Omstrede Fransman blaas wéér vir Bokke

Jérôme Garcès. Foto: (AP Photo/Christophe Ena)

Die omstrede Fransman Jérôme Garcès sal Saterdag die skeidsregter wees vir die Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika en Engeland in Jokohama.

Die organiseerders van die toernooi het in ʼn verklaring gesê Garcès is een mees ervare skeidsregters ter wêreld en het al in 55 toetse die fluitjie geblaas. Hy sal die eerste Fransman word om in ʼn Wêreldbeker-eindstryd te blaas en dit sal sy 11de Wêreldbeker-rugbywedstryd wees.

Garcès het ook Sondag se wedstryd tussen Suid-Afrika en Wallis geblaas. Suid-Afrika het met 19-16 gewen om hul plek in die eindstryd te bespreek.

Romain Poite (Frankryk) en Ben O’Keeffe (Nieu-Seeland) sal die assistent-skeidsregters wees en Ben Skeen (Nieu-Seeland) sal as TV-skeidsregter optree.

Die Bokke vier hul oorwinning oor Wallis. Foto: (AP Photo/Christophe Ena)

“Ek is geëerd en verheug om in die eindstryd te blaas,” het Garcès gesê. “As skeidsregter is dit ʼn droom, maar dit is ʼn spansport en ons is ʼn span van vier en ons sal ons bes doen vir die spanne, die ondersteuners, die sport en almal anders betrokke.”

Engeland se Wayne Barnes sal in Vrydag se wedstryd tussen Nieu-Seeland en Wallis blaas. Jaco Peyper (Suid-Afrika) en Pascal Gaüzère (Frankryk) sal die assistent-skeidsregters wees en Marius Jonker (Suid-Afrika) sal as die TV-skeidsregter optree.

Bill Beaumont, Wêreldrugby se voorsitter, meen intussen ʼn baie opwindende Wêreldbeker-eindstryd lê voor.

“Dit was een van die fantastieste Wêreldbeker-rugbytoernooie, miskien die grootste, en daar is groot opgewondenheid oor wat beloof om ʼn uitsonderlike eindstryd tussen twee voormalige kampioene – Engeland en Suid-Afrika – te wees.”

Dié skeidsregters het in die vorige Wêreldbeker-eindstryde geblaas:

1987 – Kerry Fitzgerald (Australië)

1991 – Derek Bevan (Wallis)

1995 – Ed Morrison (Engeland)

1999 – Andre Watson (RSA)

2003 – Andre Watson (RSA)

2007 – Alain Rolland (Ierland)

2011 – Craig Joubert (RSA)

2015 – Nigel Owens (Wallis)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Hans ·

Maak soos die Rooi Drake, hou net aan speel en hou op sulk oor die ref.

Siener ·

Ware woorde. Hou die spasie dop.
Dis altyd dieselfde mense wat kla oor die ref. Of hy nou goed of sleg blaas bok ondersteuners is altyd teen die ref en teen sommige bok spelers. Galbraak is een van ‘n Bok ondersteuner se sterk punte

Werner ·

Vir n verandering sal die springbokke weer teen n span speel wat kan rugby speel die eerste keer was teen Nieu Seeland hierdie toernooi en toe verloor ons klink nie of daar veel hoop is vir Saterdag as hulle nou al bekommerd is oor die skeidsregter nie

Neels ·

Die SA verdedigers kom stadig op die voete en vertraag die spel. Hulle moet hard gestraf word.

GreatOx ·

As jy die wedstryd gekyk het sou jy kon sien hoe swak blaser hy was. Hy was baie swak vir altwee spanne. Die 2de laaste strafskop teen Wallis is ‘n goeie voorbeeld, dit het efektief Wallis die wedstryd gekos. Maar hey ons moet “Grow Up” reg!?!

Troffel ·

Nigel Owens is seker uit omdat die IRB se witbroodjies nie gewen het teen Engeland nie…

Gemaskerde Sopbeen ·

En Jaco Peyper is seker uit omdat hy na die wedstryd wat hy geblaas het vir onvleiende foto’s poseer het??

Frans C ·

Hy is nie oorweeg nie omdat hy sy kuit in die laaste wedstryd wat hy geblaas het,beseer het.

Patch ·

Die werk as skeidsregter wil ek vir niks in die wêreld hê nie al betaal hulle my wat. Niemand sal ooit tevrede wees met ‘n skeidsregter se beslissing nie. Ja ek stem hulle maak soms oordeelsfoute maar onthou hulle sien die wedstryd uit ‘n ander oogpunt as die toeskouers wat ‘n “birds eye view” het vanuit die pawiljoene en op TV. Ek dink nie dis maklik nie. Hy kan ook nie orals sien nie. Mnr Garcés, hoop jy gaan goeie werk maak van die wedstryd Saterdag… en ek is so bly jy kan nie hoor wat TV toeskouers (en pawiljoensitters) jou gaan toesnou nie. Mag die Bokke die beker huistoe bring!!!!!!

Ampie ·

Garcès was nie te sleg verlede Sondag nie, die goue reel met hom is dat die spelers nie moet inmeng en hulle kommentaar of opinie moet gee nie, net die kaptein moet met hom praat.

Kas ·

GreatOx,tydens daardie rolmaalbeweging her no 5 van Wallis van die kant af ingekom en was dus onkant ten spyt van die skeidsregter wat hom terug stuur.Geen twyfel oor die regverdigheid van die strafskop nie.Die laaste strafskop kom Wallis weer van die kant af in en trek die losgemaal af.Mnr Garces was absoluut neutraal en het die reels uitstekend toegepas.Hy was ferm en streng.Sy kommunikasie met die spellers was puik en hy het met elke strafskop verduidelik.Welgedaan men Garces.

