Omstrede Gigaba bedank ook as LP

Malusi Gigaba, gewese minister van binnelandse sake en nou ook oud-LP. Foto: ANA

Die ANC sê Malusi Gigaba, wat Dinsdagmiddag die tuig as minister van binnelandse sake neergelê het, het ook as parlementslid bedank.

Politieke partye reg oor die spektrum het sy bedanking as minister verwelkom, maar gewaarsku dit mag nie as vrypas teen strafregtelike vervolging dien nie. Die ANC het hom egter geloof vir sy “onselfsugtige optrede” en bygevoeg hy “bly ʼn toegewyde en gedissiplineerde lid van die ANC, wat tans in die nasionale uitvoerende komitee dien”.

Maar in ʼn verklaring wat die party Donderdagoggend uitgereik het, sê Nonceba Mhlauli, ANC-woordvoerder, Gigaba se bedanking as LP is “effektief van 13 November 2018”, die dag waarop hy sy bedankingsbrief as minister aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig het.

Gigaba het in 1999 ʼn ANC-LP geword en is in 2004 as adjunkminister van binnelandse aangestel. Daarna was hy minister van openbare ondernemings, van finansies en laastens van binnelandse sake.

Ons waardeer dit dat kameraad Gigaba die belange van die ANC en die land vooropgestel het, wat sy optrede bepaal het.

“Ons waardeer dit dat kameraad Gigaba die belange van die ANC en die land vooropgestel het, wat sy optrede bepaal het,” sê Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep. “Dit is wat ons verwag van enige kader van ons glorieryke beweging, waaraan kameraad Gigaba deurentyd getrou gebly het.”

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het pres. Cyril Ramaphosa tot gister gegee om “gepaste tugoptrede” teen Gigaba in stel nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het hy het onder eed gelieg met betrekking tot die aansoek van Fireblade Aviation om ʼn terminaal op die OR Tambo- internasionale lughawe te bedryf.

Die openbare beskermer het nie gesê hoe die president teen Gigaba moet optree nie en hom ʼn groot mate van vryheid gegun om byvoorbeeld ʼn openbare verskoning van hom te eis, hom op die vingers te tik of in ʼn ander posisie te ontplooi.

Gigaba het verkies om te bedank, as minister sowel as LP, pleks van Ramaphosa kans te gun om teen hom op te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Gaan net weg ASB maar nie voor jy alles terubetaal het en tronkstraf uitgedien het nie. Hou hom net weg van die voorblaaie af ASB.

zoom zoom ·

Malusi my friend. Jy moet lekker rus op jou miljoene en geniet jou vakansies saam met die Zuma’s en Gupta’sin Dubai. Jy het jou beste gegee vir SA en jouself goed gehelp. Voorspoed

Petro ·

Ek dink nie die man het bedank sonder ‘n plan B nie. Iewers gaan hy weer opduik as CEO van een of ander maatskappy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.