Omstrede hoof van Eskom weer geskors

Matshela Koko (ANA File Photo)

Matshela Koko, Eskom se omstrede uitvoerende hoof van kragopwekking, is Woensdag weer deur die kragvoorsiener geskors.

“Ek het vanaand bevestiging van my skorsing by Eskom ontvang. Ek is met nuwe aanklagte gedien. Ek verwelkom die ontwikkelinge en sien weer uit daarna om my naam in ʼn verhoor skoon te maak,” het Koko op Twitter gesê.

Koko se skorsing was die tweede skorsing Woensdag by Eskom. Sean Maritz, Eskom se voormalige waarnemende uitvoerende hoof, is permanent geskors terwyl daar ondersoek gedoen word na ongerymdhede waarby hy na bewering betrokke was. Eskom het Woensdag in ʼn verklaring bevestig Maritz se tydelike skorsing is omgekeer na ʼn permanente skorsing hangende die uitkoms van die ondersoek. Maritz is Vrydag aanvanklik net tydelik geskors.

Eskom het Koko verlede maand weer aangestel ná ʼn tugverhoor hom van enige oortredings vrygespreek het. Hy het tereggestaan op ses aanklagte, na bewering die versuim om ʼn konflik van belange te verklaar nadat ʼn maatskappy, Impulse International, ʼn tender van R1 miljard bekom het. Koko en sy stiefdogter besit aandele in die maatskappy en die tender is toegeken deur ʼn afdeling waarvan hy die hoof was, voor hy as waarnemende uitvoerende hoof aangestel is.

Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, het die skorsing bevestig en gesê Eskom sal Donderdag ʼn verklaring rakende die skorsing uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Frikkie werk by die VOERTUIG TOETS SENTRUM. Hy moet kyk dat al die ligte van die karre werk. Sy eerste verslag lyk so.

Brieke: OK.
Hoofligte OK.
Flikker ligte: werk…. werk nie, werk… werk nie.

Wil my voorkom Frikkie werk nou in die HR AFDELING van Eishkom. Sy eerste verslag oor senior bestuur verwys na FLIKKERLIG STATUS!

Groot Grap ·

WHAHAHAHAHAHAHAHA
ONS HET JUIS JOU NODIG VIR SUID AFRIKA
VIVA VIVA

Callie ·

Skorsing is altyd teen volle betaling. Nou vat die ondersoek weer maande. Lekker lang verlof teen volle salaris

Johann Marx ·

Hehe Callie? Wat is die verskil tussen “tydelik geskors” en “permanent geskors” (soos Sean Mariz)? As dit wat jy sê so is, beteken “permanent geskors” dat jy vir die res van jou loopbaan by die huis bly met volle salaris en voordele tot by aftrede? En die arme idioot wat “net tydelik geskors” is sal moet terug gaan en WERK vir sy geld?

Francois Joubert ·

Die beste is dat as jy geskors is wanneer bonusse uitgedeel word (let wel nie verdien word) dan kry jy ook een terwyl jy geskors is. Verduidelik daai aan die privaat sektor waar jou bonus gekoppel word aan die firma se winsgewendheid asook jou persoonlike bydrae daartoe.

Johann ·

Imagine die arme een wat daai bordjie by ontvangs moet manage met die name en IN/OUT langs die name. By EISHKOM is daar waarskeinlik n paar ipsies by gesit? IN/OUT/TYDELIK/WAARNEMEND/SEMI GESKORS/GESKORS /RE-CALLED/IN DUBAI/…

EISHKOM, die training plek vir ZUMAIKIE status

Koos1 ·

Nee wat, van hom wil en gaan hulle ontslae raak, gee nie om hoe goeie koneksies hy het nie. Laat asb die reg nou sy gang gaan en volg op met kriminele klagtes.
Wat my die meerste verbaas is dat ons gedink het SAA is die grootste korup spul, maar alle krediet aan ESKOM, hulle kom lank onder die radar vlieg, maar nou is dit net weer ‘n bewys van hoe die waarheid altyd sal uitkom. Ek dink dat SAA ‘n rookskerm was om ESKOM te beskerm.
Met al ons belasting geld wat in betaal is by SAA en Eskom, glo ek ons het die reg op gratis elektrisiteit en om met SAA te vlieg!

petro ·

Al wat ek se is nou die aand op TV het hy darem maar ‘n mooi suit aangehad. Wonder net wat het die pak klere hom gekos. Seker my maandelikse salaris.

Piet Pompies ·

Daar is eintlik ‘n nuwe naam vir al die korrupte staats amptenare, Jakop Regop.
Hulle sit nou almal “regop” nou dat hulle vervolg word en die antwoorde is altyd, jakob (“ja ek het nie opgevoeter”)

Alida ·

Sluit ESKOM se deure en stel nuwe mense aan van skoonmakers tot bestuurders. Mens maak nie half huis skoon nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.