Omstrede groenskrif dalk gou in nuwe gedaante terug

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling. (Foto: Verskaf)

Die groenskrif oor die voorgestelde nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NFMS) is bloot teruggetrek om meer duidelikheid te gee oor die voorstelle wat in die groenskrif gemaak is.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling sê hy beoog dus om die groenskrif binnekort weer uit te reik. Lumka Oliphant, woordvoerder van die departement, sê sommige “tegniese aspekte van die voorstelle is nie behoorlik begryp nie” en talle mense het volgens haar wanvoorstellings van veral die voorstelle oor ʼn maatskaplike sekerheidsfonds gemaak.

Die groenskrif het ʼn herrie veroorsaak en is uit talle oorde gekap. Verskeie organisasies het ook reeds die skielike onttrekking van die groenskrif verwelkom.

Daar word onder meer in die groenskrif voorgestel dat Suid-Afrikaners tussen 8% en 12% van hul inkomste tot ʼn beoogde NFMS bydra wat dan sentraal deur die staat bestuur sal word.

Die groenskrif is sedert sy publikasie in die Staatskoerant twee weke gelede onder meer as absurd, irrasioneel en ongrondwetlik afgemaak.

Oliphant sê die departement het kennis geneem van die groot reaksie wat die groenskrif veroorsaak het.

“Dit het duidelik geword dat sommige aspekte verdere verduideliking vereis om nog verwarring te voorkom.”

Die departement het die kommentaar oor die groenskrif verwelkom en sê dit “versterk die feit dat die samelewing betrokke moet wees by die opstel van beleid”.

Die groenskrif kry egter nie nét die wind van voor nie. Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (Saftu) bestempel die groenskrif as “ʼn stap in die regte rigting” en het die onttrekking daarvan veroordeel.

Saftu sê hoewel hy gekant is teen die voorstel dat Suid-Afrikaners ʼn gedeelte van hul inkomste tot die voorgestelde fonds bydra, is hy ten gunste van die maatskaplike sekerheidsfonds wat voordele vir werkers in die formele en informele sektor sal inhou. Dit sluit in die verskaffing van ʼn basiese inkomstetoelaag aan werkloses.

Saftu stel voor dat die voorgestelde bydrae van tussen 8% en 12% geskrap word en dat ondernemings selfs meer as 12% belas word.

“Die tesourie behoort die grootste deel van die rekening vir die wetsontwerp op maatskaplike sekerheid te dra,” sê Saftu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Vettiemaragartos ·

Verstaan ek nou reg? Wil die regering ons nou “beboet” omdat ons ons gatte af werk en daai geld gee vir die wat te sleg is om te werk?

Gerhard ·

Jip, jy verstaan dood reg. Hoe belglik is dit nie? Nee hel, wil hulle nie dan sommer alles vat en klaarkry nie

Fritz ·

Nee, hulle wil jou beboet omdat 69% in 1992 JA gestem het. Die vraag was mos “Wil jy ALLES weggee?”.

christo ·

Nou moet ek n inkomste gee aan n jong man wat te sleg is om te soek vir werk en sy internet betaal tereyl my hande pikswart gewerk is aan einde van die dag?

Jack ·

Dink sy ons is so vlak dat ons haar groenskrif verkeerd verstaan het ? Meeste van ons hier het darem ‘n geleerdheid en nie net graad 2 nie.

Astrain ·

Ek tree dadelik af en hou hande vir ‘n aalmoes…sê meeste van die parasiete…

marius ·

Begin by die staats diens . Binne die eerste maand is die land totaal afgebrand .

Zet ·

Dan gaan ek ook maar bedank en R7500 kry vir lui wees en niksdoen. Welkom in hierdie mal Utopia.

Danie ·

Verstaan ek dan nou reg, die minimum loon is net onder R4000 per maand vir n werkende persoon maar as hulle bedank kan hulle n R7500 van die staat ontvang………..is ek nou dom om verstaan ek nou net nie?

Danie ·

Op die manier gaan niemand mos nou vir minder as die teolaag gelde wil werk nie, dit sal nie sin maak nie. Dit beteken dat die minimum loon dadelik op skiet na meer as R7500.

anniekiewiet ·

Ek sukkel nou baie om die af-duimpie hier te verstaan. My geleerdheid, al is dit net matriek, skiet ver te kort.

Hannes ·

“Groenskrif” vir bedrog & leeglêers, nou kan ministers en
plundelaars deur die werkersklas se bydrae “baat”

Dup ·

Seker om haar eksklusiewe klerekas en bykomstighede te finansier…..

Adelaide ·

Nou raak SA darem ‘n lekker plek vir sit en niks doen. Hoekom moet ek dan gaan werk soek as ek R7500 by die staat kan kry?

JohanR ·

Moet NOOIT vergeet dat hierdie is die een in 2020 in die eerste maande van Covid toesluit, wat die deure gesluit het by ‘n kinderhuis, en ‘n polisie kar voor die gebou geparkeer het om te stop dat ‘n piesang en grondboontjie toebroodjie uitgedeel word aan honger kinders. In daai tyd wou hulle die ANC, moes alles beheer.