Marius ·

Kas ek stem hy het goed geblaas tussen Wallis en SA weet nie wat het verkeerd gegaan met eerste wedstryd tussen SA en NZ ek dink hy het die ALL blacks se ander foute gesoek en as hy nie gekyk het ,het die All Blacks hulle kanse gevat.(Ha Ha)

janee ·

ek wonder net hoe skeef mens nog kan ingooi voor die lynregters of ref sal blaas.Wallis het 1 lynstaan reguit ingegooi,maar is nie geblaas vir die skeef ingooie nie.

TwaalfBoor ·

@janee
Ek het ook al gewonder waar ek die verandering in die reëls gemis het dat daar nou skeef ingegooi mag word in lynstane. Net soos by skrums. Wat my betrej kan hulle maar wegdoen met skrums…. gee die span ñ tik skoppie. Daar sal meer rugby gespeel word…. en die voorste ry sal nie blootgestel word aan beserings nie. Dis lagwekkend hoe die skrums tydmors.

Johann cb ·

As hy die wedstryd blaas soos die afgelope naweek, het niemand nodig om bekommerd te wees nie!

Francois ·

Monsieur Garces, pour chaque penalite contre l’Angleterre, vous aurez 1 kilogramme de biltong. :) :)

Bekommerd ·

Ek ruik n rot.
Dieselfde ref wat vir dieBokke geblaas het, blaas weer.
Rassie is so positief dat hulle gaan wen.
Ramaposa vlieg spesiaal oor om saam met die kaptein die beker te lig.
Weet die ANC iets wat ons nie weet nie?

Hardus ·

Nog by alle vorige RWC finale was beide lande se presidente. Niks vreemd daaraan. Dalk ruik jy iets anders

Kas ·

Johan,dit is bekend dat die AllBlacks met moord wegkom.Hoekom het hulle teen die rose velour.Die skeidsregte Nigel Owen’s het hulle fyn dopgehou en hulle het kanse gevat tot hulle ‘n amptelike waarskuwimg gekry het en toe is dit game,set and match.Nie eers die all black kaptein het teen die waarkuwing gestry nie.

Valerie ·

Klink alweer asof SA alreeds verskonings uitdink. Dieselfde deuntjie, jaar na jaar. Dis al verby afgesaag. Leer by die ABs hoe om ‘n pak te vat.

TwaalfBoor ·

Aiiii…… alweer jy Valerie.
Hoop jy kyk vrydag hoe die AB’s speel vir 3de of 4de plek in di WB.

JohanL ·

Hi Valerie – weer Johan hier ! Hoop die trane is nou darem al weg :)

As ek dit nie mis het nie, was daar by vorige WB toernooi ook al lekker gemor en gekla deur All Black ondersteuners – dink nogal veral na ‘n sekere neerlaag teen Frankryk !!! :) :) O en moenie 1995 vergeet nie – toe was dit sommer die sg vriendin Suzie.

Die geskiedenis is ryk en vol feitelike inligting oor hoe die All Black ondersteuners ook al VOOR ‘n toer na SA, gekla het dat dit “onmoontlik” is om die Bokke is SA te klop.

Die skeidsregter storie is maar iets wat altyd ‘n rol gaan speel (rugby het eenvoudig te veel reels en baie interpretasies). Kyk maar selfs na die afgelope SA/Wallis wedstryd waar ‘n voormalige toetsskeidsregter gereken het die strafskop aan Bokke waar Francois Louw omkeerbesit wou wen, was eintlik ‘n strafskop aan Wallis! Terloops, ek moes eers die vent se naam Google, want sy naam het GEEN klokkie gelui nie. Maar nou ja, die punt is skeidsregter beslissings sal altyd ‘n besprekingspunt bly en om een span se ondersteuners daarvoor uit te sonder is onregverdig.

Die ander spanne se ondersteuners mor en kla ook maar lekker – ons besef dit net nie altyd nie want ons beleef ons ondersteuners se terugvoer op die forum ( en sommige terugvoer is nogal korrek en sinvol).

Frans C ·

Een skeidregter is na langer voldoende nie want daar is hopeloos teveel reëls waaraan hy onmoontlik aandag kan gee.Kyk bv na die eerste drie wat Engeland teen die All Blacks gedruk hetEen van die Engelse spelers was sover voor die losgemaal dat hy netsowel ‘n verdediger kon gewees het.
Toe die bal te stadig uitkom duik Owen Farrell bo oor die hele spul en bly daar lê tot die bal uitkom.Baie skeidsregters sou dit geblaas het en miskien ‘n strafskop aan die All Blacks toegeken het.

Dit het nie gebeur nie en van toe af was die All Blacks op die agtervoet en kon nooit van die gebeure herstel nie en het Engeland hul behoorlik afgestof.

Stephen ·

Die kommentaar hier so tipies Suid Afrikaans. Altyd die Ref se skuld.
Maak julle maar klaar vir n Engelse oorwinning. Ek steun gladnie die Engelse nie maar ek is n realis.
Hoop maar Rassie sien die lig en stop die skoppery wat elke keer die besit aan die opposisie gee. Hardloop die bal en wen die wedstryd.

Hannes ·

Patch se opmerking is raak. Dit maak nie sin dat enige skeidsregter alleen mag beslissings fel nie. Hy kan in elk geval ook nie oral sien en wees nie. Wat is die nut dat daar TV-Skeidsregters en lynregters is as hulle nie ook help om die spel meer regverdig te beoordeel nie. Ons beskik tog oor al die tegnologie om elke span ‘n meer regverdige kans te gee. Wil voorkom of die besluitnemers dit doelbewus versaak om sodoende geleenthede te skep waar die uitkoms van wedstryde vooraf bepaal kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.