ek hoor niemand huil nie Mnr Watson
Mnr watson se boedel moet gevries word en alle bates moet verbeurd verklaar word. Sy familie mag nie baat vind by sy korrupte leefstyl nie.
Was is n ongeluk of het iemand hom uitgehaal?
Hmmm, baie gerieflik. Ek sê maar net.
Going, going gone!!!