BOKKIEBEK ·

Hier kom moeilikheid….daar is nie ‘n manier dat jan allerman wat elke dag sy as af werk om net ‘n lewe te kan maak, 12% van sy (my) salaris sal afstaan vir die ou wat nie eers poog om werk te soek nie…Neewat dis ‘n resep vir verwoesting…

Jr ·

Daar’s hy – die son nog nie eers gesak en sy sê al klaar hy gaan weer implimenteer op n ander vorm want ons wat prokereurs, doktors, engineers, managers draughtman verstaan dit nie. Die laerskool kleuterskool mini star gaan dit verduidelik saam met haar painter plastera Safta union leader. Ek julle gêse dit sal nie weg gaan. Eish hierdie land

Marius ·

SA is reeds die land wat die meeste belasting ter wereld betaal , en nou moet hulle nog meer betaal?
In die land moet jy ses keer betaal om op een stuk pad te ry met al die belastings wat gehef word.
Nou het die mense mal geword .

anniekiewiet ·

En baie “paaie” kan skaars meer n pad genoem word.

Anel ·

So, ek kry nie eens R7000. 00 per maand nie en ek werk my onderstel af sodat ‘n ander een op sy onderstel kan sit en niks doen nie en meer as ek kry! Hoe verstaan mens dié. Gaan hulle ooit genoeg kry om almal te betaal? En wie gaan kry en wie nie? En hoeveel gaan verdwyn? En dan wil hulle nog die NGV ook begin! Ek het nie geweet ons land is een van die rykstes nie. Waar die meerderheid nie hoef te werk nie en nogal daarvoor betaal word!!! Dink seker mens druk net geld. As jy jou werk verloor in Frankryk kry jy ‘n toelaag vir ‘n sekere tyd. Dan moet jy bewys dat jy werk gesoek het. So nie word dit gestaak. Die toelaag word dan netvolgehou as jy kan bewys dat jy nog werk soek. Anders moet jy jou bekwaam in ‘n rigting wasr jy wel kan verdien, of jy nou daarvan hou of nie. Maar jy kry nie geld vir niks doen nie. Hierdie is totale komunisme.

Danie ·

Jy kan een van die dae jou werk los en meer verdien as nou!

Gerhard ·

Ja, so sal hulle ons probeer totniet maak. Kyk wat betaal ons al vir krag, water brandstof en belasting. Hulle probeer ons so onderdruk en dit is regtig so onregverdig. Krag kos my al ongeveer R3500/maand (koopkrag) en hier kom klop mense aan my deur vir kraggeld, sommer gereeld. Ean wil hulle R10 vir krag he, R10, regtig. Huishulp al gevra vir paar rand ekstra vir krag, dan kom sy hele maand met R100 se krag uit, hoe op aarde werk dit??? Nou wil hulle ons nog ekstra belas op ons salarisse, terwyl ons alreeds hulle krag, water erfbelasting en wie weet wat nog finansier. Ek is nie n pesimis nie, maar ons land is op n erg afdraende pad en Rama_watookal is te lig in die broek om die land reg te ruk. Vriende en vriendinne, baie sterkte aan julle almal, ons gaan nog rowwe tye deurgaan.

Samuel ·

Niemand het die groenskrif verkeerd verstaan nie. Die skelms in die regering gaan die nuwe groenskrif so bewoord dat hulle dit self nie verstaan nie. Die spul wil hê die werkendes moet die leeglêers onderhou. Ek kan waaragtig nie nog van my pensioen afstaan vir leeglêers nie!!!

Jacobus ·

Hoop die kommentaar verloop nou anders as my vorige poging (sensuur). Die feite bly dieselfde. “Ons skep ‘n nuwe trog” en kyk of ons hom net so vinnig kan leegskep soos pandemie pot. Dr Crisp praat al van die NGV asof dit ‘n fait acompli is – nog ‘n trog. Nee nee nee

Nie Verbaas ·

Die mense moet dink ons lyk soos morone. Wonder of ek soos n spieel lyk.

Persheks Adri ·

Ons het breins hoor en het mooi verstaan. Nou moet julle mooi verstaan nar: Nee ons betaal NIE vir julle ongeletterde, onnosele, onopgevoede spul NIE! Gaan werk vir julle eie verdomde goed soos ons elke dag doen! Voetsek ANC voetsek!!!

jou gewete ·

hulle verander so twee sinne en dink dan die belasting betaler is dom en sal dit nie raaksien. dink weer anc kadawer. ons is moeg vir julle speletjies

Jan Seerot ·

“Dit sluit in die verskaffing van ʼn basiese inkomstetoelaag aan werkloses.”

Wie moet dit befonds?

Daniel ·

Sou dit net op salaristrekkers van toepassing wees of ook op pensioenarisse?

Jack ·

Weer n coverup. Wat is moeilik rondom 8% tot 12% Ek verstaan dit volkome.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.